VIS-EN RYSGEREG

family_fish_fingers (1)

Bestandele (4 -6 porsies)
250 ml gekapte ui
15 ml margarien
2 ml kerriepoeier
125 ml gerasperde kaas
375 ml witsous (matig dik)
500 ml gaar rys
400-500 g bevrore visvingers (16-20)
1-2 tamaties in skywe gesny

Metode:
1. Voorverhit oond tot 180 grade C
2. Smeer ‘n oondbak.
3. Soteer die uie in die smeer.
4. Voeg die kerrie by en braai liggies.
5. Meng die uiemengsel, kaas en witsous.
6. Skep die rys in die oondbak.
7. Rangskik die vis op die rys en gooi die witsousmengsel oor.
8. Plaas tamatieskywe bo-op.
9. Bak die gereg vir ongeveer 30 minute tot goudbruin.
10. Bedien warm met groente of ‘n slaai.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *