Vredebest Verpakking word twintig!

 

100_1393

Vredebest Verpakking Mosselbaai vier in September 2014 hul twintigste bestaansjaar. Hierdie onderneming toon voortdurende groei om te voldoen aan hul kliënte se behoeftes en is tans besig om addisionale parkering aan te lê vir hul kliënte.

Ter viering van hul twintigste bestaansjaar, sal daar verskeie spesiale aanbiedinge en gelukkige trekkings wees gedurende 1 tot 12 September 2014. Die suksesvolle onderneming het ‘n groot verskeidenheid produkte beskikbaar onder een dak. Besoek hul gerus vir hul unieke partytjie reekse, model motortjies, bak produkte, skoonmaakmiddels, verpakkingsmateriaal, speserye, souse, eiers en vele meer. Hulle is oop vir die publiek asook handelaars. U word ook uitgenooi om hul webwerf by www.vredebestpackaging.com te besigtig.

Vredebest Verpakking Mosselbaai doen gratis aflewerings van hul produkte in Mosselbaai, George, Klein Brakrivier en Groot Brakrivier.
Vredebest Verpakking ag kwaliteit kliënte diens baie hoog en streef daarna om die beste diens en pryse aan hul kliënte te verskaf. Vredebest Verpakking bedank hul kliënte vir hul lojale ondersteuning gedurende die afgelope twintig jaar.

Twintigste bestaansjaar vol nuwighede
Vredebest Verpakking is al vir die afgelope twintig jaar gevestig in Mosselbaai. Hierdie suksesvolle onderneming het deur hierdie tyd gegroei en verander, om aan te pas by die verwagtinge van hulle kliënte. Ter viering van hulle twintigste bestaansjaar, sal daar verskeie spesiale aanbiedinge wees asook gelukkige trekkings wat op Vrydag, 5 & 12 September 2014 sal plaasvind. Die groot verskeidenheid produkte, waarvan die gewilde partytjie reekse, verpakkingsmateriaal, bak produkte, skoonmaakmiddels en vars eiers slegs ’n paar is, is altyd beskikbaar teen bekostigbare pryse. Hulle is oop vir die publiek asook besighede.

Addisionele parkering word tans aangelê vir Vredebest Verpakking kliënte. Die perseel is ook gedurende Oktober 2013 opgegradeer om aan te pas by die verskeie produkreekse wat alles onder een dak beskikbaar is. Die uitsonderlike reeks model karretjies wat beskikbaar is, is reeds welbekend aan versamelaars en voortdurend word daar gefokus op vernuwing. Besoek gerus die webwerf by www.vredebestpackaging.com waar u ons uitgebreide produkreekse kan besigtig. Aflewering van ons verpakkingsmateriaal en ander produkte in Mosselbaai, George, Klein Brakrivier en Groot Brakrivier is gratis.

Vredebest Verpakking streef daarna om aan u as kliënt slegs die beste diens en pryse te verskaf. Geen besigheid kan sonder lojale en getroue kliënte suksesvol wees nie en elke individu en besigheid wat Vredebest Verpakking gereeld besoek, word bedank vir hulle ondersteuning. Dis ook nie net produkte en pryse wat van ’n onderneming ’n suksesverhaal maak nie. Die personeel van Vredebest Verpakking is altyd vriendelik en hulpvaardig en die bestuur bedank elke werknemer vir hulle lojaliteit en diens.

Daar word met groot verwagting uitgesien om nog vir baie jare verskeie produkte teen bekostigbare pryse en puik diens aan die inwoners van Mosselbaai en omgewing te verskaf. •

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *