In die vorige uitgawe het ons gemerk dat baie mense wat ons ken (of moontlik jyself) nie hulle drome verwesenlik en potensiaal bereik nie omdat hulle verkeerde keuses maak in die lewe.
Is jy miskien een van daardie mense wat geneig is om verkeerde keuses te maak?
a) Onthou dit is belangrik dat elkeen van ons, voor ons ‘n keuse maak, eers doodseker maak wat die gevolge van ons keuse is.
b) Hierdie verkeerde keuses kan enigiets insluit want “no man is an Island”. Ons leef gedurig in wisselwerking met ander mense en invloede wat ons keuses beinvloed.
c) Maak seker dat die keuses jou eie is en nie wat ander van jou verwag nie.

rina

Wanneer jy na die diagram kyk merk ons dat:

a) Die middelpunt van alles jyself (Leerder of student) is
b) Daarom sal jy moet verantwoordelikheid neem vir al jou keuses
c) Nie net jyself nie maar almal met wie jy in aanraking kom het sekere verwagtinge van jou (derde sirkel vanaf die middel).
d) Jy moet weet wie en wat beinvloed jou in jou keuses. Baie mense het al verkeerde keuses gemaak onder invloed van ander mense omdat hulle selfkennis swak is.
e) Dit belangrik is om jouself goed te ken. Hierdie selfkennis beteken jy weet:
· Watter persoonlikheidstipe jy is (“Wie is ek? ”)
· Wat jou aanleg is (“Wat kan ek maklik doen? ”)
· Wat jou belangstellings is (“Waarvan hou ek?”)
· Wat is jou werklike prestasies elke dag (Sport, Akademies, Kultuur ens)
f) Jy moet weet wat by jouself pas en watter invloede jou keuses verkeerd beinvloed (alles in die buitenste sirkel speel ‘n rol in die aspekte binne die derde sirkel). Byvoorbeeld een van jou familielede is miskien jou Idol, maar jou vriende neem ander vakke en nou wil jy saam met hulle wees. Daarom kies jy die verkeerde skoolvakke en kan jy nie dieselfde beroep volg as wat jou Idol-familielid doen nie.
g) Jy al hierdie dinge hierbo moet uitmekaar ken omdat jy ‘n ingewikkelde besluit wil neem. As jy dit reg doen, kan dit ‘n invloed op jou uiteindelike beroepsveld hê. Daardie beroepsveld wat jy wil en kan betree.
Indien jy enige plek vanaf graad 9 (vir graad 10) verkeerde keuses maak, sal dit die pad na die beroepsveld waarin jy die beste pas, toe maak. Wees versigtig sodat jy nie ander (bv ouers of onderwysers) blameer as jy verkeerd kies nie.
Toelating tot die verkeerde beroepsvelde kan veroorsaak dat jy baie ongelukkig in jou beroep gaan wees.
Studente voorligters by al die Universiteite en Technikons kan vir jou noem van die baie studente wat ongelukkig omdraai omdat hulle nie kan doen wat hulle graag wil nie, agv foute in hulle keuses voor graad 12. Ongelukkig is daar te veel voornemende studente wat in hierdie situasie beland!
Jy kan hulp kry by die skrywer van hierdie artikel Sien advertensie hierby vir kontakbesonderhede.
Ons sal met die volgende uitgawe kyk na hoe jy kan studeer sodat jy nie onderpresteer nie. Julle kan my ook kontak vir ‘n studiemetode kursus sodat jy gereed is vir die volgende kwartaal/semester om jou punte te verbeter.

Rina Kotze

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *