Month: September 2013

Do you get Enough Sleep?

An estimate 30 – 50% of people suffers from insomnia, 10% chronically. Sleep is like the body’s own mechanic: it allows it to mentally and physically restore itself. Sleep involves five stages, lasting a total of 90 – 110 minutes and repeating throughout the night.

Stages of Sleep

Stage 1 (Light Sleep: First few minutes)
Drowsiness
Occasional Twitching
Easily Awakened
Muscle activity & eye movement slow

Stage 2 (True Sleep: 10 – 15 min of light sleep)
Heart rate and breathing slows, becoming more regular
Body temperature decreases
Slow brain waves, with brief spikes

Stage 3 (Entering Deep Sleep: 15 min after falling asleep)
Slowest heart rate and breathing
Brain produces delta waves (large & slow), with occasional quicker, shorter spikes

Stage 4 (Deep Sleep: Up to 70 min after falling asleep)
Rhythmic breathing
Slowest muscle activity
Eye movement stop
Delta brain waves
Bedwetting, night terrors & sleepwalking can occur in those prone to them

Stage 5 (Rapid eye movement (REM) sleep: 70 – 90 min after falling asleep)
Active brain
Rapid, shallow & irregular breathing
Paralysed limbs
Increased heart rate
Jerky and/or active eyes

Common Causes for Insomnia is:
Poor sleep hygiene
Light & Noise
Stress & Illness
Room temperature extremes
Medication side-effects
Drugs or Alcohol
Restless legs syndrome
Anxiety & Depression
Sleep Apnoea & Jet lag
Disruptive sleep partner
Smoking & Caffeine
Stress is still the most common cause of short term/acute insomnia, which can become chronic if not treated.

This problem could, in most cases, be treated most effectively without medication, with just a few adjustments to your lifestyle:
Exercise – not close to bedtime.
Relaxation & Breathing exercises – relax the diaphragm & increase oxygen levels in the body.
Darkened bedroom – ensure adequate Melatonin (hormone needed for sleep, produced during night time)
Herbal Medicine – Chamomile, Valerian (nervous tension), passionflower (irritability) – taken as tablets/capsules, tea or drops from lunchtime.
Lavender Essential Oil drops on your pillow or in bathwater.
Replace Coffee with herbal teas.
Reflexology Treatments help to de- stress the body, calm the mind and will ensure a good night’s rest, even after the first session.
Researched by

Erika Myburgh
THERAPEUTIC REFLEXOLOGIST
Bayview Centre, Mossel Bay •

Kos vir die Siel | Die Goue Jare

Van kleins af het bejaardes my soos ‘n magneet aangetrek. Ek onthou nog goed, toe ons op ‘n klein Vrystaatse dorpie gewoon het, het data ‘n tannie skuins oorkant ons gewoon by wie ek so graag gaan kuier het. Daar het nooit iemand by haar gekom nie. My maats het my geterg en gese sy gaan my “toor” want sy is ‘n “heks”. Vir ‘n vrugbare kinderverbeelding kon sy dalk verdag gelyk het met haar lang grys hare wat tot op haar heupe gehang het, en wanneer sy gelag het, het twee voortande wel maker …. maar haar hart was warm en opreg en haar wysheid… onbeperk.

Ek kon vir ure luister na haar stories oor haar kinderdae op die plaas, en my verkyk aan al die artikels wat sy met haar vlytige hande gebrei en gehekel het. By haar het ek geleer om koffiebone te brand en te maal en die heerlikste soet swart koffie te drink. Sy’t my geleer beskuit knie sodat die bolletjies kon uitpof soos spookasem! En sy het my geleer hoeveel waarde dit het om vir ander om te gee….

So gaan kuier ek verlede week weer by die plaaslike aftree-oord vir ‘n paar eensame mense. Suster wys my na ‘n statige dame op ‘n stoel in die sonnetjie. Dankbaar steek sy twee verknokkelde hande na my uit sodat ek bietjie room daaraan kan smeer. Sy vertel borrelend van al die gemeentes waar sy en oorlede “Dominee” soveel vreugde ervaar het. Nie een keer kla sy oor haar eensaamheid nie. Sy loop oor van dankbaarheid vir “Die Heer se Genade” Wanneer ek klaarmaak om te loop vra sy angstig wanneer ek dan weer gaan kom….

Tannie nommer twee sit ook in ‘n sonkolletjie voor haar woonstel. Sy groet vriendelik toe ek daar kom, maar protester dadelik oor die handeroom. “Ek betaal niks!” verklaar sy onomwonde. Dan loer sy nuuskierig na die potjie in my hande en se ek moet maar bietjie aansmeer. Die Oom stap verby en fluister onderlangs “Demensie”. Toe ek loop vra ook sy angstig wanneer ek weer gaan kom.

Dis die een onafwendbare pad wat ons almal gaan loop – niks kan dit keer nie – nie finansiele status nie, nie hoe aansien nie, nie goeie dade, eetgewoontes of leefstyl nie, nee absoluut niks kan die roete of die ritme verander nie. Ons gaan almal oud word. Punt! En soos Nataniel se: “Los hulle om te maak soos hulle wil en respekteer hulle daarvoor want jy is ook op pad soontoe!”

Hoe kosbaar is ons oues van dae nie. Hoeveel wysheid en insig le nie opgesluit in daardie verskrompelde liggame nie? Moet ons nie meer moeite doen om aan hulle voete te gaan sit en by hulle te leer nie? Verloor ons nie kosbare inligting omdat ons hulle verwaarloos nie?

In Prediker 12 vermaan die skrywer ons om aan ons Skepper te dink in ons jong dae voordat die jare kom waarvan ons sal se dat ons daar geen behae in het nie. Is dit nie ook ‘n vermaning dat ons in ons jong dae meer moeite moet doen met die vir wie daardie jare reeds gekom het nie? Een ding weet ek verseker, elke keer nadat ek ‘n besoek aan die aftree-oord gebring het, weet ek ek sal weer teruggaan… al is dit net om die blymoedigheid en dankbaarheid te gaan ervaar… om te gaan rus vind in hul rustigheid en kalmte… en te vertrou dat daar eendag, op my oudag, ook iemand sal wees wat my hande met bietjie room sal smeer en ‘n paar woorde met my sal gesels…

Loeloe

Egskeiding – Deel 2

Skuldgevoellens: afsku, verwerping, angs, vrees oorheers hulle gedagtes en gevoellens. Aanhoudende moegheid en hoofpyne kan voorkom, verlies aan eetlus, gewigsverlies, slaaploosheid en maagpyn kan voorkom agv ingehoue spanning.

– Verwerping: kinders voel maklik verwerp, veral waar ouers oor die kinders baklei. Praat met die kinders, stel hulle gerus en maak tyd om met die kinders te gesels.

Waar daar reeds ‘n nuwe persoon in ma of pa se lewe is is dit net soveel moeiliker. Hulle is bang hulle gaan ook eenkant toe gestoot word, bang dat daar nie nou meer plek in pa of ma se lewe vir hulle is nie.
– Probleem/rebelsegedrag: vir jong kinders is hul gedrag die enigste wyse waarop hulle van hartseer, woede, frustrasies ontslae kan raak bv. deur afknouerig te raak, ander seer te maak en “tantrums/vloermoere” te gooi.

– Konsentrasieprobleme: aangesien daar tuis soveel veranderinge plaasvind en die kind met sy eie gedagtes en emosies worstel, vind hulle dit moeilik om op hul skoolwerk te konsentreer.

– Aanvaarding: wanneer die kind die proses verwerk het en ‘n nuwe roetine gevestig het, kan hulle begin om die egskeiding te aanvaar. Hoe lank dit gaan neem is moelik om te sê, elke kind ervaar egskeiding verskillend.

Raad vir kinders – wanneer ma en pa skei:
– Gaan so normaal as moontlik met jou lewe aan.
– Neem steeds deel aan jou sport- en buitemuurse aktiwiteite.

– Kuier steeds saam met jou vriende (dit sal jou gedagtes besig hou).

– Moet nie betrokke raak of jou laat insleep by jou ouers se rusies en bakleiery nie.

– Dit kom dalk as ‘n verrassing, maar jy mag dalk later besef, egskeiding kan ook positiewe gevolge hê.

– Aanvaarding, sal dit vir jou moontlik maak om ‘n nuwe verhouding met elke ouer te ontwikkel, wat julle heel moontlik ook baie nader aan mekaar sal bring.
– Onthou – ‘n egskeiding is vir ma en pa net so sleg en traumaties en hulle weet dikwels self nie, hoe om jou in die moeilike tyd te help nie.

– As alles te veel raak..praat !! Praat met iemand, ‘n familielid, onderwyser, skoolberader of ‘n familievriend.

Wenke vir ouers wat skei:
Hoe kan ek my kind help ?
– Verwerk eers jou eie pyn en dan kan jy jou kind help en bystaan.
– Verseker hulle dat jy hulle nie sal los of in die steek sal laat nie.
– Jou kind is nie jou boodskapper na die ander ouer nie.

– Moet nie negatief wees, lelik praat, afknouerig wees of die ander ouer sleg maak nie.

– Voorkom te alle tye om die kinders te gebruik om mekaar te vermaak en te manipuleer.

– Moenie die kinders gebruik as speuder en hulle uitvra oor die ander ouer se doen en late nie.

– Besef kinders het ‘n pa en ma nodig.
– Vergewe die ander party, daardeur maak jy dit vir die kinders ook makliker om self te vergewe.

– Moet nie ‘n nuwe verhouding aanknoop voordat die kinders nie gestabiliseer het nie.

– Moenie hulle druk om gou beter te voel nie.

– Verstaan dat die kinders onskuldig is en intense pyn verduur. Kinders het ‘n behoefte om uiting te gee aan die pyn.

– Verseker die kinders dat hulle geliefd is, dat hulle nie in die pad is nie en dat jy altyd daar sal wees vir hulle.

– Wees te alle tye daar en beskikbaar vir hulle, maak nie saak wat.

– Luister na hulle en probeer verstaan, moet nie beskuldig en veroordeel nie.

– Daar gaan tye van hartseer, uitbarstings, frustrasies en onttrekking wees.

– Kry professionele hulp wanneer jou kind se gedrag en emosies die oorhand kry en buite beheer raak.

‘n Nuwe liefde vir pa of ma:
• Gee jouself kans, jy hoef nie dadelik van hulle te hou nie.
• Wees ten minste altyd beleefd.
• Gun hulle die kans om hulself te bewys.
• Bespreek jou gevoellens kalm met ma of pa, moet nie skreeu of hulle die skuld gee vir alles nie.
• Onthou – dit is die persoon wat pa of ma gelukkig maak.
• Onthou ook, niemand kan ooit jou plek vervang nie, al voel dit dit is wat besig is om te gebeur.

Julie Retief

 

Beplan ‘n Troue – Deel 6

DIE KOMBUISTEE:

Hier word die toekomstige bruid deur haar vroulike familielede en vriendinne bederf en
neem sy afskeid van haar alleenloper dae.
Hou dit altyd ordentlik en stylvol.

Skep vir haar die mooiste herinneringe waaraan sy met groot vreugde en sonder skaamte kan terugdink.

Die kombuistee kan verskillende vorms aanneem, bv. ‘n onderklere of nagklere partytjie, of vir ‘n bruid wat feitlik alles reeds het kan ‘n finansiële bydrae gemaak word vir haar hare, naels, grimering of vir iets vir die wittebrood.

Dink aan prettige dinge om te doen vir ‘n vrolike geleentheid saam met vriendinne, met geskenkies, blomme, musiek en baie lag.

Die alternatief is dat almal mooi aantrek, saam gaan uiteet en dan na ‘n konsert of opvoering gaan. In so ‘n geval kry die bruid dan net een groot geskenk van almal saam.

Die neiging deesdae is om 2 funksies te reël. ‘n Kombuistee vir almal, oud en jonk en dan die Bachelorette, waar slegs die jongklomp uitgenooi word.

Watter vorm die kombuistee ookal aanneem, dit moet altyd ‘n geleentheid wees wat mooi herinneringe by die bruid sal laat.
DIE RAMPARTY:

Die manne wil saamkuier en jolig afskeid neem van die bruidegom se enkelloperdae. Die strooijonker en ‘n pa of oom wat meedoen, organiseer die ramparty en neem verantwoordelikheid daarvoor.

Reël verkielik ‘n dag weg van die stad, bv. ‘n braai langs ‘n rivier waar julle kan waterski en kyk wie die grootste vis kan vang. Sorg vir genoeg kos (lekker brode, vleis en slaai, wyn en bier, en vrugtesap vir nie-drinkers) vir die groep lojale, goeie vriende wat broers en neefs insluit. Almal ry met ‘n bussie en die bestuurder moet geen alkohol drink nie. Kom vooraf ooreen oor hoe laat julle oppak en sorg dat die kuierplek silwerskoon agtergelaat word.

Julle kan ook gaan golf speel of ‘n jagnaweek reël. Doen dit ordentlik en stylvol.
Die manne is immers die bruidegom se naaste vriende; mense wat vir hom omgee, en in die toekoms daar sal wees om hom te ondersteun. ‘n Uitgerekte gholfdag is gewild, met gesellige saameet en gevatte toesprakies; heildronke en stories agterna.
Hou kompetisies met pryse en as die bruidegom verloor, moet hy opdok. Dit moet prettig en interessant wees; almal moet kan deelneem, ook pa of ‘n geliefde oom.
‘n Ouer persoon sal ‘n demper op geniepsighede kan plaas; dit mag nie hande-uit ruk nie. Organiseer die ramparty ‘n paar weke voor die bruilof.

Jong vriende raak maklik rof: stamp die buidegom rond en maak hom siek. Meer volwasse manne wil net eenvoudig baie lekker saam met die bruidegom kuier. Die doel is om dit te geniet en jolig te raak voor die bruidegom trou en ‘n nuwe fase in sy lewe betree – niemand mag verneder word of seerkry nie. Van nou af sal hy nie meer saans tot watter tyd saam met die manne kan jol nie.

Nou begin sy suksesvolle loopbaan in alle erns en hy aanvaar verantwoordelikheid vir sy bruid, hul huis en kinders. Hierdie nuwe lewe saam met sy vrou – die liefde van sy lewe – kan uiters betekenisvol en bevredigend wees.

Julie Retief •

 

Bringing Birds to your Garden

Feeding birds has become a popular habit, just like tending gardens is. There are those who have seen no point in choosing one over the other and have therefore combined the two hobbies into one. When you tend to turn your backyard into a place that wild birds can feel comfortable in then it becomes a backyard habitat.

When you want to pursue this kind of hobby, you need to understand that birds require the following in order to thrive.

• Shelter

• Protection from predators

• Water

• Food

If you need help in this respect, there are many landscapers who specialize in creating eco-conscious gardens that will include natural plants that will provide food, water and shelter for the birds that you want to attract. However if you want to do it by yourself, keep the following in mind.

Provide clean water for your birds – Water is a natural way of attracting birds. Birds will always look for a water source in order to drink and bathe. It is important to keep your bird baths clean and refresh the water regularly, Use elbow grease to clean the birdbath and refresh the water to stop mosquitoes from breeding in the water.

Provide food for your birds. – Give your birds as much a variety of feeds as possible to attract a variety of birds. You can provide several bird stations so that aggressive birds do not dominate one station and keep away the smaller birds. In order to make sure that your stations are fully occupied put out some Niger seed as a special attractant for finches. Finches are especially loved by most bird enthusiasts. Do not forget to put out some Sunflower hearts as these are a specialty for many birds and will ensure that you have diversity in terms of the bird species that visit your bird feeders.

There are those birds that prefer to feed on insects. These are the most difficult to attract since open bird feeders cannot trap insects at all. The option is to provide a suet cake that has got dried mealworms mixed with other freeze dried insects for these birds to enjoy.

Put out some bird shelters to provide shelter from the elements and predators. The birds may probably become permanent residents of your backyard habitat. Keep as close to the natural order as you can.

Attracting birds to your backyard habitat will be especially rewarding as you watch nature interact and learn the changes in bird feeding behavior as the year goes by. •

Proe – Brocolli Pasta Gereg

(Genoeg vir 4 persone)
300 g noedels
15 ml olie
125 g spek
1 ui, gekap
350 g gestoomde broccoli (moet nog ferm wees)
250 ml room
2 eiers, geklits
250 ml bevrore ertjies
125 ml gerasperde Cheddarkaas vir in die gereg
125 ml gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te
strooi

Metode:
Verhit die oond tot 180°C.

Kook die pasta, nie te sag, dreineer en gooi terug in kastrol.

Verhit die olie en braai die spek en uie tot ligbuin.
Voeg die gestoomde broccoli, ertjies, spek, uie en helfte van die kaas by die pasta.

Geur en meng liggies deur.

Klits die room en eiers saam.

Skep die pasta-mengsel in ‘n oondskottel.

Gooi die eiermengsel oor en sprinkel die res van die kaas bo-oor.

Bak vir 20 min. tot goudkleurig.•

Onder die Vergrootglas | 13 September

Die naweek van die GrootBrak Muse kom al hoe vinniger nader.

Die ryk skatkis van kultuur wat opgesluit le in GrootBrak, sidder in afwagting om ontdek te word. Almal is opgewonde en in afwagting!! Oral is kaartjies te koop.

Moet dit asseblief nie misloop nie, jy gaan ‘n hele jaar spyt wees!!!
Die program is beskikbaar in die Mossview op bladsy 3

Die kaartjies verkoop soos soetkoek, so spring asb en gaan koop dadelik joune om teleurstelling te voorkom.

Loeloe •

MUSE

 

A message to all highschool Kids

Bill Gates (the Microsoft Guru), gave this speech at a High School recently.

It mentioned eleven (11) very important things children did not and will not learn in school.

He talks about how feel-good, politically correct teachings created a generation of kids,withno concept of reality and how his concept et them upfor failure in the real world.

Rule 1: Life is not fair – get used to it !
Rule 2: The world doesn’t care about your self-esteem.
The world will expect yo to accomplish something BEFORE you feel good about yourself.
Rule 3: You will NOT make R500,000 a year right out of high school.
You won’t be a vice-president with a car phone and a driver until you earn both.
Rule 4: If you think your teacher is tough, wait till you get a boss.
Rule 5: Flipping burgers is not beneath your dignity.
Your Grandparents had a different word for burger flipping:
They called it opportunity.
Rule 6: If you mess up, its NOT YOUR PARENTS’ fault, so don’t whine about your mistakes, learn from them.
Rule 7: Before you were born, your parents weren’t as boring as they are now.

They got that way from paying our bills, cleaning your clothes and listening to you talk about how cool you thought you were: So before you save the rain forest from the parasites of your parents generation ,try delousing the closetin your own room.
Rule 8: Your school may have done away with winners and losers but life HAS NOT.
In some schools, they have abolished failing grades and they’ll give you as MANY TIMES as you want to get the right answer.
*** This doesn’t bear the slightest resemblance to ANYTHING in real life.
Rule 9: Life is not divided into semesters.
You don’t get summers off and very few employers are interested in helping you FIND YOURSELF.
Do that on your own time.
Rule 10: Television is NOT REAL LIFE.
In real life people actually have to leave the coffee shop and go to jobs.
Rule 11: Be nice to nerds.
Chances are you’ll end up working for one.

 

The Spying Eye – Telkom Direct

 

Ek staan voor die toonbank wat met ‘n bord aangedui word waarop staan “sales, service, enquiries.” Die dametjie aan die agterkant is besig op die foon. Ek staan lank en wag… doodstil…tot sy die foon neersit en nors en brutal verklaar sy is besig met iemand! Ek het gesien sy is besig…met die foon… niemand naby haar lessenaar nie … Ek kyk af op die vloer maar daar’s nerens ‘n lyn getrek of geskryf “Niemand verby hierdie punt nie!” ‘n Man kom langsamerhand agter sy lessenaar en rekenaar uit en loop na my toe – die mense staan al by die deur uit- hy luister na my probleem en se ek moet dit per telefoon aanmeld… Ek wou, maar die telefoon kan nie vir my ‘n “print out” gee nie… DIENS????