Month: October 2014

van die Redaksie

By now, our soon to be high school graduates, have long started to envision what their upcoming year will look like.

Some of them will go off to study, some will travel, some will take a gap year which can be fantastic. It can help them decide what to do with their life, gain new skills and make new friends.

To all of you, if you don’t know exactly what you want to do with your life after matric don’t worry. That’s normal. And if you know exactly what you want to do, that’s normal to !

But for us parents knowing how to say goodbye and to cope with the sense of loss, is something else.
We feel proud that you are ready to face this world by yourselves and although we realize you c need space to become independent and to enjoy your new life, it is tough …. Very tough!!

However, there is hope.
The magic lies in modern technology.

So Moms and Dads, if you don’t have it …get it, use it … and keep in touch.
That should make things a lot easier and far more bearable !!

Julie Retief



Van die mense wat betrokke was by die opknapping van die trap na die see by Hersham is, van links na regs,
is J Bruintjies (Departement van Omgewingsake), L Phetha (Eden Distriksmunisipaliteit), M P Mtati (Work-for-the Coast),
T Maduna (Work-for-the Coast) en C Claassen van die Mosselbaaise Munisipaliteit).

Mense wat by Hersham na die strand wil gaan, kan nou danksy die Working-for-the-Coast program, gebruik maak van ‘n feitlik splinternuwe trap.

Dié instansie, wat ‘n ondersteunende funksie aan die Munisipaliteit verrig, het die trap, wat ongeveer 200 meter lank is, pas oorgedoen teen ‘n koste van R350 000.

Die Working-for-the-Coast-program is ‘n Uitgebreide Openbare Werke Program wat hoofsaaklik gemik is op die skoonhou van strande, die kuslyn en ablusieblokke, maar die Munisipaliteit ook help met ander funksies, insluitend die vervanging van infrastruktuur. Die totale koste van die program is ongeveer R5 miljoen oor ‘n tydperk van twee jaar.

BUSINESS FOCUS – Delicious Cakes and Bakes





Describe your business in a short paragraph:
Cakes for any occasion or event, big cakes or cupcakes, 3D or plain – nothing is “un-doable” – I take every theme as a challenge to strive for perfection in any design


When did you start your business?:
Sideline business started after hours to generate further income as a Single parent of 2 kids. Turned into a blossoming sideline business which I am very much enjoying


What prompted you to start / buy your business?
See above


My business is aimed at?
Young, Old, Men, Woman, Boys, Girls – anyone who loves cake!


What products / services are you offering?
Wedding Cakes, Birthday Cakes, Special Event Cakes, Cupcakes, Cake Toppers


What is your competitive advantage?
I strive for perfection with any theme and try to give all my cakes the “wow” factor. Every design and cake is Unique and I do not make the same design twice – might have similarities, but changes are made to make the cake one of a kind …


Personal achievements:
Finalist in the Cake Off in November 2014 at the Langeberg Mall


What makes your business stand out in the crowd?
Creativity, Personal Attention – attention to detail, customer service


Complete the following statements:
“ Through experience, I’ve learnt that…..”
You can not always agree to what the client wants – but I would rather have a happy client with his ideas than an unhappy one – the best referral, is word of mouth – happy client, happy me!


“ In future my business will offer…..”
The Best Cakes in Mossel Bay


What is the most important message you wish to send to the community?
Through hard work and perserverence, you can make a small or sideline business work. You just have to believe and push forward – in the end , the benefits and rewards will be reaped – patience is key …


Contact details: Name – Juanita Terblanche
Delicious Cakes (Life – Love – Cakes)
Tel – 082 863 6110

2014.08.25 - Minion 4 - Copy 20140919_074539 20141010_091622 Company logo



At the signing of the Memorandum of Understanding  between the Municipality, the Mossel Bay Aero Club and the Sports Aerobatic Club of South Africa for the forthcoming Yak-52 and Intermediate Class World Aerobatics Championships in Mossel Bay are , front, from left to right, John Gaillard (contest director), Dr Michele Gratz (municipal manager) and at the back, in the same order, John Boucher (event co-ordinator), Niel Prins (Head of Legal Services of the Municipality) and Kevin Storie (general manager, Aero Club of South Africa).


The arrangements for the Yak-52 and Intermediate Class World Aerobatics which will be held in Mossel Bay from 26 November 2014 to 3 December 2014 took another step forward with the signing last Friday of a Memorandum of Understanding between the Municipality, the Mossel Bay Aero Club and the Sports Aerobatic Club of South Africa.

The Memorandum spells out the responsibilities of the three parties. While the responsibilities of the two Clubs relate mainly to the competition itself, sponsorships and marketing, the Municipality will be hosting the official opening on 26 November 2014 and provide marketing support as well.

The Municipality will also cover the costs of the fire and rescue services for the duration of the event but not for the practice sessions prior to the event.

It will be the first time that the event will be held outside Europe and a total of sixty pilots from sixteen countries have already been confirmed as participants in the two events. Countries that have confirmed that they will be sending teams are Australia, Belgium, Brazil, Canada, China, the Czech Republic, Hong Kong, Lithuania, Luxemburg, New Zealand, Poland, Portugal, Sweden, Russia, the United Kingdom, and South Africa.

The pilots will all fly South African-owned aeroplanes.

The contest director will be John Gaillard, who is also the vice-president of the International Aerobatics Commission (CIVA), and the vice-president for the Africa region of the Fédération Aéronautique Internationale.
The event co-ordinator is John Boucher, secretary of the Mossel Bay Aero Club. •


Andries Cilliers, a volunteer student from Aardvark Nature College, has joined Pinnacle

Conservation’s internship program in 2013, and is now currently busy with a very exciting

program. For most people it seems like the craziest project to take on, but Andries passion

for snakes drives this project. He is currently busy identifying snakes on the PetroSA Nature

Reserve, and taking frequent walks in the veld searching for snakes to identify. He has

already listed 53 known species of snakes on the reserve and he is going strong. The snakes

that he ID’s ranges from non-venomous to venomous snakes.
Andries is also busy setting up a presentation on these snakes, including do’s and don’ts

when a snake is spotted as well as first aid and medical treatment and he is passionate

about snake conservation and also understands the importance of education that goes

along with it. His love and passion for snakes is so tangible and the children love to listen

and interact with him. Thank you for your hard work and courage Andries. Andries has a

snake removal permit which enables him to assist with uninvited snakes. He will assist with

that and he can be reached on the following number: 044 601 3149 or 084 569 1510.


dries foto

Me Antoinette Murray van die Voëlvlei-tak van die VLV  wat onlangs broodknippies, wat hulle ingesamel het,  aan mnr Dries Cilliers van die Munisipaliteit oorhandig het toe hy die tak gaan toespreek het oor munisipale aangeleenthede. Die tak het onderneem om voort te gaan met die insameling van nog knippies ter ondersteuning van die munisipale insamelingsveldtog.


Die projek wat die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, in Julie 2013 plaaslik geloods het om broodknippies in te samel sodat vier rolstoele vir behoeftige gestremde mense verkry kan word, vorder fluks, en knippies met ‘n totale gewig van 110,04 kg is reeds tot einde September 2014 ingesamel.

Vir elke 247,5 kg van die knippies wat ingesamel word, word ‘n rolstoel verkry. Drie maatskappye skenk elkeen nog ‘n rolstoel vir elke rolstoel wat deur middel van die insamelingsprojekte verkry is. Dit beteken dat rolstoele aan vier behoeftige mense geskenk kan word vir elke 247,5 kg wat ingesamel word.

Die Munisipaliteit doen weer eens ‘n beroep op die publiek om broodknippies by die Munisipaliteit of deelnemende skole en kleuterskole in te handig sodat die teiken so spoedig moontlik bereik kan word. Die knippies, wat gebruik word om die plastieksakkies waarin brood verkoop word mee toe te maak, is van hoëdigtheidspolistireen gemaak. Die knippies is baie lig, en groot hoeveelhede word benodig om die teiken van 247,5 kg te bereik. Dit is geskik vir herwinning, en kan weer gebruik word om produkte soos houers vir saailinge, vloerlyste, kroonlyste en klerehangers te vervaardig.

Die knippies kan ingehandig word by die munisipale kassierspunte by die Munisipaliteit in Marsh Straat asook die munisipale kantore in D’Almeida, Groot Brakrivier en Hartenbos. Dit kan ook by deelnemende skole soos die Hoërskool Punt, Sao Bras Sekondêre Skool, Hartenbos Laerskool, St Luke’s Primêre Skool en Groot Brakrivier Primêre Skool, en die Juweeltjie, Sonskynvallei en ACVV Sandkasteel Kleuterskole ingehandig word.

Die broodknippieprojek is ‘n landswye projek wat ongeveer agt jaar gelede deur me Mary Honeybun van Noordhoek in die Kaap begin is, en word nou deur die Polistireenverpakkingsraad van Suid-Afrika gekoördineer. Gemiddeld 75 rolstoele word jaarlikse deur middel van die projek aan gestremdes geskenk.•



Mnr Herman Botha, tweede van links, saam met die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, Raadsheer Jim van der Merwe, Burgemeesterskomiteelid vir Finansies, en die Munisipale Bestuurder, dr Michele Gratz. Die Burgemeester wens mnr Botha geluk met die toekenning wat hy van SALGA ontvang het vir sy goeie bydrae tot munisipale finansiële bestuur in Suid-Afrika.

Mnr Heran Botha, direkteur van finansiële dienste van die Mosselbaaise Munisipaliteit, gaan aan die einde van November 2014 die tuig neerlê ná ‘n dienstydperk van 21 jaar en 5 maande by die Munisipaliteit. Die Munisipaliteit het onder sy finansiële leiding twee skoon oudits gekry, en is ook in 2013 deur die Nasionale Tesourie saam met twee ander munisipaliteite as die finansieel gesondste munisipaliteit in die land aangewys.

Mnr Botha, wat in 1974 ‘n B Comm-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, en eers vir drie jaar as interne ouditeur by ‘n bank gewerk het, se loopbaan in plaaslike regering het in 1977 by die Milnertonse munisipaliteit in die Kaap begin.
Hy het hom in April 1980 by die Mosselbaaise Munisipaliteit aangesluit as senior rekenmeester, en is na ses maande tot adjunk-stadstesourier bevorder. In 1982 het die Munisipaliteit se bedryfsbegroting R6 miljoen en die kapitaalbegroting R4,5 miljoen beloop, vergeleke met die bedryfsbegroting van R781,1 miljoen en kapitaalbegroting van R123,4 miljoen vir 2014/2015..

In 1982 het hy adjunk-stadstesourier van die Somerset-Wes Munisipaliteit geword, en in 1989 is hy as stadstesourier van Oudtshoorn aangestel. Hy is in Julie 1993 as stadstesourier van Mosselbaai aangestel. In 2002 het hy direkteur van finansies, met die gepaardgaande wetlike benaming van hoof finansiële beampte, van die geamalgameerde Munisipaliteit van Mosselbaai geword.

Mnr Botha is ‘n trustee van die Kaapse Gemeenskaplike Pensioenfonds vir munisipaliteite, en is tans die Voorsitter van die fonds wat ‘n totale batewaarde van meer as R4 biljoen het.

Hy het pas ook ‘n toekenning die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Bestuur (SALGA) ontvang om erkenning te gee aan sy bydrae tot goeie finansiele bestuur in munisipaliteite, en meer spesifiek by die Mosselbaaise Munisipaliteit.
“Daar was baie hoogtepunte in my munisipale loopbaan. Die groot veranderings in plaaslike bestuur oor veral die afgelope 20 jaar was baie interessant en uitdagend. Alhoewel die Stadsrade verander het, is die finansiële bestuursbeginsels konsekwent toegepas, en dit het bygedra tot die goeie finansiele posisie waarin die dorp tans verkeer.
“Ek verlaat die Mosselbaaise Munisipaliteit op ‘n hoogtepunt in my loopbaan deurdat ons die afgelope jare verskeie ongekwalifiseerde en skoon ouditverslae ontvang het,” het mnr Botha gesê.

Die Munisipale Bestuurder, dr Michele Gratz, het gesê mnr Botha het sy reputasie as een van die beste hoof finansiële beamptes in Suid-Afrika verdien, en die Munisipaliteit gaan sukkel om hom te vervang. Hy het egter goeie bestuurstelsels en finansiële dissipline by die Munisipaliteit gevestig waarop voortgebou kan word.

“Ons respekteer sy besluit, en wens hom alles van die beste toe vir die toekoms saam met sy gesin,” het dr Gratz gesê. •

New visa regulations: Mossel Bay loses business

Tourism businesses in Mossel Bay have begun to feel the effects of reduced visitor numbers as a direct result of South Africa’s new visa regulations.

One company – Unravel Surf Travel, which offers 14-day tours that are sold largely in the Russian market – has reported that four of the six guests who booked for a tour that’s scheduled to start this month have cancelled as a direct result of the new visa requirements.

The company’s Hermann Vivier said that the tour will go ahead, but that it will cost money, instead of generating a profit.

Western Cape MEC of Economic Opportunities, Alan Winde, who last month petitioned Parliament to suspend the regulations pending an assessment of their effects, has called the regulations impractical, irrational and unlawful.

He said that a report on the hearings of the Western Cape Provincial Parliament’s standing committee on agriculture and economic development into the effects of the regulations is expected to be published this week.

“These regulations have already had – and will continue to have – a huge negative effect on the economy,” he said.

“At a time when everyone else around the world is looking at how to make travel easier, we’re going in the opposite direction.” (Indeed, a new study by – the world’s “largest industry intelligence and marketing platform” – places the relaxation of visa regulations as one of the 14 trends affecting tourism in 2014: “Nations around the world are recognizing visa fees and processes as a major blockade to tourism and economic growth.”)

“It’s clear that the Department of Home Affairs did not consult with the role players, and that it made no effort to understand the effect that the regulations would have on the economy,” said MEC Winde, who added that that his office will therefore “find the budget to conduct a full regulatory impact assessment.”

Mossel Bay Tourism’s Marcia Holm said that Mossel Bay, and indeed the entire country, cannot afford to lose business due to the effects of ill-conceived bureaucracy.

“We sympathise with Home Affairs and Minister Gigaba’s intentions to secure South Africa’s borders, but we believe that he failed to listen when the tourism industry made its position on the new visa regulations clear some time ago.

“We were heartened last month when he suspended the proposal that children would have to carry unabridged birth certificates when they enter and leave the country. We believe that this shows that he’s willing to listen and negotiate with the industry.”

She said that the effects of the regulations are being felt well beyond the tourism economy.

“Unravel Surf Travel is a small business and social enterprise that supports the hugely inspiring Surfer Kids NON-Profit, which provides unprecedented development opportunities for children from one of the poorest parts of Mossel Bay.”

The Surfer Kids NON-Profit aims to broaden its members’ horizons by “empowering youths in marginalised communities through surfing.”

Ms. Holm said that each of Unravel Surf Travel’s tours of the Garden Route includes interactions with the children in the programme. “The visitors spend time surfing with the kids, and the kids spend time showing the visitors around their home village of Friemersheim.

“The fact that Unravel Surf Travel is losing business must be devastating for its own bottom line, and for the accommodation providers and attractions that it supports – but it’s going to be terrible for the Surfer Kids, too.”

Ms. Holm pointed out that Unravel Surf Travel isn’t the only local company that’s feeling the effects of the new visa requirements.

“India and the Asian market were Mossel Bay’s fastest growing source markets before the new regulations came into effect, but this growth has now slowed considerably.

“We call on Minister Gigaba to suspend and review the new regulations in the light of the immediate and clear negative economic and social effects they’re causing.” •

Musings – Begranis op Eendracht

Begrafnisse is sekerlik uit die aard daarvan nie aangename gebeurtenisse nie. Nooit nie. Selfs al is dit my grootste vyande wat “gebêre” word, is daar geen vreugde in nie (laasgenoemde seker omdat ek nie by is nie…)
Maar begrafnisse op die familieplaas is anders. Dit is nie net afhandeling van ‘n roetine nie – nee, dit is héél maak, gesondmaak – en as jy na die begrafnis by die plaashek uitry en die grootpad vat na waarvandaan jy ook al gekom het, dan is die vredigheid al amper waar dit moet wees.
Maar kom ek begin heel voor, verduidelik….
Kyk, die familieplaas daar in die Koo is eintlik nie familieplaas in die algemene sin van die woord nie. Dit behoort NIE aan die familie nie – dit is Neef s’n, en hy kyk goed daarna en versorg dit baie mooi. Maar dit is familieplaas in die sin dat dit is waar Pa grootgeword het, Oupa en Ouma nog elke aand by hierdie einste bidtafeltjie gesit en aandgodsdiens gehou het. En dit is waar ons almal voel ons gebêre wil wees die dag as ons die tentwoning hier afbreek om anderkant die groot Dal van Skaduwee ‘n meer permanente en duursame woning te loop betrek.
Miskien is dit die rituele; of eintlik ook nie – daar is nie veel rituele nie, eerder net ‘n paar dinge wat deur die jare so ingegraveer geword het dat dit voel asof dit so hoort.
Soos dit maar al die jare was – en g’n mens kan my anders vertel nie! – was begrafnisse maar nog altyd die groot geleenthede waar verlangse familielede mekaar weer gesien het. Selfs ‘n bruilof en ‘n doop kan nie daarby kom nie. In die ou dae was die afstande te ver en die reistye te lank. En daar was maar altoos ‘n oestyd of saaityd of een van die seisoene wat in die pad gekom het van ‘n bruilof of ‘n doop. Maar dood en begrafnis was maar nog altyd anders, as sou ons op grond van ons skuldgevoelens oor ons vir die afgestorwene so min van ons tyd gegee het, miskien bietjie boetedoening wou laat kristalliseer. En dan gaan ons begrafnis toe.
Ook deserdae is begrafnisse maar die enigste wat ons bybring oor ons nie laasjaar se Kersfees kon bybring nie, of ‘n paar jaar terug ‘n geleentheid laat glip het om te kom kuier…
Ewenwel, by die begrafnis sien ons mekaar almal. En die weersiens, hoewel gedemp voor die diens, is tog gemaklik, en ons herken mekaar darem nog. En die stille handdruk, die omhelsing met effe mistige oë, die half hartseer glimlagte – als is deel van die uiting van ons hartseer-bly weersiens.
Die diens – soms in die skuur gehou, ander kere op die dorp so 40km van die plaas af – is altyd erg tradisioneel met naaste familie wat nie opstaan om te sing nie, wat almal bymekaar sit heer voor, wat laaste inkom as almal reeds hulle plekke ingeneem het – want almal moet sit en wag vir die naasbestaandes om soort van eer en respek te betoon deur hulle gemaak eerbied te betoon. Want almal was al daar, en weet hoe dit voel.
Na die diens ry die lykswa na die kerkhof op die plaas. En so 30 meter van die kerkhof se hek, parkeer die lykswa sodat die draers darem ‘n entjie het om te dra. Want sien, die dra is deel van die proses, deel van die groet en die afskeid neem. Want aanstons sal ons die een nie meer by ons hê nie, sal hy onder die kluite agterbly en ons sal uitvind dat ons wel alleen kan voortgaan.
Die formuliere word gelees, die gesange word gesing – en ons kan sing, selfs so tussen die trane deur… En dan word die kis laat sak, sommer met kiskrans en al – ons het nie waarde aan ‘n rangskikking om ons aan die leë plek te herinner nie. En dan kom die groot afskeid.
Die kis word nie met betonblokke gedek voor die graf gevul word nie. Nee, ons glo aan die rou klanke van kluite op die kis, soos dit in die pragtige alliterasie in die laaste strofe van Die Stem gegee word. En hier is nou die ingegraveerde gebruik…
Die graf word toegemaak deur die begrafnisgangers self. As die laaste blaartjies gestrooi is, en die laaste handjie vol grond gegooi is, dan staan die verste familie en die kennisse eenkant. Van die plaasmense stap stadig huis toe, om solank die ketels te gaan aansit want daar moet koffie wees. En die grawe wat daar teen die heining staan, die word nader gebring.
Eerste voorreg is die naaste, heel naaste familie: Kinders, skoonfamilie. Baadjies word uitgetrek, en die potklei klonte word opgeskep en in doodse stilte langs die kis afgegooi – eers word die kant volgemaak, dan by die voetenent tussen die kis en die wand van die graf. Kopkant ook – mooi netjies opgevul. En hier en daar val ‘n verdwaalde kluit met ‘n hol plof op die kis. En dit is amper asof dit nie so moet wees nie, want dis dan iemand wat daar lê…. Die werk word in stilte gedoen, elkeen besig met sy eie hartseer, versoening, en sukkel met die realiteit van afskeid.
Dan, as die kante nou mooi opgevul is tot gelyk met die kis, dan het die hele paar verdwaalde, hol plofgeluide die gevoel al genoeg afgestomp dat die vol grawe nou al op die kis self kan land. En die kiskrans verdwyn eerste so stadigaan onder die kluite – die krans self demp die hol klanke.
“Maak bietjie mooi warm toe daar by die voete, daar is nog ‘n holtetjie…” – Gawie wat aandui en leiding neem. Want die graf moet mooi solied toegegooi word.
Wanneer die kis heeltemal onder die kluite verdwyn het, is dit asof daar so ‘n bietjie verligting in die swaarmoedigheid kom. Sweet slaan uit by die kieliebakke, moue word verder opgerol, en party asems jaag. “Mens kan sien party mense is meer gewoond penne stoot as graaf gooi…” kom die ligte treitering. Glimlagte oraloor want ja, dis duidelik party se skep-en-gooi tempo neem effens af. “Ja, maar ek weet van party graafstoters wat nie Jan Taks se pampiere kan invul nie en hulle vrouens moet vra om dit te doen” kom die ligte stekie terug. En dis al asof die gemoed ligter raak, die rou en hartseer effe verdamp hoe hoër die grond op die kis word….
Dan neem iemand van die effe verder familie die graaf oor by een van die wat besig is; teken vir die volgende naaste familie om oor te vat, en verder aan die eer te deel. En so by so word die grawe oorgeneem, en die graf word voller. En die voller graf maak die stukkend heel, algaande.
Die latere groepe gooi elkeen ‘n paar grawe, as deel van die praktyk om te groet – en om in die proses ook bietjie heel te word. Heel laaste is die plaasarbeiders wat ook die afgestorwene geken het, dalk nog saam gespeel het en gewerk het….
Op die end, as die graf boordenstevol is, word die graf “opgemaak” – mooi netjies met die agterkant van die grawe geklop totdat dit mooi eweredig lê. En al die kranse word mooi netjies gepak, naamkaartjies afgehaal – en die stap terug na die opstal begin. Koffie en tee en broodjies deur die susters word in die waenhuis bedien. En die stap, soms alleen, ander kere in geselskap van iemand naby, is ook héélword….
Die traagste stapper terug van die kerkhof af is die een met die grootste hartseer. En leer so, met die terugdraal waenhuis toe, ook om stadigaan op te kom vir lug, en die hartseer te verwerk.
Naaste familie kuier die langste – al is die pad huis toe lank. Want almal weet, as die koffie gedoen is en die ander vertrek het, gaan ons woonkamer toe. Daar sal iemand ‘n bottel van die beste wyn iewers uitkrap, en ons sal almal saam ‘n glasie klink op le chaim- die LEWE – omdat ons weet ons elkeen se beurt kom, en ons beter elke druppeltjie uit die lewe haal…. • Jacques Valjean
Die grondpad van ‘n paar kilometer bring jou by die teerpad wat teruglei na die werklikheid en die lewe sonder nog een wat naby was. Maar die begrafnis self, was al groot deel van die gesondmaak. En die lewe gaan aan.
Le chaim – op ons wat nog hier is….