AANSKAKELING VAN FEESLIGGIES

Marshstraat sal, soos die tradisie is, weer vanjaar in ‘n fees van helder kleure omtower word wanneer die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, op Saterdagaand, 7 Desember 2013, die feesliggies sal aanskakel vanuit die Harry Giddeypark oorkant die munisipale kantore in Marshstraat.

Die aanskakeling sal gepaard gaan met ‘n program van samesang, ‘n gebed vir nooddienste en orkesmusiek. Die tyd vir die funksie is 19:00 vir 19:30, en die opening en die verwelkoming sal om 19:30 plaasvind. Die aanskakeling van die liggies sal omstreeks 20:00 geskied.

Dit beloof om weer ‘n skouspelagtige geleentheid te wees, en die publiek word versoek om hul plekke so vroeg as moontlik in te neem aangesien sitplekke beperk is. •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *