ACVV Kenani Kermis! “Jou junk in ons trunk.” Saterdag, 28 November 2015

 

 

VIR die meeste mense is ’n garage nie net ’n plek waar die motor geparkeer word nie—dis ook die begrafplaas vir al die huishoudelike items wat nie meer gebruik word nie, stukkend is of gewoon oudmodies geword het. Daar sal jy ’n uitgediende broodrooster, Kleinbboet se treinstel, ’n afgeleefde trapfiets en ’n boks vol ou kombuisware vind. Dalk is jou motorhuis al so vol, daar’s kwalik plek vir die motor! Die ACVV Kenani Dienssentrum hou weer Kermis op die 28ste November 2015. Ons is opsoek na al jou ougoed. As jy meubels in die huis of in die motorhuis het wat moet uit, bring dit vir ons. Soos jy elke dag dreig, pak jou kas uit en kry al daai klere wat te groot of te klein geraak het, en bring dit vir ons. Ditjies en datjies wat rond staan in die huis en elke dag moet afgestof word. Want wat vir jou net gemors is, is vir ’n ander ’n kosbare vonds. Bring dit vir ACVV Kenani se Wit Olifant Veiling.

Ons kan gebruik maak van enige items in en rondom jou huis tot ons belangrike fondsinsameling pogings. Vir enige navrae kontak ons kantoor by 044 690 3204 of 044 690 3794.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *