Besigheids Fokus – Peperboom restaurant en koffiewinkel

Hierdie groot ou peperboom, wat na alle waarskynlikheid oor die 200 jaar oud is, se dik stam getuig van baie jare se ontbering hier in GrootBrak. Net so, is die Peperboom restaurant

egter ook al vir baie jare ‘n bekende oase waar vriende en familie bymekaarkom om saam te kuier en die innerlike te versterk.
Sowat 7 jaar gelede het die huidige eienares besit geneem van die Peperboom. Die entoesiasme waarmee sy haar winkel bestuur is aansteeklik. Klem word veral gele op kwaliteit, en hul sukses word bevestig deur die vakansiegangers wat jaar na jaar terugkeer om weer hier te kom kuier.

Peperboom beskik oor ‘n binnenshuise- sowel as buitenshuise eetarea. Beide areas sluit ook ‘n speelarea vir kinders in, wat dit uiters geskik maak vir gesinsfunksies en kuiers. Binne kan 55 gaste geakkomodeer word en buite 35. Daarom is dit ook uiters geskik vir en gewild vir intieme troues en funksies.

Hulle is baie bekend vir die ontbytspyskaart. Vir die kieskeurige eter wat hou van meer eksotiese disse is daar heerlike “sushi” en dan is die pasta en pizza’s op die spyskaart ook glad nie te versmaai nie. Voeg daarby hul gesonde “wraps” wat al op die KKNK gaan draai het, en ‘n instelling geword het by die Saterdagmark in George, en jy het geen rede om met ‘n leë maag weg te stap van Peperboom af nie.

Hulle is baie betrokke by fietsry-en staproete geleenthede wat in hierdie area aangebied word. Die Grab-a-doo aan die einde van Desember is vir hulle ‘n groot hoogtepunt.

Peperboom is ook baie betrokke by liefdadigheid. Die bekende “Vuurvliegies” kom een maal ‘n kwartaal hier bymekaar vir die afgelope 6 jaar reeds. Die opheffingsprojek by Friemersheim se bossies Lavender en pakkies Fudge is Woensdae hier te koop.

Die pragtige gebou van Peperboom kan nie misgekyk word as jy in Langstraat ry nie. Net soos wat die ou peperboom ‘n rotsvaste baken van Grootbrak is, is die Peperboom restaurant en koffiewinkel ook ‘n baken van samesyn en bymekaarkom vir beide inwoners en toeriste.
Loeloe •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *