BLAASORKESTE

article-pic

Verskeie blaasorkeste en brigades wat by die Mosselbaaise Munisipaliteit se Orkesteforum geaffilieer is, het op Sondag, 28 Augustus 2016, opgetree tydens ‘n kerkdiens by die Verenigde Gereformeerde Kerk in Uitbreiding 13.Hulle het na afloop van die diens ook aan ‘n optog in die strate van Uitbreiding 13 deelgeneem.

Die orkeste en die brigades wat deelgeneem het, was die VGK Brigade, die Boys Brigade en Star of Bethlehem Orkes van Groot-Brakrivier, die Aldachique Musiek Akademie, Royal Sounds, Nativity Orkes en die VGK Brigade van Mosselbaai.

Die Munisipaliteit poog om soveel blaasorkeste en brigades as moontlik te betrek by aktiwiteite wat vir hulle gereël word, en nooi orkeste uit om by die tweemaandelikse vergaderings vir orkeste en brigades in die groter Mosselbaaise gebied aan te sluit.

Die orkeste en brigades het ten doel om gesonde belangstellings onder die jeugdiges aan te moedig, en hulle van die strate af te hou. Die Munisipaliteit se Sosio-Ekonomiese Afdeling vergader tweemaandeliks met die orkeste en brigades. Enige groep wat nog nie deel van die forum is nie, word uitgenooi om Belinda Nel te kontak (044) 606-6286.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *