BROODKNIPPIES BENODIG VIR ROLSTOELE

Untitled-2

 

Daar word steeds broodverpakkingsknippies benodig om die doelwit van 350 kg te bereik sodat dit ingeruil kan word om ‘n rolstoel vir ‘n behoeftige persoon te verkry. ‘n Beroep word dus weer eens op die publiek gedoen om die knippies te versamel, en by die Mosselbaaise Munisipaliteit in te handig.

Mense word ook aangemoedig om hul families en vriende van ander dorpe te betrek om knippies in te samel en aan hulle te stuur vir inhandiging by die Munisipaliteit. Daar is reeds 183,9 kg knippies ingesamel sedert die Munisipaliteit met die veldtog begin het, en daar word dus nog baie knippies benodig om die doelwit te bereik.

Die knippies, wat gebruik word om die plastieksakkies waarin brood verkoop word mee toe te maak, is van hoëdigtheidpolistireen gemaak. Dit is geskik vir herwinning, en kan weer gebruik word om produkte soos houers vir saailinge, vloerlyste, kroonlyste en klerehangers te vervaardig.

Vir elke 350 kg van die knippies wat ingesamel word, word ‘n rolstoel aan ‘n behoeftige persoon geskenk.

Spesiale houers is by alle munisipale betaalpunte asook biblioteke geplaas sodat die publiek hul knippies daar kan gaan ingooi.

Die landswye projek is ‘n paar jaar gelede deur me Mary Honeybun van Noordhoek in die Kaap begin, en word nou deur die Polistireenverpakkingsraad van Suid-Afrika gekoördineer.

Lede van die publiek, asook besighede, skole en kerke wat meer inligting wil hê oor hoe hulle betrokke kan raak, kan vir Alma Kritzinger by die Munisipaliteit by telefoon (044) 606-5251

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *