BUSINESS FOCUS – Azur Creations

Mary Hasse (2) Azur

Mense noem my “n kunstenaar, geseënd, talentvol en nog baie ander byvoeglike naamwoorde!!!!
Vir my is dit gawes en talente wat ek van die Vader ontvang het, en wat ek gebruik !
In elke mens is daar verskuilde segmente wat nie ontwikkel word agv die feit dat jy te bang is om te probeer, bang jy faal.? Miskien omstandighede of ontkenning.
Vaardigheid kan aangeleer word, deur volharding, doelgerigtheid, deursettingsvermoë gedrewenheid en waagmoed asook ‘n wil om sukses te behaal.
Wat jy ookal aanpak doen dit met volle oorgawe.
Ek is net ‘n doodgewone persoon, maar ek leef soos Maya Angelo sê …” Wherever you go, no matter what the weather, always bring your own sunshine”.
Matrikuleer in Bloemhof, geleentheid om te studeer? Niks daarvan nie. Gewone klerk by Agri. Later trou ek, help 2 jr my man in sy Ingenieurswerke. Vir die vlg 4 jr woon ons in ‘n karavaan in die reservate (waterboorwerk). Net soms sien ek my huis. Na hierdie tydperk koop ons ‘n plaas in die verre Noord Transvaal, waar ons 37 jr woon. Hier poog ek om ‘n “oase” te skep te midde van alle goeie en slegte tye! Maak ook 3 kinders groot.
In hierdie tyd word die kinders groot en nou bekwaam ek my as ‘n Voorkomskonsultant. Hierin werp ek my hart en siel en doen dit vir 10 jr. vanaf my studio op die plaas. Baie harde werk, maar goed vir my siel en menswees. In ‘n kompetisie behaal ek dan ook die 1e plek in SA en wen ‘n reis na Londen.
Tydens ‘n vakansie gedurende die 37 jr ry ons tot by Mosselbaai se hawe, Onnodig om te s was ek hoegenaamd nie beiindruk nie. Met die draai slag ry ons voor Craft Art verby, Om geen rede wys ek na die gebou en se vir my man: ” sien jy die plek, hier kom ek nog heen”.
Die jare gaan verby en ons verkoop die plaas. Bespreek ‘vervoerders ‘ en toe die vraag …waarheen? Wat is die verste wat ek sal gaan ,,,,,,Mosselbaai (teensinnig).
So is dit dan nou waar ons beland en woon nou al 10 jr hier. Begin met kursusse by Andre Broodryk in die juwele bedryf. So word ek dan sy vennoot. Nou al amper 10 jr besig om te doen wat ek glo die Vader vir my beplan het, In hierdie tyd help my man my om alles tot stand te bring.
Maar helaas ontval hy my 15 maande gelede. Al vashou wat ek nou het is my winkels, en die wete dat ek moet aangaan, met mense moet omgaan my kennis en lewenservaring moet deel met ander, hetsy in my beroep of persoonlik. Ek moet na mense kan luister en HOOR wat hulle sê.
Ek het ‘n passie vir mense, en deur my vorige ondervinding in die voorkoms-wêreld kan ek dus baie maklik mense se styl-persoonlikhede optel. Ek het ook kennis van grootte, kleur, wat werk en wat werk nie, en lees maklik mense se lyftaal.
Ek voel ook aan wanneer mense onseker is en deel graag raad oor moontlike maar sinvolle keuses.
Wat my teiken mark betref – ek skep diversiteit deur min van een soort item aan te skaf. Ek wil nie net die Buitelandse mark bereik nie, maar vir mense om my en minder gegoedes ook iets bied wat kan vreugde bring.
Tensy daar ‘n behoefte en ‘n opdrag is, maak ek ook nooit twee identiese artikels nie.
Gee graag raad ivm die aanmekaar sit, tegniek en kleur asook hoe om ‘n gewone stuk/artikel in iets unieks te omskep.
Ou en stukkende stringe krale (uit ouma se dae) omskep ek in iets wat weer modieus is. Ek herstel ook stukkende stukke sover dit in my vermoë is.
My studio en werksplek weerspieël my passie en is netjies en kunstig gedekoreer, om ‘n atmosfeer van warmte te skep.
Benewens die juwele werk en verkoop ek ook artikels gemaak van skulp en glas. Daar is ook brei- en hekelwerk en talle ander artikels – iets vir almal teen ‘n sakpas prys.
Kom besoek my gerus in my studio vir hulp, raad, en dalk sommer net om bietjie warmte in die koue, weer te ervaar.
My leuse waarvolgens ek elke ding aanpak is:
“Out of my creative hand I give a piece of my soul to you”. • Mary Hasse 082 559 6361

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *