Business Focus – Brandchem

Foto

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf .
Ons probeer om in alle skoonmaakbehoeftes te voorsien. Daarom hou ons ‘n groot verskeidenheid produkte aan, asook lappe, besems, moppe, emmers, papier produkte ens.
Enigiets om jou skoonmaak taak te vergemaklik.

Wanneer het u die besigheid begin ?
Ons het ons deure 30 Maart 2015 vir besigheid oopgemaak.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin ?
Ek het op vroeë pensioen gegaan en het iets gesoek waarmee ek en my vrou ons kon besig hou. Vriende van ons het die fabriek en besigheid in Riversdal en ons het toe besluit om ‘n winkel in Mosselbaai oop te maak.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik ?
Ons het ‘n wye verskeidenheid produkte in 1 l, 5l, en 25l houers – ‘n grote vir elke behoefte . Daarby is daar bykans ‘n honderd verskillende produkte met reuke te kies en te keur.

Watter produkte/dienste bied u aan ?
Daar is verskeie produkreekse bv Motorsorg produkte, Klere en Linne produkte, Persoonlike sorg, Huis en Kantoorprodukte, Vloerprodukte, Ontsmetting, Sanitasie, Lekkerruik produkte en Algemene produkte soos Diere sjampoo en baie meer.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons het nou maar sopas begin, maar ek glo ons sal die gemeenskap goeie diens met goeie produkte gee.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink ?
Ons is reg om ‘n diens te lewer met ‘n groot verskeidenheid.
“Ondervinding het my geleer dat …….”
…..luister, dit laat jou agterkom wat die persoon se behoefte is.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel ?
As jy ‘n produk soek om iets mee skoon te maak, kom maak ‘n draai by die winkel.
As ons dit nie het nie, sal ons kyk of ons dit in die hande kan kry en u kwoteer.

Kontakbesonderhede:

Carel Pauw
Brand Chemical Supplies
(O44) 690 3032 / 071 681 1151
carel@brandchem.co.za

BRANDCHEM

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *