DBV- GEMEENSKAPSKLINIEK OPEN SY DEURE

Met groot dank en hulp van die Garden Route Casino en verskeie skenkings van ander plaaslike besighede is die bou, oprig en inrig van die kliniek nou ‘n realiteit.

Die kliniek gaan fokus op primêre gesondheidsorg vir diere bv inentings, ontwurming, vlooi beheer ens. Sterilisasies sal ook nog gedoen word.

Die hoofdoel van die gemeenskapskliniek is om mense met ‘n lae inkomste of geen inkomste se diere te help. Dit behoort ‘n groot verskil in die versorging van diere uit genoemde gemeenskappe te maak.

Die kliniek het reeds ‘n gekwalifiseerde veeartseny-verpleegster wat Dinsdae en Donderdagoggende tussen 9:00 en 11:00 beskikbaar sal wees vir behandelings soos inenting, ontwurming ens.

Indien iemand die kliniek wil gebruik, moet hulle ‘n ID dokument, ‘n Sassa- of Pensioen kaart of Allpay saambring. Die wat wel salarisse ontvang moet die laaste drie maande se bankstate en hul laaste bestaalstrokie saambring om te kwalifiseer vir hulp. •

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *