Drie Seile Beklemtoom Mosselbaai se Identiteit

Die eerste fase van ‘n projek om Mosselbaai se munisipale identiteit te beklemtoon, is van dees week afgehandel met die oprigting van ‘n struktuur wat die drie seil motief van die nuwe dorp se embleem,asook die dorp se naam in Afrikaans, Engels en isiXhosa, bevat.
Die struktuur van vlek vrye staal is ongeveer 7 meter hoog, en is duidelik sigbaar van Louis Fourieweg af net voor die aansluiting met Georgeweg. Dit staan op ‘n basis wat sowat 75 cm hoog is.

Die struktuur is kosteloos ontwerp deur mnr Dawie Nel van Hamilton Nel Argitekte van Mosselbaai.
Die nuwe embleem is in Maart 2011 deur die Stadsraad goedgekeur. Die drie seile, wat so geplaas is dat dit ‘n M vorm, simboliseer Mosselbaai se verbintenis met die see. Die kleure op die embleem in volle kleur simboliseer die nabyheid aan die see (blou), die sonnige klimaat (oranje) en die natuur en landbou (groen) van die omgewing.

Dit word beoog om nog twee sulke strukture, maar ietwat kleiner, by Glentana en die ingang na Danabaai op te rig. Sulke strukture kan net op munisipale eiendom geplaas word, wat beteken dat dit nie by ingange soos van die N2 af by Voorbaai of teenaan aan die N2 van Kaapstad se kant af  opgerig kan word nie. •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *