DWELMS – Hoe om dit Raak te sien

Kenmerkende gedrag
van dwelmmisbruikers:

• Skielike verandering in werk- of skoolbywoning, werksgehalte, werksuitset, skoolpunte en dissipline.
• Ongewone uitbarstings en humeuraanvalle.
• Onttrekking van verantwoordelikheid.
• Agteruitgang in fisiese voorkoms en versorging.
• Dra van sonbrille op onvanpaste tye.
• Voortdurende dra van langmouklere, veral in warm weer, of onwilligheid om kortmouklere te dra wanneer toepaslik.
• Verbintenis met bekende dwelmgebruikers
• Ongewone leen van geld van vriende, kollegas of ouers.
• Steel klein items van die werk, huis of skool.
• Geheimsinnigheid met betrekking tot optrede en besittings.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *