GROOT STRAATPARADE BEOOG VIR DIASFEES

Die doelwit is om die straatparade wat op 31 Januarie 2015 as deel van die 2015 Diasfees gaan plaasvind, ‘n geleentheid van groot jolyt en gees vang te maak, en die Munisipaliteit nooi skole asook besighede om vlotte vir die geleentheid in te skryf.

Die 2015 Diasfees sal van 29 Januarie 2015 tot 1 Februarie 2015 gehou word, en daar word reeds fluks gevorder met die reëlings vir die fees wat deur die Munisipaliteit gekoördineer word as ‘n projek om die dorp te bemark, en die plaaslike ekonomie te stimuleer. Die Santoskaravaanpark sal weer die feesterrein wees.

Daar was vanjaar prysgeld van R10 000 vir die beste skolevlot, en dit word beoog om ook prysgeld vir ander vlotte in 2015 beskikbaar te stel. Optogte per voet is ook welkom.

Belangstellendes wat meer inligting oor deelname aan die straatparade wil hê, kan vir Gordi Smit by die Munisipaliteit by (044) 606-5089 bel of per e-pos by bsmit@mosselbay.gov.za kontak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *