Honde op Strande

Tye en Gebiede waar honde, op onder andere, die volgende strande, onder streng voorwaardes toegelaat sal word:

Vanaf 1 Desember tot 31 Januarie 2015 – 5:00 tot 8:00, en
18:00 tot 20:00

– By Hartenbos – tussen die Riviermond en Klein Brak
– Diaz strand – tussen die Mond en Bayview
– Klein Brak – ( blou vlag strand uitgesluit)
– Reebok en Tergniet
– Dana Baai – tussen Eerste en Tweede Strand
-Santos – slegs tydens die Diaz Fees se honde loop

Vanaf 1 Februarie tot 30 November – 6:00 tot 20:00 mag honde op die bo-genoemde strande saam met hulle eienaars wees.

Die volgende streng voorwaardes sal geld en toegepas word:
– Honde moet te alle tye onder streng beheer wees.
– Honde moet aan ‘n leiband wees.
– Honde mag nie ander se pret bedreig nie.
– Kwaai honde moet gemuilband word.
– Persone sonder honde kry voorkeur op loopweg.
– Honde ontlasting moet dadelik verwyder word en in ‘n geskikte vuilgoeddrom geplaas word.
– Tewe op hitte word nie op publieke strande toegelaat nie.
– Gehoorsaam te alle tye publieke strand area kennisgewings.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *