Kos vir die siel – Vooroordeel


Die dag begin in absolute chaos, soos net ‘n Maandagoggend – na ‘n naweek van gaste op gaste, skottelgoed wat ophoop, ‘n berg wasgoed ens – kan lyk as die huiswerker nie opdaag nie.  Die skoonmaakdienste kom twee uur te laat hier aangejaag met ‘n windverwaaide meisietjie wat lyk of jy haar met ;n veer kan omtik, as plaasvervanger.  My eerste indruk is dat sy lyk asof sy dringend in ‘n hospitaal moet kom vir behandeling, of dat sy dalk pas uit een ontslaan is.   “Sy gaan jou uit die verknorsing kom help” kondig ‘Skoonmaakdiens’ teatraal aan!  My mond val oop!  EK HET HULP NODIG – EK SOEK NIE IEMAND WAT MY HULP NODIG HET NIE!  Waarmee sal sy my kan help!?!

Uiters onwillig en wantrouig, neem ek haar die huis binne.  Sy laat haar oe oor die chaos gly ….staan en mompel iets by haarself en spring aan die werk!  Haar vaardige hande vat raak… sy begin organiseer….skuif hier….druk daar….vang so nou en dan my oog …. se vir my wat moet verander om die werk-vloei in die kombuis te  verbeter…

Twee ure later sit ons elkeen met ‘n koppie tee in ‘n silwerskoon, nuut-geordende huis….. en sy vertel my haar lewensverhaal.

Op 18 is sy oorsee om bejaardes te gaan versorg.  Op pad werk, word sy een oggend getref deur ‘n voortsnellende motor.  Sy word na ‘n paar dae, duidelik te gou, ontslaan uit die hospitaal en le drie dae in ‘n koma in haar “bejaarde pasient” se huis, onder die indruk dat sy net harsingskudding het.

‘n Paar weke later, verloor sy haar balans en val by ‘n stel trappe af.  Sy doen skedelbreuk en breinskade op en le vir weke in die hospitaal sonder dat enige van haar familie weet wat van haar geword het.  Nogtans gaan sy nie le nie en veg sy verbete terug totdat sy weer kan gaan werk – steeds in die vreemde  –  Sy dwaal soms vir dae rond sonder kos of blyplek, op soek na werk.  Na nog ‘n paar maande van bejaardes versorg besluit sy uiteindelik om terug te kom na haar land en haar eie bejaarde ouers te kom versorg.

SY VERSTOM MY MET HAAR GELOOF:  Ons het net kos en klere en blyplek nodig, en God sal dit voorsien, soos hy dit nog altyd aan haar voorsien het………

SY VERSTOM MY MET HAAR WERKYWER:  dit lyk asof sy net nooit moeg word nie.  Haar oe sak net dieper weg in hulle kaste terwyl sy heen en weer skarrel soos ‘n mier ……

SY VERSTOM MY MET HAAR INSIG EN LOGIKA:  terwyl sy alles om haar organiseer en orden met ‘n spesifieke doel………

SY VERSTOM MY MET HAAR SAGTHEID:  Haar motto is om lyding te verlig en vreugde in ander se lewens te bring, oral waar sy nood raaksien want ons het almal ‘n keuse om ‘n Barmhartige Samaritaan te wees wanneer die geleentheid hom voordoen ……..

SY VERSTOM MY MET HAAR GEWILLIGHEID:  as sy vra of sy maar more weer kan kom want sy is nog nie tevrede dat alles is soos wat sy dit wil he nie….

Ja, sy het wel breinskade opgedoen, dit het ek dadelik geweet uit my ondervinding van jare  se werk met verstandelik ingeperkte persone.  Ja sy tree anders op as ander mense.  Ja sy redeneer soms vreemd.  MAAR  ek leer so baie by haar….  sy begeester my met haar werkywer…  sy laat my die klein dingetjies in die lewe raaksien en waardeer omdat sy met so min tevrede is ….. sy maak my skaam omdat ek so maklik tou opgooi want vir haar is niks te veel gevra nie……..SY VERRYK MY LEWE ONEINDIG BAIE!!!!

DON’T JUDGE THE BOOK BY IT’S COVER ……….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *