KUSWERKERS KNAP TRAP BY HERSHAM OP

hershamtrappe15oct14

Van die mense wat betrokke was by die opknapping van die trap na die see by Hersham is, van links na regs,
is J Bruintjies (Departement van Omgewingsake), L Phetha (Eden Distriksmunisipaliteit), M P Mtati (Work-for-the Coast),
T Maduna (Work-for-the Coast) en C Claassen van die Mosselbaaise Munisipaliteit).

Mense wat by Hersham na die strand wil gaan, kan nou danksy die Working-for-the-Coast program, gebruik maak van ‘n feitlik splinternuwe trap.

Dié instansie, wat ‘n ondersteunende funksie aan die Munisipaliteit verrig, het die trap, wat ongeveer 200 meter lank is, pas oorgedoen teen ‘n koste van R350 000.

Die Working-for-the-Coast-program is ‘n Uitgebreide Openbare Werke Program wat hoofsaaklik gemik is op die skoonhou van strande, die kuslyn en ablusieblokke, maar die Munisipaliteit ook help met ander funksies, insluitend die vervanging van infrastruktuur. Die totale koste van die program is ongeveer R5 miljoen oor ‘n tydperk van twee jaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *