Mosselbaai Bo!

Foto

Mosselbaai Gholfklub se liga-spanne het vanjaar besonder goed presteer. Ons B-liga- en C-liga-spanne het Saterdag 8 November 2014 op George in die Suidkaap-finale teen onderskeidelik Fancourt en Riversdale gespeel. Ons B-span onder leiding van Johan Strauss het skitterend in die oggend se beurtspelle gevaar en loop met 2.5 wedstryde teenoor 0.5 voor met die aanvang van die middag se enkelspelle.Daar was egter nie keer aan die Mosselbaaiers nie en Fancourt kon slegs 0.5 wedstryde van die 6 enkelspelle kry. Mosselbaai seëvier met 8 wedstryde teen 1.

Die C-span van Noël Domingo het met ‘n sterk gemotiveerde span van Riversdal te doen gekry. Mosselbaai kon die oggend se beurtspelle met 2.5 wedstryde teenoor 1.5 wedstryde in die sakkie bêre. Die middag se enkelspelle het taai verloop, maar die Mosselbaai-span het te veel skietgoed gehad en wen 5 van die 8 enkelspelle en verseker om as kampioen gekroon te word met 7.5 wedstryde teenoor Riversdal se 4.5 wedstryde. Mosselbaai Gholfklub wil nie net sy hartlike gelukwense aan die spanne gee nie, maar ook dankie sê aan al die spelers vir al die opoffering om Mosselbaai in die liga te verteenwoordig het.

Met die vakansie-seisoen net om die draai is Mosselbaai Gholfklub slaggereed om die vakansie-gangers te verseker van ‘n heerlike gholf-vakansie. Die baan is pragtig en ure se lekker gholfspeel is vir ‘n ieder en elk in die vooruitsig. •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *