Mosselbaai Kers Kunsmark

mosselbaai-kers-kunsmark

Die 9de Mosselbaai Kers-kunsmark vind plaas van 17-19 Desember 2013 in die Mosselbaai-suid NG Kerksaal, h/v 15de en 

17de Laan, Mosselbaai en is elke dag oop van 08:00-18:00.

Die gewilde mark is soos elke jaar ‘n paradys van unieke hand gemaakte geskenke en produkte o.a. naald-,leer-,krale- en hout werk, draad en herwinnings produkte, klere, gebak en lekkers, juwele, boeke, kinderspeelgoed en artikels, kramiek, mosaïek, snuisterye en vele meer wat u beslis nie in winkels te koop kry nie.

Die Kenani Dienssentrum verkoop heerlike eet- en drinkgoed.

Heerlike musiek gaan almal in die regte vakansie-stemming bring.

NUUT: ‘n Potjieskos kompetisie word gehou op Woensdag ,18 Desember en daar is groot pryse om te wen.
Hierdie is ‘n heerlike plattelandse Vakansie-ervaring by die see !!

So bring die familie en vriende en geniet dit saam; terwyl u Kers-inkopies doen.

Vir inligting/stalletjies kontak : Cecile by 082 2243 865 ” •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *