PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK

Waldo en Scruffy

Naam en Van?
Waldo Bester.

U huidige beroep?
Professionele honde “groomer”.

Wat motiveer jou?
Die omgee en belangstelling van my familie en vriende.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Musiek.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Om ‘n tattoo te kry.

Watter “nuttelose” talent het jy waarvan niemand weet nie?
Gedigte skryf en teken.

As jy n persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Sou geen ander werk wou doen nie.
Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
Toe ek genooi was na ‘n byeenkoms en ek by ‘n verkeerde huis ingestap het. Die mense daar was meer verbaas as ek! En toe hulle my vra waar ek moet wees, kon ek hulle nie ‘n antwoord gee nie. Gelukkig het ek later by die regte huis opgedaag.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Spaar vir kos en elektrisiteit sodat ek al die pensionarisse se honde verniet kan doen.

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
My lisensie en my foon nie.

Jou gunsteling restaurant en gereg?
Enige restaurant waar ek lekker kan eet.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sal jy wees?
Dat almal hulle honde sou borsel tussen in “grooming sessions”.
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek het in Mosselbaai groot geword en was in Hoërskool Punt waar ek gematrikuleer het. Ons het Kaap toe verhuis waar ek my bekwaam het as ‘n professionele honde “groomer”. Na 5 jaar het ek besluit om terug te kom Mosselbaai toe om my eie honde salon te open.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van Mosselbaai?
Onthou dat jou hond gereeld geborsel moet word om “koeke” in die hare te voorkom en ook dat hulle gereeld “gegroom” moet word. “Your dog groomer must be your dog’s next best friend”.

Kontakbesonderhede:
Naam: Dogmatrix Dog Parlour.
Tel:071 709 7903.
Web:www.facebook.com/dogparlour 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *