Proe – Brocolli Pasta Gereg

(Genoeg vir 4 persone)
300 g noedels
15 ml olie
125 g spek
1 ui, gekap
350 g gestoomde broccoli (moet nog ferm wees)
250 ml room
2 eiers, geklits
250 ml bevrore ertjies
125 ml gerasperde Cheddarkaas vir in die gereg
125 ml gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te
strooi

Metode:
Verhit die oond tot 180°C.

Kook die pasta, nie te sag, dreineer en gooi terug in kastrol.

Verhit die olie en braai die spek en uie tot ligbuin.
Voeg die gestoomde broccoli, ertjies, spek, uie en helfte van die kaas by die pasta.

Geur en meng liggies deur.

Klits die room en eiers saam.

Skep die pasta-mengsel in ‘n oondskottel.

Gooi die eiermengsel oor en sprinkel die res van die kaas bo-oor.

Bak vir 20 min. tot goudkleurig.•

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *