Sop Kombuis

Sop Kombuis

Die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, het verlede week nog twee sopkombuise, in onderskeidelik Alhoffrylaan en Taylorstraat, D’Almeida, geopen. Op die foto by die sopkombuis in Taylorstraat verskyn, van links na regs, Raadsdame Ferreira, me Rachel Pietersen (vrywilliger), me Annie Saayman en mnr George October, Wyksraadslid. Dit het die getal sopkombuise wat die Munisipaliteit as deel van sy armoedeverligtingsprogram tot stand gebring het nou op twintig te staan gebring. Die Munisipaliteit ondersteun die fasiliteit met bestanddele en elektrisiteit. Die sopkombuise verskaf gereeld sop en brood aan behoeftige siek en bejaarde persone. Lede van die publiek wat die sopkombuise deur middel van bydraes wil ondersteun, kan me Valmé Makwak (telefoon (044) 606-5223) of me Haylene Claassen (telefoon (044) 606-5228) by die Munisipaliteit kontak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *