TOTAL/STEERS GROOTBRAK

OPGRADERING VAN BESIGHEID: TYDELIKE SLUITING

Vanweë volgehoue groei in ons besigheid die afgelope tien jaar, is daar besluit om die fasiliteite by Total Groot Brak op te gradeer en uit te brei. Die grootste deel van die projek is dat die huidige vyf ondergrondse tenks vervang word met sewe. Die Departement van Energie hou in ’n sentrale register aantekening van alle ondergrondse brandstoftenks, en nadat ’n sekere tyd verloop het moet dit vervang word, al sou dit moontlik nog niks makeer nie. Daar is dus nie noodwendig fout met ons huidige tenks nie, maar dit moet op hierdie stadium vervang word. Verder word daar gehoop om die gebou te vergoot, sodat daar groter stoorruimte sal wees. Die huidige Steers word opgradeer na die nuwerwetse model waar die deurgee ruimte so verlaag word, dat wagtende kliënte als kan sien wat in die kombuis plaasvind. Dan hoop ons ook om in dieselfde tyd ’n baie klein weergawe van die Mugg & Bean On-The-Move konsep te laat installeer.

In die proses sal die voor-aansig van die gebou en rybaan ook opgradeer word na die nuwe kleure, soos wat meeste Totals op die Tuinroete al gedoen is. As al ons drome bewaarheid word, sal die ruimte agter die gebou, wat tans ’n redelike modderbad is tydens reën, geplavei word, sodat vragmotors sonder moeite sal kan draai. Onder die bestaande bome, al om die omtrek, sal parkeer- en ontspanningsplekke ingeruim word waar kliënte selfs van die wegneemdisse kan geniet.

Ongelukkig het dit tot gevolg dat die hele besigheid vir geruime tyd gesluit sal wees. Hiermee word al ons kliënte dus in kennis gestel dat geen handel gedryf sal word vanaf Maandag 6 Julie 2015 nie vir ongeveer drie maande, of tot verdere kennisgewing. Hou gerus hierdie koerant dop, almal sal deeglik voor die tyd kennis gegee word van die heropening van die New Look Total Groot Brak.

Enige ongerief wat dit vir u veroorsaak word, word betreur, maar ons het geen twyfel dat die projek op die lange duur vir almal ten beste sal uitwerk!!

Van Nico en Lallie en die Total, Bonjour en Steers Groot Brak span.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *