TUINMAAK MET LEANI

 

Februarie is die maand van liefde, soet geure en prag. Hoekom nie daai liefde, geure en prag oordra na jou tuin – ‘n geurtuin. ‘n Tuin moet al ons sintuie bevredig, maar ons dink dikwels net aan die visuele. Gevoel en reuk gaan dikwels hand aan hand; om ‘n blaar tussen jou vingers te vryf en ‘n reuk vry te stel. Daar is ‘n oneindige lys van geurplante en meeste blom in die warmer maande, maar dit is moontlik om elke maand van die jaar ‘n geurvolle tuin te hê.

Wat blom in Februarie? Iets vir die oog.

Begonia’s en Impatiens bied ‘n bietjie kleur vir die koelte area’s of potte op die stoep. Hanekam, Jakobregops en Lobelia’s bied kleur in vol son beddings. Rof gesaaide Kosmos is nie net ‘n mengelmoes van kleur nie, maar is ook perfekte snyblomme.

Meeste mense ken die Gaura as die Skoenlapperbos. Dis ‘n geharde, droogtebestande bossie wat oortrek word met of wit of pienk blommetjies, wat lyk of hulle dans in die wind. Die tyd van die jaar is Inka-lelies die onderwerp op elke tuinier se lippe. Dis pragtige snyblomme en hou lank in water.

Agapanthus spesies het beslis geen bekendstelling nodige nie. Almal ken die wit sneeuballe en die blou wolkies wat heen en weer swaai in die wind, maar dis nie die enigste spesies nie. Daar is klein Agapanthus spesies soos die Peter Pan en die bont blaar Tinkerbell, Black Panther and Agapanthus Africanus. Nog ‘n ou bekende is Dalhia’s. Ons almal onthou van ons kinderdae waar pragtige vet kleurvolle Dalhia’s Ouma se tuin verkleur het. Kniphofia Caulescens of Vuurpyle, tesaam met Watsonia’s pronk met hul warm blomme gekleur in rooi en oranje.

Struike is ook in volle swang in Februarie. Abelia’s bederf bytjies met hul klein wit geurvolle blommetjies. Duranta’s is bedek met trosse pers blomme en geel bessies. Terwyl Cupea’s spog met ‘n verskeidenheid van petite blommetjies. Soos altyd stel die Hibiscuses nie teleur en voel dit soos ‘n eiland met ‘n blom in die hare. Fushia’s strek hul lang arms waar blom ballerina’s aan hul vingerpunte dans in rokkies van pienk, pers en wit.

Tittelwyd ‘n bietjie jou reuk sintuig met ‘n Yesterday Today and Tomorrow se soet geurige pers en wit blomme. Maar moenie vergeet van die Buddleja Davidii met sy trosse pers blomme of van die Dianthus, met hul sagte kleure en geure. Die Katjiepiering, Frangipani en Jasmyn het ‘n betowerende reuk, terwyl lavender en mint ‘n sommer vars reuk het.. Daar is niks so onstpannend soos ‘n lieflike reuk wat in die lug hang nie.

Leani Kwekery 044 620 2565 – Hoek van die ou Mosselbaaipad (R102

 

Untitled-2

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *