Tuinmaak met Leani – Inheems is die Toekoms

Meer en meer mense begin om inheemse plante aan te plant. Die mees bekendste inheemse plante in ons area is fynbos en is ‘n skouspel van blomme in die winter.

Dit maak nie saak waar jy woon of hoe beperk jou spasie is nie, jy sal beslis ‘n inheemse plantjie kry wat vir jou sal werk. Inheemse plante is spesifiek aangepas tot ‘n area, grondtipe en klimaat. Die wonderlike ding is dat hulle ook kan aanpas in ander dele van die land.

Wanneer saailinge beskerm word in die vroeë stadium van ontwikkeling, in plaas daarvan om te veg vir oorlewing, sal hulle gewoonlik floreer in ‘n omgewing wat verskil van hul natuurlike habitat. Die Nasionale Botaniese Vereniging van Suid-Afrika bied advies en inligting aan die publiek oor inheemse plante wat tot voordeel is vir enige tuin entoesias.
Daar is streng wetgewing aangaande inheemse plant spesies, onderandere dat dit onder geen omstandighede uit die natuur verwyder mag word nie, selfs die sny van hul blomme en vang van hul saad is teen die wet. Plante op privaat grond mag slegs verwyder word met die eienaar se toestemming. Meeste inheemse spesies is beskermd en die ontwrigting daarvan verbied. Dieselfde reëls geld vir die saailinge. Wanneer jy ‘n saailing wil verwyder, moet jy ekstra versigtig wees om nie die wortels te beskadig nie. Dit word voorgestel om eers die plant water te gee, om so doende die grond sagter te maak. Die volgende wenk is om genoeg van die plandjie se eie grond saam met hom uit te haal, dit verminder wortel skade en help met hervestiging. Kenners beveel dit aan om die saailinge eers in ‘n pot te plant tot hy gevestig is en dan uit te plant. Moenie probeer om ‘n saailing hoër as 10cm te verwyder nie, op die stadium is die kans groot dat die wortelstelsel met verwydering beskadig kan word.

Inheemse plante kan van steggies af gegroei word, maar bied ‘n bietjie van ‘n uitdaging vir onervare tuiniere. Oorweeg dit eerder om gevestige plante by kwekery aan te koop. Plante van verskaffers soos Leani Kwekery het plante wat geselekteer is vir aanplanting wat beteken die spesies is geteel om makliker te groei en is ook meer skouspelagtig as hul wilde familielede.

Voor jy besluit om inheemse spesies aan te plant, doen eers navorsing oor byvoorbeeld die struik se volwasse hoogte, wydte, groeipatroon, water vereistes en grondtipe. As jy besluit om inheemse plante soos ons lieflike fynbos te plant, moenie gaan vir ‘n formele tuin uitleg nie. Inheemse plante bied beter voordele en maak ‘n mooier vertoning as dit op ‘n natuurlike wyse geplant word.

In die besige tyd wat ons leef is tyd ‘n groot faktor, daarom dis inheemse spesies die beste keuse aangesien dit feitlik onderhoudloos is.
Telefoon: 044 620 2565
Email: info@leani.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *