van die Redaksie

Redaksie

Een ding wat ek geleer het, maar nooit kon regkry nie, was om myself eerste te stel.

Dikwels is ons verwagtinge so onrealisties.

Ons probeer hard om iemand te wees wat “goed genoeg” is vir ander.
– Goed genoeg vir jou man.
– ‘n Goeie ma vir jou kinders.
– ‘n Goeie vriendin.
– Goed genoeg vir familie en vriende.
– Goed genoeg om al die uitdagings wat elke dag stel, te hanteer.

Jy wil almal tevrede stel, in so ‘n mate, dat jy heeltemal van jouself vergeet.
Later glo jy jy kan niks meer doen sonder om iemand se goedkeuring te kry nie.

Maar voor jy jouself kan vind, moet jy eers losmaak en laat gaan.
Neem soms jou eie besluite, glo in jouself en hou daarby.

So preek ek vir my patetiese en verlore vriendin na haar egskeiding.
Wat ‘n verrassing toe sy my so ‘n tyd later baie trots, haar “oorwinning” kom wys.
Sy het vir haarself ‘n kar gekoop – een van háár keuse, háár kleur, háár geld !!

Sy het opgestaan en besef sy kan, sy was nie meer bang, maar het agtergekom sy was eintlik baie sterker is as wat sy ooit kon droom ….en hoe trots was sy nie op dit wat sy vermag het nie?

Is jy daar ?
Jy kan ook opstaan … glo dit net !

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *