van die Redaksie – 19 Julie 2013

van die Redaksie

Happy B-day Bert !!!
Thank you for your dedication, initiatives and hard work.

May Mossview under your very capable guidance and leadership grow from strength to strength in the years to come.

Ai, ‘n lewe kan tog so goedkoop en so kort wees.
Whitey was ons koerant afleweraar. ‘n Regte “straatsitter”, maar onder streng toesig, het hy homself uitmuntend van sy taak gekwyt – of dit aflewering of tuinwerk was.
Donderdae sit hy al op die sypaadjie en wag vir die Mossview. Toe verlede Vrydagoggend was Whitey net nie daar…die boodskap, “Whitey is die vorige aand vermoor”.
“Ons sal jou mis…daarby kon niemand ‘n graaf swaai soos jy!! – RIP”.

Met die skoolvakansie iets van die verlede, wens ons ons leerders en leerkragte voorspoed toe vir die tweede helfte van die jaar.
Daarby is al wat ‘n vrieskas is seker vol wildsvleis, biltong en droëwors, want as jy maar hoor, is daar mense oppad of terug, na ‘n jagnaweek. ‘n Groot lekkerte die tyd van die jaar.

Ander groot nuus .…

Mossview is nou ook op die internet beskikbaar -besoek ons gerus by http://mossview.co.za en kom kuier vir ons op Facebook.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *