van die Redaksie – 30 Januarie 2015

JULIE RETIEF

Moet sê, dis darem lekker om weer “ons” dorp, die see, parkeerplek en stilte vir onsself te hê – ja, ook die verkeer is nou weer ‘n plesier.

 

Nee, ek is beslis nie teen die vakansiegangers nie – inteendeel… die vrolike atmosfeer is uiters aansteeklik.

 

Dis net dat ek as “inkommer” soo.. vinnig bederf het.
Minder gejaag, beter dienslewering, beter verkeerbeheer (ja, al is hulle nie in Mosselbaai omkoopbaar nie), oor die algemeen vriendeliker mense en diens (al dink van die vakansiegangers ook nie so nie), ‘n skoner omgewing en sypaadjies, want net alles word goed beheer en onderhou.

 

Daar word selfs elke nou en dan swartsakke vir vullisverwydering afgelewer, en stakings … die uitsondering.
Selfs die pad na Knysna is minder van ‘n frustrasie (spoedkameras ten spyt).

 

Al is die geleenthede en geld hier in die Suid-Kaap minder, en al vat dit langer om naam te maak en mense te oortuig en te oorreed, vir ook ‘n plekkie en geleentheid by die see, is vasbyt die antwoord en die moeite werd.

 

Geseënd is die van ons wat kan uithou en aanhou om dit alles te kan geniet …. alles dinge wat ons nederig en op die knieë hou.

 

Van geniet gepraat…Feestyd in Mosselbaai hou mos nooit op, en dis weer tyd vir die Diasfees.
(Sien indrukwekkende feesprogram elders – Beslis iets vir almal om te geniet en daarby alles feitlik GRATIS.)

 

See, son, wind…en vasbyt!!

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *