van die Redaksie

JULIE RETIEF

Waarvoor is jy bang?

‘n Eenvoudige vraag, maar elkeen van ons het ‘n verskillende vrees – spinnekoppe, vliegtuie, hysbak ry, die see, die donker, donderweer, honde en so gaan dit aan.
Maar die een wat my bybly was toe iemand antwoord: “…my verlede “ .

Dadelik dink ek aan die gesegde: “Moenie dat die verlede die toekoms gevange hou nie”.

Wie van ons het nie geraamtes in die kas nie?
Dinge wat by ons spook – al slaap jy, al bid jy, dinge wat dikwels met haat, bitterheid en spyt gepaard gaan.

Jy kan nooit van die verlede ontslae raak nie, maar jy kan dit vergeet !

Al wanneer dit ‘n houvas op jou het, is wanneer jy dit toelaat.
Die ewige gestoei met die verlede steel net jou energie, laat jou moeg, uitgeput en sonder hoop.

“Change your attitude and gain some altitude. Believe me, you’ll love it up here”.
(Donald Trump)

Julie Retief •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *