van die Redaksie

Redaksie

‘n Paar dae gelede hoor ek ‘n groep mans gesels en kon ek nie help om lekker te lag toe die een vertel hy gaan vir die volgende 365 plus dae “boet” omdat hy Moedersdag, Sondag die 11 de Mei vergeet het nie. Hy noem toe ook, dat as hy nou by alles dit sal waag om hulle troudag-herdenking en sy vrou se verjaardag, wat binnekort opkom, sou vergeet, dit sekerlik ‘n lewensvonnis gaan beteken.

Hy het probeer wegkom met, “ …. Maar vrou, elke dag is vir ons (ek en die kinders) Moedersdag” – maar nee, dit was toe nie ‘n aanvaarbare verskoning nie en blykbaar dink die winkels, bloemistes en restaurant ook nie so nie.

Die ergste vir hom was dat hy “namens die kinders” iets moes beplan, want dis mos hulle moeder.
Ek wil toe vir hom sê, pa jy hoef nie, – inisieer dit net en gee leiding. As jy daaroor opgewonde klink, sal die kinders ook, en die res sal hulle self uitdink en doen. Ja, selfs al verkies hulle om eerder op hulle louere voor die TV te lê.

Dit hoef regtig nie iets duur te wees nie – ons vrouens is sentimentele wesens en enige fisiese gebaar sal ons hartsnare raak, of dit nou ‘n selfgemaakte kaartjie, blommetjie uit die tuin, of ‘n piekniek in die tuin is. (Natuurlik met kos deur “die kinders” verskaf.)
Enigiets – moet asseblief net nie niks doen nie !!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *