Vasbyt – Maak die regte keuses: Wiskunde of Wiskundige geletterdheid

Ons het alreeds in hierdie artikels gemerk dat verskillende aspekte ‘n rol speel in jou prestasie – dit mag wees in akademie, sport musiek ens. Verder het ons gesien dat mense nie volgens hulle potensiaal presteer nie, probleme ondervind om hulle drome te verwesenlik en nie hulle potensiaal bereik nie omdat hulle verkeerde keuses maak in die lewe.
Dit is belangrik om daarom self ondersoek in te stel en vas te stel wat die oorsaak is dat jy nie jou loopbaandoel kan bereik nie. Dit is belangrik dat jyself met jou ouers se hulp ondersoek. Stel ondersoek in na die oorsake van jou probleme en moenie van jou ouers verwag om alleen jou probleme op te los nie. Jou ouers kan jou help, maar dit is jy wat met die keuses moet saamleef en daarom moet jyself betrokke wees in die oplossing van jou probleme.
Ouers van Graad 9 leerders julle kan julle kind ondersteun, maar dit is belangrik dat die kind self ondersoek instel na sy probleme anders sal die kind, selfs as volwassene, nie verantwoordelikheid vir sy/haar dade neem nie. ‘n Tipiese voorbeeld van iemand wat nooit verantwoordelikheid vir sy dade geneem het nie, is bv iemand wat geneig is om te sê ek het ‘n swak onderwyser in daardie vak gehad, hulle word volwassenes wat selfs op hulle ou dae ander blameer vir hulle probleme of foute. Ek weet van leerders wat nie ‘n Natuur-en Skeikunde onderwyser gehad het vir matriek nie, hulle het toe self die fasiliteerder se handleiding bekom en die studie-eenhede onder mekaar verdeel en vir mekaar die werk verduidelik. Hierdie groep jongelinge het almal die vak in Graad 12 geslaag en ‘n paar van hulle het dit met onderskeiding geslaag.
Redes waarom sommige mense nie hulle ideale beroepskeuse kan hê nie, kan wees:
a) Verkeerde skoolvakke
b) Onderprestasie
c) Ongemotiveerde houding en nie lus om doelgerig te studeer nie
d) Verkeerde studie tegnieke
e) Glo nie in jouself nie
f) Gooi tou op sodra jy ‘n struikelblok teekom en wil nie verder probeer nie.
g) Let nie op in die klas nie (skryf briefies, spot die opvoeder, ens)
In die vorige uitgawe waar ons gesien het “no man is an island…” nie, het ons gemerk dat omtrent alles en almal met wie jy in kontak kom in die lewe ‘n invloed op jou keuses uitoefen en dan so ook op jou prestasies.
Dit mag wees dat jy byvoorbeeld volgens Psigometriese Toetse (Aanleg toetse) ‘n aanleg vir Wiskunde het, maar nou doen jy swak en voel nie gemotiveerd om die vak se huiswerk te doen nie “want dit is te moeilik vir jou”. Nou skryf jy iemand anders wat goed doen se huiswerk af en glo dat jy in die Eksamen goed sal doen sodra jy daardie persoon se manier van doen uit jou kop gememoriseer het (“ek het mos ‘n goeie geheue”). Hierdie afskrywery veroorsaak nou dat jou kans om in Wiskunde beter te presteer al hoe kleiner word aangesien jy mos nou lekker met ander man se kallers ploeg”.
‘n Vak soos Wiskunde is soos ‘n muur wat jy bou. Indien jy die eerste laag stene (Graad 4 & 5 of 6 se werk bv breuke) met swak stene bou, gaan jou fondasie nie hou nie en voordat jy by die 3de laag stene (elke graad vorm ‘n laag stene) kom gaan jou muur begin omkantel en kan die muur nie verder regop staan nie. Deur af te skryf het jy (jy wat die aanleg vir die vak het) binne 3 jaar so min kennis opgedoen om Wiskunde behoorlik self te doen, dat jy nie na

Graad 8
Graad 9
Graad 10
Goed geboude Wiskunde Muur
Wiskunde Muur stort tydens Graad 9 ineen

Graad 9 Wiskunde kan neem nie, maar gedwing word om Wikunde Geletterdheid te neem.
Byvoorbeeld: Jy wou na skool studeer om ‘n Bemarker te word, maar nou kan jy nie! Jy het Wiskunde in Graad 12 nodig om na skool (op tersiêre vlak) ‘n kwalifikasie in Bemarking te studeer. Om aan te gaan met Wiskunde in Graad 12 word aanbeveel dat jy in Graad 9 ten minste 60% vir Wiskunde kry of Wiskunde met 7 slaag. Na Graad 9 is daar baie meer logika nodig om die vak te verstaan en toe te pas en minder geheuewerk.
Indien jy in Graad 9 agterkom jou standaard in Wiskunde is te laag is dit belangrik dat jy terugkeer na jou vorige boeke, met ander woorde dat jy na jou primere skool se boeke toe terug gaan en seker maak dat jy alles verstaan. Indien daar iets is wat jy nie verstaan en nie die oefeninge maklik kan doen nie, moet jy op daardie vlak begin om jou probleem uit te stryk. Nou moet jy oefeninge oor en oor doen totdat jy dit maklik kan verstaan en dan gaan jy aan na die volgende graad se boeke en volg dieselfde prosedure. So bou jy jou muur weer sterkter en kan jy dan moontlik in staat wees om met Wiskunde aan te gaan in graad 10.
Iets waarteen Prof Jonathan D Jansen (Rektor van UFS) meeste waasku is dat leerders Wiskunde los vir Wiskundige Geletterdheid in Graad 10. Moet asseblief nie Wiskunde los vir Wiskunde Geletterdheid nie, want jy kan moontlik sekere beroepsrigtings se deure vir jouself toemaak. ‘n Slaag in Wiskunde (= 40%) is vir die Universiteite en Tegnologiese Universiteite meer werd as wanneer jy 60% of selfs 70% kry in Wiskundige Geletterdheid.
Onthou asb, soos voorheen genoem,
a) indien jy enige plek vanaf graad 9 (vir graad 10) verkeerde keuses maak, sal dit die pad na die beroepsveld waarin jy die beste pas, toemaak.
b) Wees versigtig met jou Keuses: Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid.
c) Indien jy ‘n verkeerde keuse maak sal jy ‘n jaar of 2 eers op ‘n NQF vlak 5 ‘n kursus moet neem (NQF vlak 5 is jaarkursusse na Graad 12 met 120 krediete) wat die vakke insluit wat jy benodig voordat jy jou gekose beroepsrigting kan begin studeer.
Jy kan hulp kry by die skrywer van hierdie artikel Sien advertensie hierby vir kontakbesonderhede.
Ons sal met die volgende uitgawe kyk na hoe jy kan studeer sodat jy nie onderpresteer nie. Julle kan my ook kontak vir ‘n studiemetode kursus sodat jy gereed is vir die volgende kwartaal/semester om jou punte te verbeter.

Rina Kotze 082 785 0126 •

Rina Kotze

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *