Vasbyt – Rina Kotze

(Short term sacrifice for long term gain. Jane Downes, 2007)
Indien jy die opskrif van hierdie artikel lees sal jy heel moontlik wonder waaroor hierdie nuwe artikel wat in die Mossview verskyn nou eintlik gaan handel. Kan dit oor visvang wees? Nee, ongelukkig nie! Indien jy ‘n ywerige Visserman is, in jou beroep of dit doen as stokperdjie, moet nie nou ophou lees en sê “ag dit is nie vir my nie”, want daar is veel meer in die lewe as om letterlik vis te vang. Die doel van hierdie skrywe is om vandag te begin besef dat die lewe oor meer gaan as net ‘n vis te koop of te ontvang van iemand, maar om jou lewe lank gevoed te word as jy honger het deur jouself te bemagtig om self die vis te kan vang.
Hieruit probeer ek vra:
Waarom gebeur dit dat so baie van ons (miskien jyself en mense rondom jou)
• ongelukkig is in die beroep wat ons volg
• nie ons drome bereik nie
• leerders en studente nie hul potensiaal bereik nie en selfs druip, terwyl ons weet hulle kan beter doen. Studente kan enigeen wees wat vir een of ander kursus ingeskryf is, maak nie saak wat jou ouderdom is nie.
Die antwoord kan heel eenvoudig wees:
Eerstens neem leerders op skool verkeerde vakke wat nie by hulle persoonlikheid pas nie. Hulle doen dit omdat hulle vakke neem wat hulle vriende neem, of bang is om by ‘n spesifieke onderwyser klas te kry. Redes kan legio wees, maar die uiteinde is hartseer – die leerders wat verkeerde vakke neem verloor hulle doel en maak deure toe sodat hulle nie die korrekte beroep kan volg nie. Op die wyse volg hulle as volwassenes ‘n beroep wat nie by hulle pas nie.
Tweedens voel leerders ongemotiveerd om te studeer en leer nooit die korrekte studiemetodes aan nie.
Derdens sien ons soveel van hierdie volwassenes (jyself,familie of vriende wat jy ken) wat erg ongelukkig is in hulle beroep, want daar was ‘n struikelblok in die pad wat verhoed het dat hulle die groot droom in hulle lewe verwesenlik.
Hierdie raak ‘n bose sirkel, want ons weet nie hoe om dit te verander of hoe om ons kinders (vandag se leerders) te help om uit hierdie sirkel los te breek nie. Vandag is daar ‘n belofte dat hierdie sirkel gebreek kan word.
Vir ‘n paar weke sal daar soortgelyke artikels in Mossview verskyn om aan jou te wys wat om te doen om hierdie sirkel te breek. In Mossview sal ons kyk na keuses wat ons maak en wat ‘n groot invloed op ons lewe uitoefen. Ons sal kyk na sake soos:
a) Kies die regte skoolvakke in graad 9
b) Kies om te leer om reg te studeer sodat jy onthou wat jy geleer het en jou potensiaal bereik
c) Maak die regte beroepskeuse
d) Maak keuses om jou loopbaanpad te verander.
Mev Rina Kotze, ‘n Bedryfsielkundige wat nou na Hartenbos verhuis het, gebruik tans haar ervaring wat sy in meer as 10 jaar as Skoolvoorligter en 5 jaar as Studente Voorligter by Unisa opgedoen het om ons mense in die Eden Distrik te help. Dit mag enige persoon wees (volwassene of leerder) wat hulp met bogenoemde benodig. Sien advertensie hierby vir kontakbesonderhede.

•Rina Kotze – Bedryfsielkundige (Beroepsvoorligting/Vakkeuses)
082 785 0126

Rina Kotze

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *