VASBYT – Te veel beroepe, hoe kies ek?

Ons het reeds genoem dat dit belangrik is om meer van beroep uit te vind voordat jy besluit wat jy wil studeer. Ons voel meestal verward as ons na die Biblioteek gaan en begin kyk na beroepe, daar is letterlik duisende beroepe. Daarom praat ons eerder van beroepsvelde, want beroepe kan elkeen in groepe verdeel word waarin hulle elk snus hul eie nessie vind.
Daar sal altyd die uitsonderings wees, net soos mense omdat ons elkeen uniek is. So kan jy beroepe kry wat oor meer as een beroepsveld strek, maar die grootste deel van daardie beroepe vind sy nis binne een van die spesifieke beroepsvelde. Ek dink nou byvoorbeeld hier aan ‘n beroepsveld wat ons almal ken, nl onderwys of soos dit deesdae genoem word opvoedkunde.
Baie studente glo dat hulle eers die Educare by ‘n FET Kollege kan doen en dan daarna na die Universiteit kan gaan om n Nagraadse Diploma in Gronslagfase te studeer. Let asseblief daarna op dat baie Universiteite dit nie so aanvaar nie, want jy moet ‘n volle Senior Sertifikaat kwalifikasie met Universeitstoelating hê om die volgende kursus op Universiteit te doen.
Verder in die Opvoedkunde of Onderwys kry ons dan ook spesialisrigtings, soos byvoorbeeld jou Remediërenede Onderwysers, wat na hulle eerste BEd graad verder studeer om leerders te kan help met spesifieke probleme
Opvoedkundige Sielkundiges val ook onder Opvoedkunde en word aanbeveel om seker te maak dat hulle in hulle BEd kwalifikasie Sielkunde as een van hulle hoofvakke neem. Hulle kan ook bv ‘n BA of ander kwalifikasie neem, maar dan moet hulle Sielkunde en nog ander vakke wat hulle op skool vir die leerders kan aanbied neem. Daarna moet hulle 60% in Sielkunde behaal om dan daarna ‘n Honneurs in Voorligting Sielkunde te doen en daarna aansoek doen vir keuring om ‘n Meestersgraad in Opvoedkundige Sielkunde te studeer. Let daarna op dat Sielkunde studente baie statistiek in hulle kursus doen en baie universiteite verkies dat ‘n student Wiskunde en NIE Wiskundige Geletterdheid neem op skool nie. Sonder Wiskunde kan jy baie sukkel in jou kursus.
Senior-en FET Opvoeders spesialiseer almal in die vakgebied wat hulle vir leerders vanaf graad 1- to graad 12 aanbied. So moet ‘n Wiskunde Onderwyser dus ‘n ekspert wees in Wiskunde en sal sy/haar kursus Wiskundige vakke insluit.
Sodra hierdie onderwysers/opvoeders meer beweeg na vlakke waar hulle in Bestuur gebruik word soos Skoolhoofde, Vakadviseers en Direkteure van Opvoedkunde, ens., moet hule begin om ekstra kursusse te doen wat in Bestuur spesialiseer. Hierdie kursusse word gewoonlik deur die Departement van Onderwys aangebied.
Ons het nou gekyk na die ‘n paar van die kursusse wat in die Opvoedkundige rigtings studeer kan word. Hierdie kursusse help jou nou om in die beroepsveld van Opvoedkunde ‘n sekere pos te beklee. As voorbeeld: as jy ‘n pos beklee is jy eers in ‘n Beroep binne die Opvoedkunde nl. ‘n Graad R Opvoeder. Hierdie beroep van jou het sekere basiese dinge wat van jou as Graad R opvoeder verwag word, maar daar is sekere pligte wat jy ook doen wat verskil van skool tot skool, hierdie is dus jou werk. Dit is met ander woorde die take wat jy elke dag doen om doeltreffend in jou pos as Graad R Opvoeder by een of ander skool te wees.
Soos julle nou kan sien word daar verwys na verskillende aspekte: In die Beroepsveld Opvoedkunde is jou Beroep ‘n Opvoeder/Onderwyser en jou Pos is dan die benaming van jou pos by ‘n spesifieke skool is (soos Senior Graad R Opvoeder) en dan het jy sekere pligte wat daaraan verbonde is.
Voordat jy dus besluit om ‘n opvoedkundige te word, is dit belngrik om eers ‘n studie te doen van die werk/ pligte wat mense in die spesifieke beroep het en seker te maak of dit regtig is waarin jy belangstel en of jy byvoorbeeld die heeldag met kinders op graad R vlak sal kan werk – sal dit by jou persoonlikheid pas.
Indien jy meer navosring oor beroepe wil doen kan jy op internet na O-Net of PACE se webwerwe gaa. Hier vind jy nie net ‘n ontleding van die beroepe nie, maar ook ‘n uiteensetting van wat jou aanleg, belangstelling en persoonlikheid moet wees om hierdie beroepe te beoefen.
Indien jy steeds probleme ondervind nadat jy ‘n intensiewe studie van die beroep gemaak het en moontlik ook vir ‘n week lank personeellede kon “shadow”, kan jy enige tyd ‘n Professionele persoon kontak om leiding in die verband te gee. Hulle maak gewoonlik aanbevelings nadat hulle met jou in gesprek getree het na die evaluerings – so ‘n gesprek kan ongeveer een uur lank wees.
Jy kan hulp kry by die skrywer van hierdie artikel Sien advertensie hierby vir kontakbesonderhede.
Indien julle enige vrae het wat julle voel julle wil hê dat ek dit hier moet behandel kan julle vir my vrae stuur sodat ek daaroor kan skryf. Indien daar geen vrae is nie sal ons sal met die volgende uitgawe kyk na hoe jy kan studeer sodat jy nie onderpresteer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *