MOSSELBAAI TUINBOUKLUB

article-pic

MOSSELBAAI TUINBOUKLUB …kuier in Hoekwil
Mosselbaai Tuinbouklub het op Donderdag 8 September die wonderlike voorreg gehad om op die plaas Avontuur van Andre en Dalene Strauss in Hoekwil ons vergadering te hou.
Hoekwil is sekerlik een van die goed bewaarde juwele van die Tuinroete. Met ‘n pragtige uitsig oor die die see, dam en berg is Hoekwil so naby aan die paradys as wat jy sal kry. Hierdie klein dorpie is vol kleurvolle plaaslike mense en bied wonderlike dinge om te verken, Dit bestaan hoofsaaklik uit ‘n kerk, ‘n poskantoor, twee winkels, 2 koffie winkels en ‘n skool. Paar geskiedkundig feite: Hoekwil het aan die einde van die negentiende eeu toe baie van die Afrikaanse mense in Suid-Afrika werklik swaargekry het ontstaan, as gevolg van verskeie redes was hulle vasgevang in die greep van armoede en isolasie. Bestaansboerdery, visvang in die mere area en die oes van die inheemse hout was hul vernaamste bronne van inkomste. Soos in baie ander dele van ons land, was die Kerk bekommerd oor die haglike lewensomstandighede van die mense. Die gekombineerde ingrypings van die NG Kerk en die Staat was onvermydelik. Dit was in daardie tyd (1912-1923), wat ds. Jan Andries Beyers aktief betrokke geraak het om die lewens van baie mense te verbeter. Die vestiging van ‘n kerk nedersetting by Olifantshoek waar sowat 25 families geakkommodeer is , is ‘n monument van sy liefde en toewyding teenoor die armstes van die armes van sy volk.
article-pic-3
Dalene Strauss van die Hoekwil Tuinbouklub het ons baie hartlik ontvang en deur haar tuin geneem na area waar ons vergadering gehou het. Die gelukkige trekking is
gedoen en deur Marietjie Gertenbach enThora van der Merwe gewen. Daarna vertel Dalene ons meer oor die uitleg van haar tuin en die geskiedenis van Hoekwil. Die plaas Avontuur is 29 hektaar groot en die Strausse boer al 12 jaar hier. Wat eers begin het as beesboedery 12 jaar terug het later plaas geword met 400 olyfbome, 1000 makadamia bome en twee jaar gelede het hulle ook hanepoot druiwe aangeplant wat nie suksesvol was nie. Andre beplan om ook nou grenadillas aan te plant in die kloof.
Dalene wat voorheen in Ermelo ‘n kleinhandel tuinbesigheid gehad het se fenominale kennis van plante kan in die pragtuin gesien word. Haar pragtige tuin het verskillende vlakke en interessante hoekies wat om water beplan is. Die wildlewe soos bosbokkies en ystervarke is nogal ‘n probleem maar die diertjies word toegelaat in die tuin en plante word maar net weer vervang. Nadat ons deur die tuin gestap het, het ons afgestap na die rivier waar daar ‘n pragtige piekniekarea is. Na die heerlike kuier het ons koffie en kaaskoek by die legendariese Skotteljons koffiewinkel gaan geniet.
Wat ‘n heerlike oggend!  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *