BLOU LIG – Dynamic Vision

Daar is die laaste paar jaar begin praat van sg. “Blue control coatings” op lense.
Die vraag is nou wat is dit en hoe raak dit my daaglikse lewe ?

Optometrie is steeds besig om te groei te midde in die nuwe tegnologiese era. Met selfone, tablette en LED rekenaarskerms aan die orde van die dag is dit natuurlik net reg dat dit moet gebeur.

Blou lig is teenwoordig in ons daaglikse omgewing binne sowel as buite die huis en werksomgewing. Blou lig word natuurlik geproduseer deur die wonderlike son wat deesdae hier in Mosselbaai maar skraal sy strale laat skyn. Dit word egter ook kunsmatig geproduseer deur flouresien ligte asook LED rekenaarskerms en selfoon en tabletskerms.

Die gevaar is egter nou dat die blou lig golwe diep tot in die retina penetreer. (Die retina is die agterste deel van die oog waar die optiese senuwee en Makula teenwoordig is.)

Daar word nou deur die wetenskap beweer en bewys dat blou lig een van die oorsake kan wees van die gevreesde oogsiekte, Ouderdoms verwante Makulêre degenerasie (AMD). Die oogsiekte is een van die grootste groeiende redes vir verlies van sig in die Westerse wêreld.

Dus vra ons gerus volgende keer om daardie Blou kontrole lagie op jou nuwe bril aan te bring, want niemand van ons kan die era van rekenaartegnologie keer nie !

Kontak ons gerus by: 044 692 0247

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *