Category: ADS

Mossel Bay Ads & Classifieds Volume 09, Edition 17 24 December 2021

Dr Cia Burger
Editorial; Blessed and joyful season
Pouching in Dana Bay; Crazy Grocer Bargain Store
Computer Problems; Mos-Mooi; Cape Tree; Du Plessis Audio
Building Plans; M&B Maintenance; Blue Water Solutions; Anvie Ventures
Bay Joinery; Helenas Blinds; Acacia, De vette Mossel; Sonja Slabbert; Tops Spar De Dekke
Summer Guide: Seeplaas
South Cape Plumbing; Eden Coffee; Anvie Ventures
Seeplaa; Ancor Vikings; Du Toit Motors
Foodz; The Pot
Dischem; ADT; Gouriqua Reserve; DoTerra Wellness; Mignon Smit
Rauch Gertenbach, Dana Bay property; CBS Electrical; MW Strydom
Free Classifieds
Weather; Tides, Sudoku; United Paints
Business Directory
Uprint

Stop 2 Shop in Dana Bay – 13 July 2018 Mossview insert

KINDERS OOR VEILIGHEID GELEER

daantjiek3jun15 daantjiekat2jun15

Die Mosselbaaise Munisipaliteit, tesame met onder meer die SA Polisiediens, die ACVV en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, het in die week van 25 Mei 2015 tot 2 Junie 2015 altesame 733 leerders by 22 kleuterskole bereik met ‘n spesiale program ter viering van Kinderbeskermingsweek.

Die tema van die week was Kinders is die Toekoms, en die program is by die kleuterskole vir leerders en ouers aangebied.

Die munisipale verkeersafdeling se bekende Daantjie Kat was weer ‘n hoogtepunt, en hy het op padveiligheid gefokus. Die Brandweer het klem gelê op wat gedoen moet word in die geval van brande. Die ACVV van Mosselbaai het deur middel van ‘n poppekas gefokus op seksuele misbruik.

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het spesifiek gefokus op die verantwoordelikhede van ouers ten einde kinders te beskerm. Die boodskap was dat die veiligheid van die gemeenskap se kinders elkeen se verantwoordelikheid is, en dat die gemeenskap mekaar se kinders moet beskerm.

Die noodnommers waarheen die publiek kan skakel oor veiligheidsituasies vir kinders is die Brandweer (112 (tolvry) of (044) 691-3722), die Polisie (10111), die ACVV Mosselbaai ((044) 691-1039), die Munisipaliteit ((044) 606-5000) of die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ((044) 690-3943.