Category: Van die Redaksie

van die Redaksie – 06 Nov 2015

Untitled-1

As daar tog net ‘n geheime resep vir geluk was … maar daar is nie !!

Besluit wat vir jou lekker is en doen dié dinge wat vir jou pret is en jou gelukkig maak.
Lag baie en moenie bang wees om te droom en ‘n kans te waag nie.

Opwindende nuwe speletjies en idees verskyn gereeld en ou idees word opgedollie om
eentonigheid te voorkom en mense te lok om deel te wees en deel te neem.

So ontvang ek ‘n foto van Lindi, absoluut bemors met die verf: “Moeks, ons en vriende het vanoggend die 5 km ‘Paint Run’ gedoen …. en was dit nou groot pret”!

Saam voel ek die opwinding en dankbaarheid en besef net weer …omring jouself met opgeruimde mense wat jou gelukkig maak. Spandeer tyd met vriende wat die beste in jou uitbring en by wie jy jouself kan wees.
Jy is in beheer van jou eie geluk !
Belê in jou geliefdes en positiewe vriende.

Maak seker hulle weet hoe jy hulle geniet en waardeer.

Julie Retief

(Red)
editor@mossview.co.za
082 412 3000

van die Redaksie – 13 Feb 2015

JULIE RETIEF

In order for love to be real love, it has to be expressed as an action.

If you love someone, then you must show it.
By the same token, if you are loved, that will also show.

You will recognize it by the way you are treated.

Almal van ons begeer om liefgehê te word. Ons glo in die liefde, ons leer dit van kleintyd af. Ken ons nie almal 1 Kor. 13 uit ons koppe nie.
Maar weet ons regtig hoe om liefde te leef ? Dit voel en lyk dan nie so nie.
“Tot die dood ons skei”, beteken lankal nie meer wat dit sê nie.
Kyk net rond, egskeidings, ”affairs”, oop huwelike, internet verhoudings en so gaan dit aan.

Almal weet die dinge gebeur, maar dit word weggesteek. Ons sit ons maskers op en hou so die feëverhaal huwelik en liefde aan die gang.
Februarie, die maand van liefde.
Treat him/her this Valentine with love… and believe me, it will show.

Happy Valentines day !

van die Redaksie

Hiermee voeg ek my stem by die wat hulle teleurstelling oor die sluiting van die Eden Express uitgespreek het.

Dit bly altyd hartseer as ‘n projek wat met toewyding, passie en entoesiasme aangepak word, vir watter rede ookal, nie slaag nie.

Ook ek, het die kos rubriek geniet. Is dit dan nie juis agv hulle resepte dat ek vandag die perfek geposjeerde eier vir “Eggs Benedict” kan maak nie !
My beste wense vergesel hulle.

Die skoolvakansie is byna iets van die verlede wat beteken, na ‘n week of wat is alles weer terug na normaal.
Na Normaal !! Wat is normaal …… die gejaag na geld, gejaag in die verkeer- na en van die skool en werkplek, gejaag agter die kinders se skoolaktiwiteite aan, gejaag na geluk en liefde, ‘n gejaag na opwinding, na goeie gesondheid, na rustigheid en vrede, ‘n gejaag na ‘n lewe sonder misdaad, haat en armoede, ‘n gejaag na innerlike vrede, of ‘n gejaag na sukses ???

Hoe jy ookal jou lewe sien, waarna jy streef of waarmee jy besig is – moet nie jouself in dit alles vergeet nie.

2015 is hier…”One life, live it”.

van die Redaksie

2015 It’s a New Year and another 365 days lies ahead.

Like birds, let us leave behind what we don’t need to carry … pain, sadness, bitterness, fear and regrets.
Fly light – Life is short and precious !
If 2014 didn’t end up the way you planned … just remember …2015 is created specially for you to start afresh … enjoy every new moment !

Ons weet nie wat voorlê, maar wat maak dit saak as jy weet wie die weg en die rigting bepaal ?
God maak hoop, vrede, vreugde, sukses en liefde moontlik vir ons almal, ja ook vir die mense wat volgens die samelewing se gebruike en reëls nie inpas nie.
Elkeen van ons het ‘n doel hier op aarde.

Moenie jouself oordeel en soos ander wil wees nie. Wees positief, kerm en kla minder, luister meer, wees geduldig en dankbaar en lag meer !!
As die lewe druk, druk hom terug !

Het ons nie noual geleer, as jy lag, lag almal saam, maar as jy huil, huil jy alleen.
Wat kies jy ??

En so met ‘n skaterlag gaan ek dan die Nuwe Jaar in.
Ek is só reg vir dit wat kom!

Julie Retief

 

van die Redaksie

Redaksie

Ons wil almal graag hê, dat dinge maklik moet wees en sonder veel moeite moet gebeur.

Almal en alles plaas klem op gemak deesdae.
Tegnologie – deur die druk van ‘n knoppie gaan ‘n nuwe wêreld voor jou oop, en kan jy toegang hê tot ‘n magdom inligting of kontak maak met mense aan die ander kant van die grootte wêreld …. jy kan hulle selfs sien ! So is dit met die media, kits deurry-restaurante, deur tot deur aflewerings, medikasie, kitsbanke, om maar net ‘n paar voorbeelde te noem.

Vooruitgang met alles wat “kits” is, is wonderlik, so opwindend en tog so gerieflik.
Maar… dit kom met ‘n prys en dis net daar wat jy in die slaggat trap !!

Dis aanloklik en almal om jou het een, so ek wil nie agterbly nie. Wat doen ons, ons trek die bankkaarte nader en koop…dikwels op skuld. Ook skelms skroom nie om hulle kans te waag deur tegnologie te omseil nie.
Hoeveel jongmense weet nog van kosmaak? Dis mos net te maklik om by ‘n deurry- of wegneemete restaurant vinnig iets te koop of te laat aflewer. Maar wat is dan lekkerder as ‘n bord “home cooking”?

Selfone, ag tog so gerieflik, maar o wee….
‘n Tyd gelede sit ek in ‘n “deftige” restaurant langs ‘n tafel met ses persone.
Van die ses sit slegs een man, hoog en droog, duidelik uiters geirriteerd, en toekyk hoe al vyf sy maters sonder ophou besig is op/met hul selfone. En ek wonder …. Het hulle dan regtig niks vir mekaar te sê nie ? Buitendien sou ‘n mens hulle optrede nie as uiters ongepoets kon beskou nie – en dit van duidelik “deftig geklede, heel moontlik geleerde” jongmense, wat ‘n mens sou dink, iets van etiket en goeie maniere behoort te weet.

Ek meen, goeie maniere raak mos nie uit die mode nie, of wat praat ek alles?

van die Redaksie

Redaksie

“Be Kind –
For everyone you meet is fighting a battle you know nothing about”.

‘n Glimlag of ‘n kompliment kan jou dag maak.
Nou hoekom vergeet ‘n mens dit so maklik ?

Hoekom is ons skaars met komplimente uitdeel, hoekom wys ons nie meer vir die mense om ons, ons waardeer hulle nie? Waardeer wat hulle doen, maak nie saak hoe gering nie.

Komplimenteer iemand wat mooi lyk en wys waardering vir ‘n goedbedoelde gebaar.
Betoon liefde teenoor jou geliefdes, gee drukkies, sê dit en wys dit.

Toets dit gerus. Loop in die straat af, of kyk na die dikwels strak gesigte in die motors op die pad na waar….elkeen besig met sy eie gedagtes en eie probleme.

Nou loop met ‘n glimlag en ‘n huppel in jou stap en sien hoe die gesigsuitdrukkings verander. So opvallend !
Dalk in sommige gevalle is dit die enigste glimlag wat die persoon daai dag sal ontvang.

Wees bedagsaam en dink tweemaal voordat jy kwaad of ongeduldig raak.

Niks kom by die vreugde van dankbaarheid, wat wys op die gesigte van iemand wat ‘n onverwagte maar opregte kompliment ontvang het nie.

Maak iemand se dag met iets wat niks kos…gee ’n glimlag of ‘n kompliment !

van die Redaksie

Redaksie

Een ding wat ek geleer het, maar nooit kon regkry nie, was om myself eerste te stel.

Dikwels is ons verwagtinge so onrealisties.

Ons probeer hard om iemand te wees wat “goed genoeg” is vir ander.
– Goed genoeg vir jou man.
– ‘n Goeie ma vir jou kinders.
– ‘n Goeie vriendin.
– Goed genoeg vir familie en vriende.
– Goed genoeg om al die uitdagings wat elke dag stel, te hanteer.

Jy wil almal tevrede stel, in so ‘n mate, dat jy heeltemal van jouself vergeet.
Later glo jy jy kan niks meer doen sonder om iemand se goedkeuring te kry nie.

Maar voor jy jouself kan vind, moet jy eers losmaak en laat gaan.
Neem soms jou eie besluite, glo in jouself en hou daarby.

So preek ek vir my patetiese en verlore vriendin na haar egskeiding.
Wat ‘n verrassing toe sy my so ‘n tyd later baie trots, haar “oorwinning” kom wys.
Sy het vir haarself ‘n kar gekoop – een van háár keuse, háár kleur, háár geld !!

Sy het opgestaan en besef sy kan, sy was nie meer bang, maar het agtergekom sy was eintlik baie sterker is as wat sy ooit kon droom ….en hoe trots was sy nie op dit wat sy vermag het nie?

Is jy daar ?
Jy kan ook opstaan … glo dit net !

 

van die Redaksie

Redaksie

Amazing what a short break can do to the morale. The unfortunate thing is the “scale”.
During any break away, eating is a given.

Now to get rid of all the extra kilo’s is a night mare.

With the amount of over-weight people around it is easy to let go, but by continuously adding a kilo or two, disaster is waiting.
Far more difficult to loose 5 kilo’s than 1 or 2.

Tog onregverdig…kos aantreklik voorberei is so aanloklik, en eet vrek lekker, maar die nagevolge katastrofies.
Aangesien ek nou ook nie een is vir ‘n sweetsessie in die gimnasium nie, weet ek selfbeheersing is die antwoord. Daar word ook vertel dat mense wat ‘n gesonde gewig probeer handhaaf deur minder en gesonder te eet, as ‘n reël maerder is as mense wat oefen om maer te bly.

Maar selfs met al die kennis en die wete dat jy noú moet halt roep, wil die lus en die lekker oorneem.
Wie gaan wen ..?
Julie Retief

van die Redaksie

Redaksie

Mosselbaai het wat dit vat !!!

Dit het ons net weer besef … doen net ‘n bietjie moeite voor jy weer kerm en kla.
Alles is hier onder ons neuse.

Na die Besigheidskamer se ontbyt en Pierre Venter (‘n vorige Voorsitter van die Besigheidskamer) se uiters gepaste en leersame toespraak, met daaropvolgende idees, voorstelle en pleidooie van die lede, het ek besluit … dit waaroor ek kla, kla ander ook oor.
So, doen iets !!

Voor ek net George of Kaapstad toe hardloop vir kwotasies, maak eers seker die produkte is glad NIE in Mosselbaai te kry nie.
En ja sowaar, daar ontdek ek Pienaar Bros. en Logo Studio.

Na ‘n dae lange onsuksesvolle soektog, op die net, vele oproepe, selfs na George en Kaapstad, kry ek toe wat ek so na gesoek het op my eie voorstoep. (Bygesê, teen ‘n goeie prys.)
En die bonus .. die een is vriendeliker en meer behulpsaam as die ander.

Deel van die problem glo ek is:
As nuwe “inkommer” in Mosselbaai, (en daar is baie van ons) weet jy nie onmiddellik van al die besighede en wat hulle bied nie. Dikwels maak jy maar staat op ander se ondervinding en inligting.

Sigbaarheid dmv gereëlde advertensies en advertering sal grootliks bydrae tot langdurige maar nodige blootstelling. So nie, weet net ‘n handjie vol mense van julle.

“Not advertising, is like kissing a girl in the dark – only you know what you are doing, but no-one else does”.

 

van die Redaksie

Redaksie

In ‘n kwessie van ‘n paar maande het ek besef hoeveel oulike, kreatiewe, entoesiastiese, hardwerkende en talentvolle vroue daar in die Mosselbaai omgewing is en bly.
Organiseerders van formaat en in baie gevalle uiters suksesvolle sakevroue.

Wat my ook opgeval het is die groot getal enkellopende dames onder hulle.

Dit bewys tog sekerlik – net omdat jy enkel is, beteken dit nie jy kan nie suksesvol en gelukkig wees nie.
VERKEERD !!
Hoewel suksesvol smag die meeste vroue nogtans na “iemand spesiaal”, ‘n maat om al hul suksesse mee te deel en te vier…en ja, selfs iemand wat saam die blaam en gevolge kan dra vir foute gemaak.

Oor die jare het kennis en mense se ondervinding geleer – sukses en geluk het nie noodwendig iets met mekaar te doen nie.

Natuurlik kan jy op jou eie gelukkig wees – dikwels is daar nie ‘n keuse nie.

Die hartseer is … as ons wag vir “eendag wanneer ons droomman” opdaag, gaan dit dalk nooit gebeur en gaan ons lewe en soveel lekker dinge en geleenthede ons verby.

Jy is in beheer van jou eie geluk, gun dit vir jouself, met of sonder “Mr Right”.

Maar tot tyd en wyl dit gebeur, geniet dit, want langs die pad sal jy heel moontlik ‘n hele klomp goeie vriende maak met baie stories om te vertel.

(Soos iemand een keer gesê het: “No reason while you cant have fun with all the wrong ones, while you wait for the right one”).