Month: March 2015

van die Redaksie

JULIE RETIEF

Dis amper Paasnaweek en vir die meeste van ons beteken dit, vakansie, paaseiers en “hot cross buns”.

Eintlik het Paasnaweek seker niks met paaseiers en paashase te doen nie, hoewel dit die manier is hoe Paasfees wêreldwyd deur Christene gevier word, om die dag wat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het, te herdenk.

Wat Paasfees nou nog meer spesiaal maak, is die feit dat dit ‘n langnaweek is.
Langnaweke is skaars, uiters kosbaar en dit bied die ideale wegkom geleentheid.

So vir almal wat die langpad aandurf, wees wakker, geduldig en geniet ‘n salige blaaskans.

Mag dié Paasnaweek almal se verwagtinge oortref.

 

MUNISIPALITEIT MAAK JEUG BEWUS OOR DWELMS, BENDES

Die Mosselbaaise Munisipaliteit het van 11 Maart tot 15 Maart 2015 in oorleg met Alcohol and Drug Concerns Cape asook die Departement van Korrektiewe Dienste van Mosselbaai en ander instansies ‘n suksesvolle bewusmakingsveldtog vir die jeug oor dwelmmisbruik en bendebetrokkenheid aangebied.
Die doel van die veldtog was om die gemeenskap, veral die jeug, in te lig oor die risiko’s en nagevolge van bendebetrokkenheid en dwelmmisbruik.

Die veldtog het besoeke, aanbiedings en uitreikaksies by Mosselbaai Korrektiewe Dienste, Uitbreidings 8 en 13, Groot Brakrivier en Herbertsdale behels. Dit is deur die Landelike Ontwikkelingskantoor van die Munisipaliteit geïnisieer.

Die Alcohol and Drug Concerns Cape-groep, ‘n groep wat uit oud-bendelede en oud-dwelmverslaafdes bestaan, en in die Pollsmoorgevangenis asook onder bendelede op die Kaapse Vlakte werk, is by die veldtog betrek.
Die veldtog het begin met ‘n besoek aan Mosselbaai Korrektiewe Dienste waar 400 jeugdiges toegespreek is met behulp van skyfie-aanbiedings asook persoonlike getuienisse deur die lede van die Alcohol and Drug Concerns Cape-groep.

Dit is gevolg deur byeenkomste oor die volgende paar dae by die Nativity Kerk in Uitbreiding 13, die Groot Brakrivier Sekondêre Skool, waar Graad 11- en 12-leerders toegespreek is, ‘n aandbyeenkoms in die VGK-kerksaal in Uitbreiding 8, en daarna ‘n besoek aan die Laerskool Herbertsdale. Deur-tot-deur besoeke is ook in Herbertsdale gedoen, en pamflette met inligting oor dwelms is daar versprei.

Alcohol en Drug Concerns Cape het veral ‘n groot impak gehad deurdat lede van die groep hul persoonlike ervaring van dwelms, alkohol en bendes kon deel. Hulle waarskuwing was duidelik dat dwelms, alkohol en bendes nie die moeite werd is nie, en lewens verwoes.

Die Munisipaliteit wil graag mnr. P Busch (Hoof: Mosselbaai Korrektiewe Dienste) bedank vir die waardevolle bydrae wat die Departement Korrektiewe Dienste gemaak het. Die veldtog sou ook nie ‘n sukses gewees het sonder die deelname van die Groot Brak Sekondêre Skool, die Holy Nativity-gemeente, die Herbertsdale Council of Stakeholders asook die Gemeenskapspolisiëringsforum van Herbertsdale, die VGK-Kerk Mosselbaai en die Christelike Afhanklikheidbediening (CAB) nie.

Holiday Beach Club for youngsters in Mossel Bay this Easter

Mossel Bay’s Holiday Beach Club plans to keep the youngsters happy and entertained this Easter.

Mossel Bay’s Llewellyn Whitaker will extend his ‘Ocean Awareness’ mission of making our beaches safer and more fun for everyone when his Waves S’cool of Surfing launches its week-long Holiday Beach Club at Santos Beach in Mossel Bay on the 6th of April.

The school will also launch a Saturday Beach Club in the new school term.

“The Club will focus on having loads of fun in a safe and secure environment,” said Mr. Whitaker.
“Activities will include surf lessons, body boarding, building sand castles, and our Ocean Awareness sessions – as well as many other activities that’ll keep the kids entertained from 9:00 a.m. to 1:00 p.m. from the 6th to the 10th April.”

An International Surfing Association (ISA) level 2 coach, 2009 and 2011 SA Surfing Champion, and a podium finisher in the 2014 SA Open Championships, Mr. Whitaker founded his school as “a way of sharing my years of experience and knowledge with young people, and as a place of learning, motivation and encouragement where kids can build their self esteem and find their strengths in a secure and controlled environment.”
Safety at the beach
Besides coaching and surf development, Mr. Whitaker also conducts customised surf tours out of Mossel Bay. And he regularly takes his Ocean Awareness programme to both junior and senior schools in the area.
“It’s amazing and often tragic that people who live at the coast don’t know what to look for and how to act when they go into the sea to swim,” he said.
During his Ocean Awareness programme, Mr. Whitaker teaches the ‘Five Golden Rules’ of swimming at the beach (Never swim alone; Always keep an eye on a fixed marker on the beach; Stay waist- to chest-deep, and keep your feet on the ground; Swim between the flags wherever life savers are on duty; and after eating, wait at least 30 minutes before you swim), as well as how to recognise and avoid rip currents, and what to do if you do happen to get caught in one. (Stay calm; Don’t swim against or directly into the current; Stay on your surfboard or body board if you have one with you; Use one arm to keep you afloat and hold the other one in the air to signal for help; Allow the current to take you – you may be washed away from the beach, but currents work in circular patterns, so you’ll most likely also be washed back again.)

Llewellyn is always at pains to point out, you need to know how to behave at the beach in order to get the most out of the experience.

·Waves S’cool of Surfing: www.wavesschoolofsurfing.com or call 078 297 3999

ADS SPI

ADS SURF

 

 

Why Advertise???

Think you have a great product or service ?

Unfortunately no one’s going to know about it unless you advertise.

Advertising can do wonders for your product sales, and you know what that means; more revenue and success for your business.

What advertising can do for your business:

• Remind customers and inform prospective customers about the benefits of your product or service.
• Establish and maintain your distinct identity.
• Enhance your reputation.
• Encourage existing customers to buy more of your products.
• Attract new customers and replace lost ones.
• Slowly build sales to boost your bottom line.
•Promote your business to customers, investors and other.
• Advertising creates awareness, interest, desire and drives consumers to your business.

Repetition is fundamental to the success of any advertising. Science has shown through studies that a person must see your product/service 9 times before they will feel apathy towards it and be inclined to buy it.

Here is something to think about……

Though Coke is one of the most recognizable brands of the 21st century, they are still advertising. Why? To secure the next generation of consumers.

A fundamental reason that even the largest companies need to advertise, is that typical commodities can easily be replaced by another brand’s similar product.
So they want to stay” top of mind”.
Do you want your business to stay “top of mind”?
Contact me for affordable advertising space.

Sonja Niemand
072 103 2223
advertising@mossview.co.za

 

Persoonlikheid van die Week – Harriot Gerber

IMG-20150325-WA0004

Naam en Van
Harriot Gerber

U huidige beroep?
Sektor Bevelvoerder, Mosselbaai SAPS.

Hoe lank woon u al in Mosselbaai?
Die afgelope 28 jaar, waarvan 25 jaar in die Polisie is.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Die Nuus. Daar gaan nie ‘n dag verby dat ek nie na al die plaaslike en internasionale nuuskanale op DSTV kyk nie.

Wat is die een fliek wat jou altyd laat lag?
“Dingetjie is Dynamite” is die beste ooit.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek kan oop oë sit en slaap wat baie handig is in vergaderings en op kursusse.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
My man s’n, want dan hoef ek ‘n week lank nie kos en huis skoon te maak nie.

Watter boek lees jy tans?
Op die oomblik het ek nie tyd vir boeklees nie.

As jy ‘n miljoen Rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal op ‘n bootreis om die wêreld gaan.

Ek verlaat nooit my huis sonder ……..
Om my man en twee Siamese katte te groet nie.

Jou gunsteling restaurant en gereg?
My ma se kombuis en haar vars gebakte brood.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek is gek oor sport en het onlangs my eerste Dan Swart Gordel in Gemengde Gevegskuns verwerf.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van Mosselbaai?
Om saam te staan teen misdaad en misdadigers, deur dit te rapporteer, slagoffers by te staan en betrokke te raak by gemeenskap polisiërings inisiatiewe in jou woongebied.

Kontakbesonderhede:
Harriot Gerber
Mbaai Sektor 1, Bevelvoerder
082 522 3280  

Tuinmaak met Leani

Herfs…
In die Suidkaap beteken dit…TUIMAAK!

Ons sien uit na die seisoene wat kom. Want hier in die Kaap, is dit wanneer ons inheemse plante pronk.

Plant nou vir ‘n herfs, winter en lente blomme skouspel in jou tuin!

Van ons inheemse plante skatte is reeds in volle blom in soos die geel, oranje en rooi kleure van Tecomaria capensis (Cape honeysuckle).
Hiermee saam sien mens hoe die nektar liewende voëltjies en insekte baljaar.

Die lekkerte lê in die afwagting. Elke seisoen bring iets om na uit te sien, maar niks kom by die kouer maande se blom nie.

Winter groentes. Die lekkerste blaarjie wat jy ooit sal eet is die een wat jy uit hou eie tuin pluk. Kraakvars. Vol smaak en heilsaamheid. Mmmmmmm. Beet, brocholli, bos bone, wortels, uie kool, blomkool, verskeie slaai blare, Spinasie, ertjies om maar n paar te noem.
Maar, om die wonderlike skouspel aan te help, moet ons die grond voed. Deur ons grond gesond te maak, maak ons die plante sterk teen siektes en weer, en pronk hulle vir n vale.

Organies. Heel eerste. Organiese voeding neem vorm aan as kompos of potgrond met n toevoeging van n ekstra organise bemesting in die vorm van Bees of hoendermis produkte.
Sandgrond verbeter deur kompos by te voeg en deeglik deur te werk. Kleigrond benodig growwer kompos materiaal om die grond op te breek.

Groentes hou van humusryke grond en floreer indien jy ‘n goeie hand bounceback byvoeg.
Daar is niks lekkerder as om jou eie slaai aanmekaar te slaan en te weet, dat alles wat in daardie plantjie is wat jy nou gaan eet, het jy self totale beheer oorgehad het, en weet waarin hy gegroei het en watse voeding hy gekry het nie.
Jou lewens styl, en die spasie wat jy beskikbaar het, bepaal tot in watter mate en hoe jy jou groente kan plant.

Solank jy ‘n area beskikbaar het, wat ongeveer 6 ure son kry en indien moontlik, beskut is van die ergste seewind, dan kan jy jou eie groente groei.
Die spasie beskikbaar sal dan bepaal of jy dit in ‘n pot, ‘n venster boks, in groot groente beddings, of selfs tussen jou gewone tuinplante in die beddings wil inkorporeer.
Die volgende stap sal wees die keuse van groente wat jy wil plant.

Wat alles baie lekker maak, is dat ons by die kwekerye, groenteplantjies in verskillende groottes bakkies beskikbaar het. Die plantjies het reeds ‘n goeie wortelstelsel en dit gaan dus vir die tuinier baie tyd spaar aangesien jy soveel vinniger van die plantjies sal kan gebruik.

Dus, as jy nou bv. by die kwekery ses slaaikoppe koop en plant en dan weer oor ‘n maand ses plant, ensovoorts, sal jy lank vars slaai hê, afhangende van hoeveel jy benodig natuurlik.

Om die tuin mooi af te rond, plant gerus ‘n paar pragtige seisoenale blommetjies soos Pansies (gesiggies) vir die son, en Cineraria in die skadu.

Mulch mulch mulch !!!

Leani Kwekery/Nursery
044 620 2565