“Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan”.
Dis nooit maklik om die bekende vir die onbekende te verruil nie, maar wie nie waag, sal ook nie wen nie.
So het die tyd vir my aangebreek om Gauteng se stof agter te laat ….die see en sy mense wag !
Met groot opgewondenheid sien ek uit om ten volle by Mosselbaai en omgewing, se mense en hul dinge betrokke te raak.
Die afgelope jaar het ek beleef hoeveel goeie werk deur verskeie mense en instansies hier gedoen word.
Hoeveel verskillende uitreike, uitstallings en feeste gereël word om die omgewing te adverteer en as ‘n gewilde vakansiebestemming en toeriste aantreklikheid te bemark, maar ook om terug te gee waar daar nood is.
Ons hier by die “Mossview” sien uit om ‘n positiewe bydrae te lewer. ‘n Bydrae wat aansteeklik en motiverend is en entoesiasme kweek – ook om projekte te begin wat kinders en jongmense betrokke sal kry en hulle te inspireer.
Soos ek gesê het: “Die see, sy mense en al die lekker dinge wag – tyd om uit te haal en te wys:”
Geniet die see, son en vakansie (of vakansie stemming).