Category: Kos vir die Siel

Kos vir die siel – Soulfood

 

Verwonderd staar ek na die bewegende handjie op die sonarskerm … so asof hy/sy vir die wereld waai en se :”Hier is ek!”  Vyf volmaakte vingertjies beweeg oop en toe, en in ongeloof hoor ek die dokter se die fetus is nou 7 cm lank.  Die wonder van die skepping en die Grootheid van God oorweldig my totale menswees en ek snak na my asem toe ek besef ek staan al ‘n tyd lank ademloos en luister na die ritmiese hartkloppie…..

Ek koester myself vir ‘n week lank in die wonder van “ouma-word”  – gevorderde tegnologie – die Alomteenwoordigheid van God, wat met hierdie wonder van nuwe lewe my hele wese vul……..

Dan….  die ontnugtering…….daar is dalk………..’n moontlikheid….. van abnormaliteit by die fetus……  Addisionele toetse word aangevra…………

Meteens word ek teruggeplaas in die tydperk toe ek met verstandelik erg gestremde kinders gewerk het.  Tonele van ouers wat nie met die situasie kon “cope” nie rol deur my gedagtes asof ek na ‘n ou bekende fliek kyk.  Ek onthou elke fyn besonderheid van huwelike wat verbrokkel het omdat Pa’s afgeskeep gevoel het terwyl Ma’s elke moontlike oomblik aan die gestremde kindjie moes spandeer.  Ek onthou grootouers wat hande-wringend en kopskuddend die kindertjies by die skool kom haal want Pappa en Mamma gaan bietjie alleen weg om die sinkende huweliksbootjie te probeer red………

Uit my donker put van moedeloosheid reik ek uit na die mediese suster van ons destydse kliniek by die skool.  Sy kon ons altyd troos met haar kalmte en raad wanneer ons vir onsself nie meer raad gehad het nie, want of mens dit wil weet of nie, om met verstandelik gestremde kinders te werk, dreineer jou.  Soos van ouds luister sy – sonder om my te onderbreek – terwyl  woorde onbeheersd uit my mond borrel – terwyl die kookpot van emosies en vrae oorkook in wanordelike gebrabbel van raad vra.  Wanneer ek, leeggeloop, stilbly, praat sy….Kalm, bedaard, lei sy my terug na my eie destydse wysheid… lig sy vir my die sluiers op my baie donker vrae… en bid sy vir ons vir wysheid.

Soos wat dit gaan by ‘n skool waar so nou met seerkry gewerk word en waar personeellede later “familie” word, versprei die nuus vinnig.  Later bel die arbeidsterapeut…net om te se:”  In my gedagtes is ek by julle!”  Twee dae later bel ‘n kollega…net om te se:”Sterkte”  Ons deel weer ‘n paar herinneringe van kosbare gestremde kinders wat ons soveel vreugde verskaf het… en ek sien ‘n klein bietjie lig…

Gelate gaan my kinders deur die proses van toetse…uitslae…nog toetse…. asof dit hulle nie raak nie – asof hulle die buitestaanders is wat staan en toekyk hoedat dit alles met ander mense gebeur.  Ek onthou hoe ek ook op ‘n stadium in my lewe so gelate was in ‘n krisis en toe vir die Predikant gevra het hoe dit moontlik kan wees dat mens so kalm kan bly in die situasie.  Sy antwoord was dat dit die NARKOSE IS WAT GOD VIR JOU GEE WANNEER JY  NIE STERK GENOEG IS OM DIE SITUASIE TE HANTEER NIE.

Met felle helderheid weet ek dat ons, selfs al doen ons dit met deernis en wysheid, heeltemal te maklik vir ander raad gee.  Ons se so gou: :God sal jou dra deur ‘n krisis, jou krag gee!”  Ek het dit al baie gedoen, en opreg bedoel… maar vandag weet ek dat jy dit heel anders ervaar wanneer jyself in die situasie is.

Een oomblik oorweldig die vreugde my as ek onthou hoe klein Jurie na 4 jaar se intensiewe terapie op 8 jaar sy eerste wankelrige tree gegee het, of toe Jan-Alec op 10 jaar sy stilswye verbreek en ‘n paar woorde gese het, waarna dit net nooit weer opgehou het nie, en die hele personeel in trane van vreugde uitgebars het… Net om die volgende oomblik verpletter te onthou hoeveel hartseer en baklei het saam met die terapie gegaan – hoeveel onkoste – hoeveel wroeging – hoeveel trane in ouers se oe…

Te midde van al die ambivalensie van positiewe en negatiewe gedagtes en gevoelens, hou ek vas aan God se belofte  dat Hy vir ons net die goeie wil gee.  Maar dan vra ek myself weer af, wat maak my ‘n uitsondering dat so iets nie met my kan gebeur nie – DIT GEBEUR IMMERS TOG MET MENSE.

In die tyd van wag vir uitslae, het ek een ding geleer.  Dink twee maal voor jy weer raad gee.  Niemand kan hom in so ‘n situasie indink nie.  Dis net te maklik om lukraak te se : Dis God se wil  •

Kos vir die siel – Vooroordeel


Die dag begin in absolute chaos, soos net ‘n Maandagoggend – na ‘n naweek van gaste op gaste, skottelgoed wat ophoop, ‘n berg wasgoed ens – kan lyk as die huiswerker nie opdaag nie.  Die skoonmaakdienste kom twee uur te laat hier aangejaag met ‘n windverwaaide meisietjie wat lyk of jy haar met ;n veer kan omtik, as plaasvervanger.  My eerste indruk is dat sy lyk asof sy dringend in ‘n hospitaal moet kom vir behandeling, of dat sy dalk pas uit een ontslaan is.   “Sy gaan jou uit die verknorsing kom help” kondig ‘Skoonmaakdiens’ teatraal aan!  My mond val oop!  EK HET HULP NODIG – EK SOEK NIE IEMAND WAT MY HULP NODIG HET NIE!  Waarmee sal sy my kan help!?!

Uiters onwillig en wantrouig, neem ek haar die huis binne.  Sy laat haar oe oor die chaos gly ….staan en mompel iets by haarself en spring aan die werk!  Haar vaardige hande vat raak… sy begin organiseer….skuif hier….druk daar….vang so nou en dan my oog …. se vir my wat moet verander om die werk-vloei in die kombuis te  verbeter…

Twee ure later sit ons elkeen met ‘n koppie tee in ‘n silwerskoon, nuut-geordende huis….. en sy vertel my haar lewensverhaal.

Op 18 is sy oorsee om bejaardes te gaan versorg.  Op pad werk, word sy een oggend getref deur ‘n voortsnellende motor.  Sy word na ‘n paar dae, duidelik te gou, ontslaan uit die hospitaal en le drie dae in ‘n koma in haar “bejaarde pasient” se huis, onder die indruk dat sy net harsingskudding het.

‘n Paar weke later, verloor sy haar balans en val by ‘n stel trappe af.  Sy doen skedelbreuk en breinskade op en le vir weke in die hospitaal sonder dat enige van haar familie weet wat van haar geword het.  Nogtans gaan sy nie le nie en veg sy verbete terug totdat sy weer kan gaan werk – steeds in die vreemde  –  Sy dwaal soms vir dae rond sonder kos of blyplek, op soek na werk.  Na nog ‘n paar maande van bejaardes versorg besluit sy uiteindelik om terug te kom na haar land en haar eie bejaarde ouers te kom versorg.

SY VERSTOM MY MET HAAR GELOOF:  Ons het net kos en klere en blyplek nodig, en God sal dit voorsien, soos hy dit nog altyd aan haar voorsien het………

SY VERSTOM MY MET HAAR WERKYWER:  dit lyk asof sy net nooit moeg word nie.  Haar oe sak net dieper weg in hulle kaste terwyl sy heen en weer skarrel soos ‘n mier ……

SY VERSTOM MY MET HAAR INSIG EN LOGIKA:  terwyl sy alles om haar organiseer en orden met ‘n spesifieke doel………

SY VERSTOM MY MET HAAR SAGTHEID:  Haar motto is om lyding te verlig en vreugde in ander se lewens te bring, oral waar sy nood raaksien want ons het almal ‘n keuse om ‘n Barmhartige Samaritaan te wees wanneer die geleentheid hom voordoen ……..

SY VERSTOM MY MET HAAR GEWILLIGHEID:  as sy vra of sy maar more weer kan kom want sy is nog nie tevrede dat alles is soos wat sy dit wil he nie….

Ja, sy het wel breinskade opgedoen, dit het ek dadelik geweet uit my ondervinding van jare  se werk met verstandelik ingeperkte persone.  Ja sy tree anders op as ander mense.  Ja sy redeneer soms vreemd.  MAAR  ek leer so baie by haar….  sy begeester my met haar werkywer…  sy laat my die klein dingetjies in die lewe raaksien en waardeer omdat sy met so min tevrede is ….. sy maak my skaam omdat ek so maklik tou opgooi want vir haar is niks te veel gevra nie……..SY VERRYK MY LEWE ONEINDIG BAIE!!!!

DON’T JUDGE THE BOOK BY IT’S COVER ……….

Kos vir die Siel – Drome

Hoekom bly jou drome jou ontwyk?

Hoekom bereik party mense net nooit hulle drome nie?
Onthou jy jou drome?
Die skildery van Tafelberg wat jy nog wou gemaak het
·  Plekke wat jy nog wou besoek het

·  Die boek wat jy wou skryf
·   Die rugsaktoer deur Europa

Wat het geword van jou idees en jou drome?

Wat is droom werd?

Wat is ‘n idee werd?

Op sy eie is ‘n droom of idee eintlik niks werd nie.

· ‘n Gholfstok op sy eie beteken niks. Maar sit die gholfstok in Ernie Els se hande en dit is ‘n ander storie.

· ‘n Mikrofoon alleen is maar net ‘n mikrofoon. Maar sit Neil Diamond agter daardie mikrofoon en duisende mense word betower.

·  Wat is sleutelbord en rekenaar nou eintlik. Maar sit Deon Meyer agter daardie rekenaar en jy kry die beste in spanningsverhale.

Daarom jou idee is nie veel werd op sy eie nie. Dit is eers wanneer dit in jou hande is en jy daadwerklik iets daarmee doen, dat jou idee en droom krag en energie kry. Dis eers wanneer jy jou idee in aksie omskep wat sukses bereik word.

Wat keer mense om voluit vir hulle idee / drome te gaan? Hier is ‘n paar faktore:

· Veilig – mense verkies hul gemaksone
·          Vrees – bang vir mislukking
·          Luiheid
·          Nie duidelike doelwitte nie
·          Breek nie die droom in kleiner doelwitte op nie
·          Gebrek aan deursettingsvermoë
·          Jy bly aanhoudend uitstel

Wat is die gevolge daarvan as jy jou drome laat gaan?
·          Minderwaardigheid  – jy sien wat ander bereik het
·          Selfverwyt – “AS EK MAAR NET”
·          Depressie – neerslagtigheid

Het die oorgang na verskillende fases iets te doen met ‘n mens se drome?

·          Oorgang van adolessensie na jong volwassenheid – hier word jy nou met ander werklikhede gekonfronteer. Studies, eerste blyplek, eerste werk, moontlike verlowing en huwelik, jou eie kinders.

· Volwassenheid na middeljare – nuwe werklikhede. Jy moet byvoorbeeld dink aan jou aftrede, jou kinders se studies, jou bevordering in die werk.

·  Middeljare na oud word – wat gebeur met jou drome wanneer jy die finale fase van jou lewe betree? Wanneer jy besef dit wat jou jeugdrome was, nooit gerealiseer het nie?

· Dan is ook LEWENSVERANDERENDE gebeure – soos ‘n motorongeluk, die dood van jou kind, ernstige siekte, jy verloor jou werk, jy wen die lotto, jy maak ‘n groot deurbraak. Dit het ‘n groot impak op jou drome en jou idees.

·  Daar kom ‘n tyd om ou drome te laat gaan en plek te maak vir nuwe drome

Hoe kan jy jou drome bereik? Watter beginsels is belangrik?

·  Jou droom moet gerugsteun word deur aksie. Sonder aksie beteken jou drome niks. Neem klein stappe en jy sal sien elke klein stap lei tot ‘n volgende stap en uiteindelik tot die verwesenliking van jou droom.

·  Kies ‘n dinamiese en positiewe houding. Moenie jou dae vul met negatiewe gedagtes nie. Wees ernegiek, wees buigsaam, wees in beheer. Doen die regte keuses vir ‘n positiewe gesindheid.

·  Twee belangrik kwaliteite: deursettingsvermoë en geduld. Sukses is nie sommer oornag nie. Dit verg van jou deursettingsvermoë en baie geduld. Mount Everest word nie in ‘n dag geklim nie. Dit neem lank (soms jare) om die voorbereiding en beplanning te doen om net die klimtog moontlik te maak en dan begin die eintlike klim eers.

Wanneer ‘n mens nou ‘n groot idee het wat jy wil doen – wat is stappe wat jy moet volg?

· Kry jouself georganiseerd. Jy moet jou planne in struktuur kry. Wanneer alles rondom jou in deurmekaar of in chaos is, raak dit moeilik om te fokus op jou drome. Sorteer jou lewe uit, sorteer jou lessenaar uit, kry die rompslomp uit jou lewe.

·  Kry samewerking / kry vir jou ‘n span. Selfs Mark Shuttleworth het ‘n span gehad. Chris Barnard wat die eerste hartoorplanting gedoen het, kon dit nie alleen doen nie. Hy het ‘n span saam met hom gehad. Neil Amstrong kon nie op die maan loop sonder  die hele NASA-span agter hom nie. Sol Kerzner het nie Sun City homself gebou nie – hy het ‘n span gehad.

·         Toon leierskap. Jy moet persoonlike leierskap vertoon. Dis jou projek, dis jou idee. Jy kan nie vir iemand anders wag nie. Jy moet opstaan en jy moet doen. Jy moet voorloop en die pas aangee. As jy jou idee wil laat maak werk, dan moet jy dit doen.

Pitkos gedagte vir die week:

Om jou drome werklikheid te maak

Moet jy ‘n droom in jou hart hê

Moet jy ‘n strategie in plek hê

Moet jy in jou hart die regte gesindheid hê

Moet in jou hande die aksie hê

Moet jy kan aanhou wanneer ander opgee

Moet jy leer om jou alles te gee

Vir motivering, op jou knieë is jy die beste gedek

Volg dan hierdie stappe, en jou sukses is in plek.
En doen jou beste – altyd! •

Kos vir die Siel – Hoekom kerk toe gaan?

Hoekom Kerk Toe Gaan???

‘n Persoon skryf ‘n brief aan ‘n tydskrif en kla dat dit vir hom geen meer sin maak om kerk toe te gaan nie. Hy skryf:

“Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kannie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek”.

Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en ‘n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het:

“Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, Dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie sou ek vandag geestelik dood gewees het.”

Wanneer jy af is, is God besig met iets! Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike!

Dank God vir ons Fisiese en Geestelike voeding.

Kos vir die Siel | Die Goue Jare

Van kleins af het bejaardes my soos ‘n magneet aangetrek. Ek onthou nog goed, toe ons op ‘n klein Vrystaatse dorpie gewoon het, het data ‘n tannie skuins oorkant ons gewoon by wie ek so graag gaan kuier het. Daar het nooit iemand by haar gekom nie. My maats het my geterg en gese sy gaan my “toor” want sy is ‘n “heks”. Vir ‘n vrugbare kinderverbeelding kon sy dalk verdag gelyk het met haar lang grys hare wat tot op haar heupe gehang het, en wanneer sy gelag het, het twee voortande wel maker …. maar haar hart was warm en opreg en haar wysheid… onbeperk.

Ek kon vir ure luister na haar stories oor haar kinderdae op die plaas, en my verkyk aan al die artikels wat sy met haar vlytige hande gebrei en gehekel het. By haar het ek geleer om koffiebone te brand en te maal en die heerlikste soet swart koffie te drink. Sy’t my geleer beskuit knie sodat die bolletjies kon uitpof soos spookasem! En sy het my geleer hoeveel waarde dit het om vir ander om te gee….

So gaan kuier ek verlede week weer by die plaaslike aftree-oord vir ‘n paar eensame mense. Suster wys my na ‘n statige dame op ‘n stoel in die sonnetjie. Dankbaar steek sy twee verknokkelde hande na my uit sodat ek bietjie room daaraan kan smeer. Sy vertel borrelend van al die gemeentes waar sy en oorlede “Dominee” soveel vreugde ervaar het. Nie een keer kla sy oor haar eensaamheid nie. Sy loop oor van dankbaarheid vir “Die Heer se Genade” Wanneer ek klaarmaak om te loop vra sy angstig wanneer ek dan weer gaan kom….

Tannie nommer twee sit ook in ‘n sonkolletjie voor haar woonstel. Sy groet vriendelik toe ek daar kom, maar protester dadelik oor die handeroom. “Ek betaal niks!” verklaar sy onomwonde. Dan loer sy nuuskierig na die potjie in my hande en se ek moet maar bietjie aansmeer. Die Oom stap verby en fluister onderlangs “Demensie”. Toe ek loop vra ook sy angstig wanneer ek weer gaan kom.

Dis die een onafwendbare pad wat ons almal gaan loop – niks kan dit keer nie – nie finansiele status nie, nie hoe aansien nie, nie goeie dade, eetgewoontes of leefstyl nie, nee absoluut niks kan die roete of die ritme verander nie. Ons gaan almal oud word. Punt! En soos Nataniel se: “Los hulle om te maak soos hulle wil en respekteer hulle daarvoor want jy is ook op pad soontoe!”

Hoe kosbaar is ons oues van dae nie. Hoeveel wysheid en insig le nie opgesluit in daardie verskrompelde liggame nie? Moet ons nie meer moeite doen om aan hulle voete te gaan sit en by hulle te leer nie? Verloor ons nie kosbare inligting omdat ons hulle verwaarloos nie?

In Prediker 12 vermaan die skrywer ons om aan ons Skepper te dink in ons jong dae voordat die jare kom waarvan ons sal se dat ons daar geen behae in het nie. Is dit nie ook ‘n vermaning dat ons in ons jong dae meer moeite moet doen met die vir wie daardie jare reeds gekom het nie? Een ding weet ek verseker, elke keer nadat ek ‘n besoek aan die aftree-oord gebring het, weet ek ek sal weer teruggaan… al is dit net om die blymoedigheid en dankbaarheid te gaan ervaar… om te gaan rus vind in hul rustigheid en kalmte… en te vertrou dat daar eendag, op my oudag, ook iemand sal wees wat my hande met bietjie room sal smeer en ‘n paar woorde met my sal gesels…

Loeloe

Kos vir die siel | Hande vat

Die afgelope week was ek bevoorreg om ‘n baie besondere vrou te ontmoet… Op die oog af is sy so klein en fyn dat ‘n sterk wind haar maklik kan omwaai, maar innerlik is sy absoluut onbeweeglik sterk. Groot was my verbasing om te hoor dat hierdie fyn vroutjie ‘n plaasboer is ………..ja, sy boer alleen, sonder ‘n man aan haar sy. Toe ek bietjie dieper begin delf, ontvou hierdie ongelooflike verhaal.

Sy en haar oorlede man is die vyfde geslag boere op die familieplaas. Op die jong ouderdom van 54 jaar, is hy skielik en baie onverwags tydens ‘n vakansie oorlede. Sy se sy het nooit vir een oomblik getwyfel dat sy sou aanhou boer nie. Haar seun studeer tans, en sy het geweet sy sal alleen aanhou totdat hy, as die 6de geslag by haar kan oorneem.

Elkeen van ons weet dat boerdery vandag geen grap meer is nie, en vir menige man is dit al ‘n baie groot uitdaging, hoeveel te meer vir ‘n vrou. Op my vraag of sy nie bang was en onbevoeg gevoel het nie, is haar antwoord:” DIE WERKERS OP ONS PLAAS IS BAIE BETROUBAAR, SOMMIGE OOK AL BAIE JARE DAAR, EN HULLE HET MY HANDE GEVAT, EN VANDAG DRA ONS MEKAAR! Ongelooflik! In ‘n tyd van stakings, onrus en ontevredenheid, klink dit amper te goed om waar te wees.

Dit het my laat dink oor ons optrede in ons elkedagse bestaan. Help ons nog mekaar? Is ons nog bereid om iets vir iemand anders te doen sonder vergoeding? Vat ons nog mekaar se hande sonder aarseling wanneer ons van nood bewus word?

Ons leef in ‘n tyd waarin ons geld al hoe minder werd word, waarin tyd kosbaar is, waar kennis geld is….. wat is ons gesindheid teenoor ons naaste? “Elke ding het sy prys” hoor ek my vriendin se. Baie waar, maar hoe ver strek hierdie reel. Sal ons gevoude arms toekyk hoe iemand ten gronde gaan net omdat ons nie finansieel gaan baat daarby as ons sou hulp verleen nie? Is ons bereid om betrokke te raak by ‘n saak waar ons enigste vergoeding sal wees dat ons kan weet ons het maar net ons beskeie deel bygedra?
Die talente wat ons het is uit Genade aan ons geskenk. Die kundigheid waaroor ons beskik, het ons met Genade uit die Vaderhand bekom. Die kennis waaroor ons beskik, is uit Genade aan ons toevertrou. Toegegee, ons het ook ons deel bygedra en hard gewerk om te kom, waar ons vandag is, maar dit was nog steeds Genade. Is dit dan reg om te alle tye geld te verwag wanneer ons ons kennis of vaardigheid met ander moet deel? Ek praat nie van jou brood en botter verdien nie, ek praat van wanneer jy dit terloops kan gebruik om ‘n naaste in nood te help.

Miskien moet ons ‘n oomblik stilstaan en besin oor waar ons ons gawes, kundigheid, kennis en talente vandaan gekry het, voordat ons weer ‘n blinde oog draai op die nood van ‘n ander, wanneer ons nie finansieel kan baat deur hulp te verleen nie. Miskien moet ons die blinde oog draai na die verkeerde dinge in ons samelewing en begin fokus op die regte dinge… Terwyl ‘n massa staak en onrus stook op plase, draai ‘n handvol ‘n blinde oog daarop en fokus op die onmiddellike nood rondom hulle, reik ‘n helpende hand uit en staan saam met hul werkgewer se vrou, ongeag wat dit van hulle vra.

En haar getuienis:”Ek ploeg nou terug deur vir hulle te betaal vir eksterne opleiding om hulle beter toe te rus vir die lewe, want ek vat nou weer hulle hande!

Loeloe

Kos vir die Siel – Veg of Vlug

Veg of Vlug

Pa was ‘n man van min woorde, maar wanneer hy gepraat het, was dit met groot wysheid en kon jy maar luister. So het ek menigmaal, in moedeloosheid versonke, my lot by hom bekla wanneer my omstandighede my wou oorweldig. Hy het altyd, gemaak ongeerg, geluister sonder om ‘n geluid te maak. Geen “ja” “Uhm” of “ek hoor” nie, absoluut niks – net geluister. En wanneer ek klaar alles uit my gestel “geblaker” het, sou hy ewe rustig sy sê sê en jy kon daarmee maak wat jy wil.

So bekla ek eendag weer my lot by hom toe dit vir my voel of ek nooit ooit uit die donker put van my omstandighede gaan uitkom nie, en hy gee my hierdie wyse antwoord. “MOET NOOIT VERGEET WIE JY IS NIE! Ons familie gaan NOOIT lê nie. Ons veg tot die bitter einde om weer bo uit te kom, ongeag ons omstandighede. Op my vraag: “Maar hoe?” is sy antwoord: “Raak stil in jou omstandighede…. Identifiseer jou problem…. Kry ‘n plan van aksie en WERK DAARAAN SONDER OPHOU! POSITIEF! Net dit.

Jare later sit ek en my getroue huishulp van baie jare, en worstel om ‘n magdom werk in ‘n kort tydjie af te handel. Sy was vir my soos ‘n “Ma” . Baie ouer as ek, baie wyser as ek en op daardie oomblik ook baie rustiger as ek! Toe ek vir die hoeveelste keer moedeloos sug dat ons nooit gaan klaarkry nie, kyk sy my simpatiek aan en sê: “Kleinnooi, jy moenie so wyd kyk nie! Jy kyk aanmekaar na die klomp werk wat ons nog MOET doen. Kyk liewer net hier waar jy werk. BIETJIE VIR BIETJIE GAAN ONS HIERDIE WERK KLAARKRY! Watter ongelooflike wyse woorde!

Kos vir die Siel

lonely god by Michal Mierzejewski

 

Leo Buscaglia believed that we should live life, never “waiting for tomorrow.” He stated that, “We don’t know what might happen in the very next moment, and that moment may be lost forever.”

“Things You Didn’t Do”

Author Unknown

Remember the day I borrowed your brand new car and I dented it?
I thought you’d kill me, but you didn’t.
And remember the time I dragged you to the beach, and you said it would rain, and it did?
I thought you’d say, “I told you so.” But you didn’t.
Do you remember the time I flirted with all the guys to make you jealous, and you were?
I thought you’d leave me, but you didn’t.
Do you remember the time I spilled strawberry pie all over your car rug?
I thought you’d hit me, but you didn’t.
And remember the time I forgot to tell you the dance was formal and you showed up in jeans?
I thought you’d drop me, but you didn’t.
Yes, there were lots of things you didn’t do.
But you put up with me, and you loved me, and you protected me.
There were lots of things I wanted to make up to you when you returned from Viet Nam.
But you didn’t.

How many times in life do we postpone the things we need to do – until it’s too late to do it, and then simply just don’t do it at all. How many opportunities do we miss, because we just don’t take them – and later regrets it?
God gave each of us one single chance, one single life, and the only way to live it to the fullest, is by taking every possible opportunity that comes our way, and just do it. We need to actually start doing things and not postponing them.

When the idea strikes to visit the aged people in your street and brighten their day, do it.
When the urge to stop next to the beggar in the street, and say a few kind words, hits you, do it.
When you want to hug a friend and tell him he is precious to you, do it.
When you want to look in your spouse’s eyes and confirm your love, do it.

Too many people suffers from bad memories and regrets about things they could have, but never did do.
Never postpone to do the things you don’t want to regret being undone, in retrospection.
JUST DO IT

Loeloe

Kos vir die Siel – Wat laat ek agter,spore?

tumblr_static_footprints-man-beach-morning

Sy word die afgelope paar jaar al kleiner, die hare al witter. Haar refleksie in die venster, waar sy turend oor die see uitstaar om tog net ‘n dolfyn te sien, toon net ‘n klein bondeltjie mens, verdwerg in ‘n groot leunstoel. Op die oog af is sy maar net nog ‘n ou mensie van 82 jaar. In ‘n skare sal sy ongemerk verbygaan, niemand besonders nie, net nog een van die talle bejaardes wat ons daagliks teëkom…totdat sy begin praat.

Positiwiteit en vuur vir die lewe borrel uit haar mond, die oomblik as sy dit oopmaak. In alles sien sy die humor raak. Sy lag met soveel oorgawe dat sy die oorgroot valstande opnuut met vasklem, om ‘n verleentheid te voorkom. Sy reik uit na elke kollega op die ouderdomspad, wat neig na swartgalligheid. Sy vertroos ander wat gebroke treur oor geliefde kinders wat hul vooruitgegaan het na die ewige lewe, al het sy self ‘n kind aan die dood afgestaan. Sy motiveer belangelose bejaardes om tuin te maak en net soveel vreugde daaruit te put as wat sy haar hele lewe lank nog put. Wanneer sy ‘n geskenk vir ‘n vriendin gaan soek, is dit by die kwekery…’n plant met baie blomme, want sy glo jy gee die blomme vir die lewe, nie op ‘n graf nie. Een maal ‘n week ry sy met haar eie “ampsmotor” na die haarsalon, want daar is geen verskoning vir ‘n vrou om met onnet hare rond te loop nie! Daarna laai sy haar getroue vriendin op, en gaan drink hulle tee by ‘n kwekery sodat elkeen met ‘n kassie plantjies kan huis toe gaan. En wee die een wat dalk by ‘n ander geleentheid ‘n plantjie koop wat die ander een nog nie het nie…

Haar kleinkinders vertel vir hul vriende in nood dat Ouma altyd bid, die Here moet haar stil, rustig, tevrede en blymoedig maak in alle omstandighede, want so het hulle haar menigmaal hoor smeek by haar Hemelse Vader, terwyl sy vir Oupa versorg het vir nege jaar na sy beroerte. Nooit het sy gekla nie, maar altyd ‘n grappie gehad om te vertel.

Haar kinders se vriende laat geen geleentheid verbygaan om haar te gaan opsoek nie, want niemand kan glo sy is al so oud nie! Niemand loop uit haar huis sonder ‘n plantjie of twee uit haar tuin nie, of sonder ‘n rumatiek-handgeborduurde unieke tafelnet – waarvan geen twee eenders is nie.

Die lysie kan aangaan en aangaan…rugby, krieket, sy kan saampraat…sangers, televisie, sy ken almal en die programme beter as ons almal saam. Pyn? Daarsonder is sy nooit, maar jy sal dit nooit hoor nie…

En dan wonder ek…watter spore gaan ek agterlaat? Spits ek my toe op positiewe spore? Spore van bemoediging, wysheid, vertroosting, motivering? Of laat ek spore van negatiwiteit en bitterheid na? Sal ek onthou word as ‘n liewe ou tannie by wie mense graag ‘n rukkie wil stilstaan om uit my put van wysheid te drink, of sal ek nors en afstootlik wees en liewer vermy word?

Prediker 12 waarsku ons teen die moeisaamheid, swakheid en gebrokenheid van die ouderdom. “Alles kom tot niks”, staan daar, maar jou spore sal bly. Spore wat ander sal wil onthou…of liewer sal wil vergeet…
Loeloe •