Month: January 2014

van die Redaksie

Redaksie

Die Diasfees is hier en ‘n duidelike feesstemming is sigbaar en besig om alom momentum op te bou. Wees daar !!!
Iets vir almal om te geniet en aan deel te neem … ja, selfs vir ons “honde-kinders” is daar gesorg. (Lees berig elders).

Maklik vergeet ons die mense, instansies, munisipaliteit, organisasies, besighede en ander wat agter die skerms werk om dit alles moontlik te maak. Ons sien dit raak en bedank u almal vir die ure en ure se beplanning, reëlings, tyd, finansiële bydraes en toewyding wat dit geverg het, om van so ‘n geleentheid ‘n sukses te maak.

Ook vir die manne en vroue in uniform, mediese personeel en verkeerspersoneel wat gereed staan om enige gebeurlikheid te hanteer. Ons sien raak wat julle doen – mag die feestyd julle nie te moeg agter laat nie.

Dan is daar ook ander soos die skoonmakers, vullisverwyderaars, vrywilligers en ander (om maar net ‘n paar te noem), ons sê “dankie vir jul toewyding en harde werk, mag die feestyd ook vir julle ‘iets lekkers’ inhou”.

Soos David, Pinnacle Point se hek-sekuriteitswag met groot blymoedigheid en’n glimlag wat jou laat nadink, sê: “Maak nie saak wat, laat vandag ‘n ‘jubeldag’ vir jul wees”.

Tot volgende keer,

Julie Retief (Red)

Dias Museum to celebrate 25 years


Mossel Bay’s Bartolomeu Dias Museum – which was opened in 1989 in celebration of the 500th anniversary of Dias’ landing in Mossel Bay – will celebrate its 25th birthday this year. Although the landing itself happened on the 3rd of February, 1488, the party will take place on the 2nd of February in order to coincide with the town’s annual Dias Festival.

“We felt that since this is a special birthday, we wanted to ask someone to talk about the evolution of the museum,” said Mbulelo Mrubata, the manager of the Dias Museum Complex.

“For this reason we’ve asked Dr. Noeleen Murray, a senior lecturer, architect, and academic in the Department of Geography and Environmental Studies at the University of the Western Cape, to be our keynote speaker for the day.”

He said that the consul-general of Portugal, Jorge Fonseca, will attend the event as a guest speaker, and that the executive mayor of Mossel Bay, Alderlady Marie Ferreira, will open the proceedings – which will include the giant birthday cake that has become something of a tradition at the Museum’s annual celebrations.

“As a student studying architecture in the 1980s, the Dias Museum figured in our education as an example of modernist architecture by prominent South African architect Gabriel Fagan,” said Dr. Murray.

“My interest is in exploring how this project has stood the test of time in post-apartheid South Africa, and how the narratives of the past that the museum represents have changed (or not) in the ways in which the museum presents itself.

“As an active participant in debates around heritage and identity in South Africa, and in particular having been involved in the development of museums such as the Lwandle Migrant Labour Museum, revisiting the Dias Museum presents a particular set of representational questions worth exploring anew in the contemporary context.”

The Dias Museum Complex – centred around the Post Office Tree, where early Portuguese navigators would leave letters for one another – includes The Maritime Museum (originally built in 1901 as a grain- and sawmill); The Granary (a replica of a building erected here in 1786 by the Dutch East India Company for the local grain and wool trades, and now used as a reception, information, and education centre); The Shell Museum (also built in 1902, originally as an extension of the old mill); and The Munro Cottages (replicas of two Cape Dutch-style houses built on the original foundations of structures erected by Alexander Munro in about 1830: one a his home, and one as a seamen’s canteen).

The graves of two unknown Muslims are situated in the Museum grounds, which also house a Braille Trail, and the spring where Dias and his colleagues restocked their water supplies.

Mossel Bay Tourism chairperson Jeanetta Marais said that the Museum Complex has become one of the Garden Route’s iconic attractions.
“It seems that everyone knows about the Post Office Tree and the Dias Museum: whenever we exhibit at shows or talk to tour operators anywhere in the world, these are the first things they ask about.

“The Museum is a unique attraction, and it forms a vital part of the backbone of our tourism economy.

“Mossel Bay Tourism wishes it a very happy 25th birthday.”
The Museum is open to the public throughout the year (except on Christmas Day and Good Friday). The 25th birthday celebrations will take place on Sunday 2 February at 1:00 p.m.

More information:

Mossel Bay Tourism: www.visitmosselbay.co.za
Dr. Noeleen Murray
www.uwc.ac.za/Biography/Pages/Noeleen-Murray-Cooke.aspx
Dias Museum Complex: www.diasmuseum.co.za
Dias Festival: www.diasfees.co.za
Follow Mossel Bay Tourism
Twitter – @GetMe2Mossel Bay or @MBayTourism
Facebook – www.facebook.com/VisitMosselBay.

HONDE OP STRANDE TOEGELAAT

Honde sal van hierdie naweek af vir ‘n proeftydperk van tien maande op sekere strande in die Mosselbaaise munisipale gebied toegelaat word.
Ingevolge ‘n Raadsbesluit wat op 28 November 2013 geneem is, sal honde van 1 Februarie 2014 tot 30 November 2014 op Santosstrand en gedeeltes van Diazstrand, Bayviewstrand, Hartenbosstrand, Klein Brakrivierstrand, Reebok/Tergniet, Groot Brakrivier en tussen Eerste Strand en Tweede Strand op Danabaai toegelaat word.
Die gedeeltes waar die honde toegelaat sal word, sal met duidelike kennisgewingborde aangedui word.
Die honde moet te alle tye aan ‘n leiband vas wees, en onder die beheer van die eienaar of ‘n hanteerder wees. Ander voorwaardes is dat die eienaars of hanteerders te alle tye beheer oor hul honde moet hê, en nie die honde mag toelaat om ander strandgebruikers te pla nie.
Kwaai honde moet gemuilband wees, terwyl tewe wat op hitte is nie op die strande geneem mag word nie. Die eienaars of hanteerders sal verantwoordelik wees vir opruiming en verwydering van hul honde se ontlasting op strande, grasgebiede, paadjies, parkeerterreine, en enige gebiede wat deur voetgangers gebruik word. Voetgangers sonder honde moet altyd voorrang geniet.
Honde word verbied op strande in die Mosselbaaise munisipale ingevolge die Verordening insake die Aanhou van Honde, soos afgekondig op 20 November 2009, die Wysigingsverordening insake die Aanhou van Honde, soos afgekondig op 3 Junie 2011, en die Verordening insake die Beheer van die Strand en die See, soos afgekondig op 3 Junie 2011. Oortredings van hierdie verordeninge is strafbaar met boetes van R500.
Laasgenoemde verordening maak egter voorsiening daarvoor dat die Munisipaliteit, nadat ‘n omgewingsimpakstudie uitgevoer is en ‘n gemeenskapsdeelnameproses gevolg is, honde en perde onder sekere voorwaardes en beperkings na goeddunke op strande kan toelaat. Die besluit van die Raad op 28 November 2013 is geneem nadat die genoemde stappe in samewerking met die Mossel Bay Environmental Partnership geneem is. •

hondeborde22jan14

ONTWIKKELINGSVOORSTELLE GEVRA IN TARKA

Die Mosselbaaise Munisipaliteit nooi voorstelle uit vir die ontwikkeling van twee erwe in Roselindstraat, Uitbreiding 6, ook bekend as Tarka, waarop die bouvalle van die ou Friedrich Scheffler-skool onder meer geleë is.

Die erwe, Erf 2002 en Erf 2003, wat onderskeidelik 4246,5 vierkante meter en 4709,41 vierkante meter groot is, is baie goed geleë en ideaal vir ontwikkelingsdoeleindes.
Die ontwikkelingsvoorstelle moet skriftelik teen nie later nie as Vrydag, 7 Maart 2014, by die Munisipale Bestuurder, Posbus 25, Mosselbaai, ingedien word.

VERKLARING DEUR UITVOERENDE BURGEMEESTER: PETROSA-PROJEK

‘n Hele paar briewe het onlangs wéér in die pers verskyn rakende die beplande projek van PetroSA om vloeibare aardgas (VAG) in te voer. Enigeen is natuurlik geregtig om hul standpunt rugbaar te maak.

Omdat die PetroSA-aansoek nog ‘n láng pad het om te loop, doen ek ‘n beroep op almal om nie voortydig te reageer nie. Die aansoekproses bied geleentheid tot deelname en dit kán onbelemmerd benut word binne die gestruktureerde proses wat ruimte bied vir vrae, antwoorde en insette.

Dit is belangrik dat die gemeenskap van die HELE groter Mosselbaai se belange in ag geneem word. PetroSA is die dorp se grootste werkverskaffer, en is ook afhanklik van die invoer van gas vir sy voortbestaan in Mosselbaai. Dit sal eenvoudig ‘n ramp wees as die besigheid sy deure moet sluit.

Dit is ook belangrik om daarop te let dat die sukses al dan nie van die PetroSA-aansoek, nie onderhewig is aan enige Raadsbesluit nie. Dit blyk in elk geval dat die projek op land van bestaande strukture en pypleidingsroetes gebruik sal maak, en dat die Raad se toestemming gevolglik nie daarvoor benodig sal word nie.

Daar kán geen twyfel oor die ekonomiese belang van die projek vir die plaaslike ekonomie wees nie.
Dit is werklik belangrik dat emosies nie nou opgesweep word, of toegelaat word om op hol te gaan nie terwyl daar nog so baie onbeantwoorde vrae is wat hopelik deur die omgewingsimpakstudie beantwoord kan word.

H. Hill•

Hoërskool Punt uitslae

Hoërskool Punt – Point High School – NewsInligting oor matriekuitslae 2013 (added on 27 January 201)

HOËRSKOOL PUNT / POINT HIGH SCHOOL

• 100 % SLAAGSYFER / PASS RATE (193 leerders / learners)

• 85,5% MATRIEKVRYSTELLING / MATRIC EXEMPTION (165 leerders / learners)

• A-simbole / symbols 256• B-simbole / symbols 303

• C-simbole / symbols 369• Een leerder met 8A’s, ses leerders met 7A’s, 3 leerders met 6A’s, 7 leerders met 5A’sLys van A kandidate / List of A candidates

1. LINDA CRONJÉ met 6 A’s en 90,3% gemiddeld

2. JOHAN MÜLLER met 7A’s en 89,4% gemiddeld

3. ILKE DU PLESSIS met 7A’s en 88,7% gemiddeld

– See more at: http://thegremlin.co.za/mossel-bay-news/wordpress/#sthash.W9fN3cKV.dpuf

HOUESPEL KAMPIOENE

DSCF1963

Wenner van die C-Afdeling – Links – Gert Pieterse en Andre Piguet(Rawson Eiendomme)

Rawson Eiendomme se gewilde maandelikse houespel het die nuwe jaar op ‘n hoë noot afgesit. Die 160 spelers wat op Woensdag 22 Januarie 2014 opgedaag het, is ‘n veer in die hoed vir André Piguet van Rawson Eiendomme, want om soveel spelers te lok vir ‘n houespel kompetisie is iets besonders. In die A-afdeling het die talentvolle Anzelle Zeelie (voorgee 5) stof in die oë van haar manlike teenstanders geskop deur ‘n briljante bruto-telling van 74 houe aan te teken. Bertu Nel (voorgee 6) was tweede op 75 houe. Adriaan Maarschalk se netto-telling van 68 houe was goed genoeg om die netto-afdeling te wen. Kort op sy hakke was Colin Brown met ‘n verdienstelike 70 houe. In die B-afdeling, voorgee 10 tot 18, het Ignus Kempen die beste bruto-telling van 78 houe aangeteken. Wessel Brand wat deesdae kookwater gholf speel het ook 78 houe aangeteken, maar is na die uittel tweede geplaas. Wouter Kotzé en André Middel was eerste en tweede in die netto-afdeling op 68 houe. In die C-afdeling het Gert Pieterse (88 houe) weer eens sy stem dik gemaak om sy naaste teenstander met 3 houe te klop. Nico Diederichs se bruto-telling was 91 houe wat dan ook aan hom die tweede plek besorg het. In die netto-afdeling het Tertia Mitchell die manne laat les opsê deur 70 houe aan te teken. Talvin Schultz moes na die uittel die knie buig op 70 houe.

Saterdag 25 Januarie 2014 het 164 spelers aan die genotvolle vierbal alliansie kompetisie deelgeneem. Die spanwerk van Wessel Brand, André du Plessis, Wilhelm van Rooyen en Dick Adcock (94 punte) was een te veel vir hulle teenstanders. Die moedige poging van Gerhard Pool, Stefanus Cronjé en Neels Gouws (93 punte) het aan hulle die tweede plek besorg.

Die “Fantastic Friday” nege putjie kompetisie skop ook Vrydag 31 Januarie 2014 met ‘n groot lekkerte af. Behalwe vir al die pryse wat gewen kan word, is daar ook nog ons normale Vrydagaand gelukkige trekkings. Voorts gaan die vure lekker brand en die reuk van braaivleis sal ver geruik kan word. Indien u nie u eie vleis en wors wil saambring nie, sal hier braaipakke te koop aangebied word. Slaaie sal gratis voorsien word. Kom kuier lekker saam en begin die naweek op ‘n hoogtepunt! •

Mossel Bay congratulates ‘baby sister’ Cape Town

“Cape Town: congratulations on being the place everyone wants to go to in 2014. From Mossel Bay: the place everyone came from 162,000 years ago.”

The recent release of lists of top places to visit in 2104 by some of the world’s most prestigious publications has highlighted Cape Town’s position as one of the globe’s leading destinations – and Mossel Bay Tourism has congratulated it on making it into first place “After only about 360 years.” (It was established as a refreshment station by the Dutch East India Company in 1652.)

“It’s so sweet to see a youngster achieving greatness,” said Mossel Bay Tourism’s Marcia Holm.
She said that the human history of Mossel Bay and the Southern Cape coast stretches back over more than 162,000 years.

An international, multi-disciplinary team of scientists studying the archaeology of the Pinnacle Point Caves (about 12 km west of the CBD) has shown that this was probably where the small group of individuals who were the progenitors of everyone alive today found refuge during a near-extinction event caused by a major cooling of the global climate at that time.

The SACP4 Project (South African Coastal Palaeoclimate, Palaeoenvironment, Palaeoecology, and Palaeoanthropology Project) has attracted more than US$ 10 million in research funding over the last 13 years – with the largest contributions coming from the USA’s National Science Foundation. Members of the team – under the leadership of Curtis Marean, an associate director of the Institute of Human Origins and professor at the School of Human Evolution and Social Change at the Arizona State University – began publishing their findings in 2007.

The Pinnacle Point Caves were declared a Provincial Heritage Site on 14 December 2012 – a first step in the process of having them (tougher with a number of sister sites around the country) declared a World Heritage Site.
“The scientists working on the project have found the earliest evidence for the use of the pigment ochre – and therefore you could say that Mossel Bay is the very birthplace of culture. And they’ve also found both the earliest evidence for the manufacture of composite tools, and the use of heat to improve the quality of the raw material from which they made them – which puts Mossel Bay as the birthplace of advanced technology,” said Ms. Holm.
Cape Town was elected first both in the New York Time’s ‘52 places to go in 2014,’ and in The Guardian’s ‘Holiday hotspots: where to go in 2014.’ It also achieved second place on Travel+Leisure’s 2014 list, and the definitive Lonely Planet put it third in its selection of recommended cities for 2014.

All of these publications emphasised the city’s vibrant cultural life, and its designation as World Design Capital 2014.

In the wake of the death of Nelson Mandela – who is on record as having said that he drew inspiration from the sight of Table Mountain during his years of incarceration on Robben Island – The New York Times headlined Cape Town “A place to meditate on freedom, and the creative life that followed.”

The Guardian wrote that, “Following in the footsteps of Helsinki and Seoul, Cape Town has been elected World Design Capital 2014, giving it the opportunity to showcase about 450 innovation projects. That it was selected more as a ‘one to watch’ rather than a fully polished design leader makes it even more exciting to keep an eye on.”

Travel+Leisure wrote that “There’s never been a better time to visit Cape Town thanks to a proliferation of edgy boutiques, independent galleries, and forward-thinking restaurants … And the buzz is spreading: StumbleUpon noticed that Cape Town is one of the top 10 destinations generating interest among its community of 30 million users.”

And Lonely Planet said that “There’s never a bad time to visit Cape Town. In recent years the city has received a deluge of accolades paying homage to its undeniable natural beauty.”

“It’s exciting to see where that earliest expression of culture has lead us to as a species,” said Ms. Holm. “As Sarah Khan (who wrote the New York Times’ citation) said: ‘Cape Town is again reinventing itself, and the world is invited to its renaissance.’
“And seriously, these recommendations are great news for tourism in the whole of the Cape Province.
“We’re very proud of the City.”

More information:
Mossel Bay Tourism: www.visitmosselbay.co.za
Archaeology of Mossel Bay: www.visitmosselbay.co •

ACVV KENANI

DAGBOEK HIERDIE DATUM
01 MAART 2014

Kenani hou MINI BASAAR 01 MAART 2014!

Ons nooi die gemeenskap uit na Kenani se Mini Basaar op 1 Maart 2014. Daar sal weer watertand lekker eetgoed wees om aan te smul, tweede handse meubels wat verkoop word asook verskeidenheid stalletjies en die gewilde witolifant tafel.

Vir ons troue gemeenskap wat altyd daar is met al ons funksies en ons so goedhartig ondersteun wil ons, die Beheerraad, Inwoners en Personeel Baie Dankie sê.
Vir al ons donateurs en skenkers is ons ewig dankbaar vir die ongelooflike bydraes wat deurentyd gemaak word.

Alpha Straat/Street 7
Posbus/PO Box 2744
MOSSELBAAI/BAY 6500

 

MAAK ‘N NOTA IN JOU
DAGBOEK! 02 MAART 2014

 

Die ACVV Kenani Dienssentrum was op toer na Sleeping Beauty on Ice in die Kaap. Die toer was ‘n groot sukses en mense het dit baie geniet. Daar is lang tyd gespandeer by Rooiberg Winery in die Breede Rivier Vallei met baie om te sien en te doen.
Kort op die hakke is daar nou ‘n volgende toer in die pype vir Maart om die Bekende Vertoning The Sound of Music” by Artscape Teater te gaan kyk. Die vertoning vind plaas op die 02 Maart 2014. Die groep vertrek vroeg (05h00) die Sondag Oggend op die 02de en arriveer terug op Mosselbaai, Maandag die 3de Maart 2014 namiddag. Tydens die toer is daar verskeie stop punte en besienswaardighede langs die pad. Met die terugkom slag word daar ‘n stop beplan in Stellenbosch.

Koste verloop teen R1100.00 per persoon.
Die koste sluit in Akkomodasie, Vervoer en Verblyf. Etes is vir eie sak.
Die sluitings datum vir besprekings en deposito betaling van R400.00 is die 14 Februarie 2014.

Recipe of the Week – Bobotie

Oorspronklik is dit met gemaalde lamsvleis gemaak, maar dis nie meer so maklik te kry nie. Gebruik gerus gemaalde beesvleis – dit werk net so goed.

Bestandele:
(4 – 6 porsies)
1 kg beesmaalvleis
1 dik sny bruinbrood
250 ml melk
2 uie, gehalveer en in skywe gesny
30 ml sonneblomolie
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml fyn appelkooskonfyt
1 eier, geklits
30 ml witwynasyn
lourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Eier-bolaag
3 eiers
375 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Verhit jou oond tot 180 °C. Week die bruinbrood tot sag in die melk. Maak die brood fyn met ’n vurk. Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin. Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute. Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by. Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op. Sit in die warm oond en bak vir 15 minute. Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor. Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.