Month: August 2014

HEALTH CARE TRAIN BACK IN MOSSEL BAY

The Transnet Phelophepa Health Care Train will arrive in Mossel Bay and will be at the Mossel Bay station to provide health care services to the Mossel Bay public from Monday, 25 August 2014 to Friday, 29 August 2014, and from Monday, 1 September 2014 to Friday, 5 September 2014.
The aim with the train is to support the Department of Health as well as to provide services that are not yet available at all clinics. The train is operated on a day-to-day basis by a team of health care professionals. Most of the services are free, although fees may be payable in some cases. It will, however, be minimal and the most that anyone will pay, is R30 for a pair of spectacles.
The services provided include a basic health education programme for community volunteers. The aim of this programme is to inform them on issues such as personal and environmental hygiene, oral rehydration therapy, immunisation, family planning, prevention of STD’s, HIV and AIDS, alcohol abuse and smoking. It is anticipated that once trained these volunteers will be utilised as support systems in communities to Community Health Nurses and Workers.
Another service on the train is the Roche Health Clinic, of which the main function is to do screening for health problems and to do health education.
The Eye Clinic on the train provides screening for visual problems and ocular pathology while there is also a Dental Clinic which provides oral health education as well as a range of dental services. The majority of the services are free, although there will some charges. People are advised to come early as they will be assisted on a first-come first-served basis.
Qualified psychologists as well as final-year psychology students man the psychology/counselling unit on the train and provide individual and group counselling. This team also provides workshops on request to social workers, nurses, teachers, community centres, hospitals, clinics, religious leaders, police and parents.

More information on the train can be obtained from Ms Haylene Claassen at the Mossel Bay Municipality at telephone (044) 606-5228 or 0846503970 or by e-mail at hclaassen@mosselbay.gov.za.

PHELOPHEPA-GESONDHEIDSTREIN – Terug in Mosselbaai
Raadslid Venolea Fortuin, Burgemeesterkomiteelid vir sosio-ekonomiese aangeleenthede het op Dinsdag, 26 Augustus die bestuurder van die trein ontmoet en ook die fasiliteite op die trein besigtig.

Die doel is om gesondheidsdienste, wat nog nie by klinieke beskikbaar is nie, aan die publiek van Mosselbaai te verskaf.
Dienste is die week tot 29 Augustus beskikbaar en weer vanaf Maandag 1 September tot Vrydag, 5 September 2014.
Vir meer inligting oor die trein kontak: Ms Haylene Claassen by Mosselbaai Munisipaliteit by:
044 606 5228 of
084 650 3970 •

Classifieds

Entertainment

WINDGAT SPORTS LOUNGE AND DANCEFLOOR – Watch this space for awesome new themed evenings!!! Texas Hold ‘em Poker nights, Singles Nights, Student & Beerpong Nights, Movie Nights. Be sure not to miss out and come visit us in Marsh street.

For Sale

In Lak’ Ech – Handmade dreamcatcher accessories – hand jewellery, barefoot sandals, necklaces, keychains, hair jewellery, 071 355 6540

Fairy dresses & Accessories – Dresses from R100 – 071 355 6540

Cloakes Cloakes Cloakes! Differentths & Colours. Cloaks from R300. 071 355 640

Services

Come put some funk in your hair with beautiful hair wraps! Bead it * Wrap It * Feather It * We are running a lovely special till end of September. R100 for one Wrap & R180 for two Wraps! Whatsapp Misty 071 423 8756 for an appointment

Writer? Creative writing classes to anybody 13+. Writers “Support group” Contact Jason 071 747 1852 / jmykl@live.com

Typing service @ R20 per page. Fast service & Quality work. I also print out typed documents for free.Contact Bertie on whatsapp – 072 797 5987 or email: designbitounews@gmail.com.

 Properties

South Ocean Properties
Wil u ‘n huis of woonstel verkoop ? Ons bemark en verkoop graag u eiendom. Ons help ook graag indien u ‘n eiendom wil aankoop. Kontak Chris by 082 540 6912.

South Ocean Properties
Wil u ‘n huis of woonstel verkoop ? Ons bemark en verkoop graag u eiendom. Ons help ook graag indien u ‘n eiendom wil aankoop. Kontak Johan by 083 407 4974.

Sake met Francois – Wie is my klante?

(Op Afrikaans is die gebruik om “klante” te beskryf as die mense/instansies wat tasbare goedere verbruik, en “kliënte” is diegene wat dienste verbruik.)
In die bemarkingsbeplanningsproses is een van die heel eerste stappe om te bepaal wie is die klante van ‘n onderneming. Die omskrywing van hierdie aanvanklike vae groep entiteite (mense en instansies) is krities vir die suksesvolle beplanning en loodsing van die bemarkingsaktiwiteite. As voorbeeld: Indien my klante eintlik die lae inkomstegroepe is (LSM 1, 2, 3), en my produk is goedkoop items soos vadoeke, waslappe en komberse, dan sal meeste van die geld wat ek spandeer aan reklame in SARIE tydskrif verlore wees. Die oorspronklike identifisering en omskrywing van my teikenmark of klante is noodsaaklik vir die beplanning van al my verdere bemarkingsaktiwiteite.
So wie is eintlik my klante?
Die vervaardiger van kitssop en kitsnoedels wat glo dat sy primêre klante die eindverbruiker is, sal soos baie ander besighede ‘n middelmatige sukses behaal. Die primêre klant in die geval is die kleinhandelaar – want wie is die eerste plek waar my produk land voordat die eindverbruiker dit koop en geniet? Juis die supermark, kafee op die hoek, of die smous. En as ek SY behoeftes kan bevredig, is ek halfpad op pad na die eindstreep toe.
Wat is hierdie klant se behoeftes?
Enige produk of diens moet ‘n behoefte bevredig. Hoe beter die behoeftebevrediging, hoe beter gaan die produk omset wees. En die primêre behoefte van die kleinhandelaar is dat die produk winsgewend moet wees, vinnig van die rakke af verdwyn, en vinnig weer vervang kan word. Geen klein kafeetjie het eindelose kapitaal om in voorraad in te druk nie, en hoe minder kapitaal in voorraad vasgevang word, hoe meer kapitaal is beskikbaar om ‘n groter verskeidenheid items aan te hou, wat op sy beurt meer klante vir die kafee beteken.
Hoe kan die verskaffer voorsien in hierdie behoefte?
Die verskaffer kan verseker dat klante se voorraadvlakke laag is maar nooit totaal leeg nie. Dit kan gedoen word deur meer gereeld af te lewer en in kleiner hoeveelhede af te lewer. Die meer gereelde aflewering in kleiner hoeveelhede sal ook die verskaffer in ‘n posisie plaas om meer klante gelyktydig tevrede te hou; ook die verskaffer sal minder voorraad nodig hê op deurlopende basis. Hierdie voordeel kan deurgetrek word selfs na die vervaardiger toe, wat sy vervaardigingskapasiteit beter kan benut.
Slotsom
‘n Produk kan die beste op die mark wees, maar indien dit nie vir die kleinhandelaar voordeel inhou in terme van omset en wins nie, sal die kleinhandelaar altyd traag bly om dit in voorraad te hou. Identifiseer die klant korrek , en die onderneming se bemarkingsaktiwiteite sal altyd doelgerig en effektief wees.
Vir meer inligting oor bemarkingsbeplannning en die fokus van bemarkingskommunikasie, kontak gerus Francois le Roux van Garden Route Business Services by francois@grbs.co.za

Vasbyt – Hoekom voel ek nie lus om te leer nie?

Jy weet moontlik al teen hierdie tyd watter Beroepsrigting jy oorweeg. Indien jy in Matriek/Graad 12 is, het julle seker al begin met hersiening vir die eindseksamen. Jou uitslae kan bepaal in watter mate jy jou Beroepsrigting gaan bereik. So vir jou kan ek net së Sterkte en Vasbyt!
Die reeks “Dream School” het so pas klaargemaak op SABC 2 en ons het almal gesien daar was verskeie redes waarom hierdie leerders kanse verspeel het, maar gelukkig kon hulle weer ‘n kans kry. Nie een van hierdie leerders was “dom” of akademies nie instaat om matiek te haal nie, maar hulle het skool verlaat oor allerhande probleme soos:
a) Ek haat skool; b) Ek hou nie van die onderwysers nie; c) Onderwysers is almal “simpel”; d) Ek het swanger geraak en nie weer terug gegaan nie; e) Ek het verkeerde maats gehad en saam met hulle skool gemis om verkeerde dinge te doen (My vraag wanneer is hulle die verkeerde maats, kan dit dalk wees dat jy die verkeerde vriend vir hulle is, of dat julle nie goed is vir mekaar nie omdat julle negatiewe gedrag by mekaar verhoog en sodonde verkeerde invloede op mekaar het); f) ek stel meer belang in sport (wat doen jy as jy nie meer sport kan doen nie en jy het nie ‘n goeie basis gebou nie); g) My ouers het so baie baklei en ek wou net uit die huis uit wegkom en nog vele meer.

Soos die program gevorder het, het dit al hoe duideliker geword dat daar baie meer is wat ‘n rol speel, maar die grootste probleem was die leerders se HOUDING (ATTITUDE).

Indien jy nie iets positiefs wil vind nie, gaan jy bly verskonings soek en geen vordering maak in jou skoolwerk of in jou loopbaan (werk) eendag nie. Jy sal altyd ‘n verskoning kry waarom jy nie suksesvol is nie, en dit sal altyd (volgens jou) of die onderysers, maats of jou baas se skuld wees. My eerste vraag aan jou is; Is daar iets wat jy kan verander om akademies beter te doen. Net soos jy nie nou vir jou onderwysers se beswil jou studiewerk doen nie, maar vir jouself (jy is die een wat matriek moet slaag, die ondrwysers het dit klaar vermag), gaan jy eendag vir jouself ‘n werk verrig. Besluit om vandag in jouself te glo en iets positiefs uit elke klas saam te neem huistoe en jy gaan verras wees hoe jy geleidelik in jou werk verbeter.
Vir leerders van Graad 11 en laer is dit nog nie te laat om daaraan te werk om julle punte te verbeter nie. Vanaf graad 10 raak dit krities belangrik dat jy nie net op jou geheue staatmaak nie, maar al jou vakke moet verstaan sodat jy die werk op ander probleme in di edaaglikse lewe kan toepas. Menige leerders het al hul vingers verbrand omdat hulle nie gestudeer het en tyd aan hulle akademie bestee het toe dit nodig was nie. Jy het nog tyd om daaraan aandag te gee, om aan jou eie houding te werk en uit te vind WAT jy kan verbeter en HOE jy dit kan verbeter.
Waarom presteer ons nie so goed soos ons behoort te doen nie, daar kan verskeie redes wees:
a) Ek het nie ‘n studietegniek wat ek toepas nie. Selfs Wiskunde moet geleer word – dink net al die reëls wat mens moet toepas in Wiskunde). Gaan na jou LO Opvoeder hulle kan jou help of besoek ander persone wat Studie vaardigheidsklasse aanbied.
b) Ek beplan nie goed genoeg nie en het hulp nodig om my tyd beter te beplan.
c) Ek het ‘n baie vol buitemuurse program en kom nie by my akademiese werk uit nie.
d) Ek vermors tyd op allerhande nietighede soos bv. ‘n TV rogram wat ek net MOET sien
As jou probleem b);c); en of d) is, moet jy beter beplan en vir jouself ‘n tydraamwerk opstel wat jy kan volg. Baie volwassenes doen deesdae ekstra kursusse om te leer hoe om hulle tyd beter te beplan of bestuur.
e) Ek stel uit want ek dink nie ek is in staat om die werk te doen nie. Kry ekstra hulp by iemand wat uitstekend met die vak is en kyk of jy nie jou punte in daardie vak kan verbeter nie. Niemand verwag 100% van jou nie, maar elke 5% wat jy beter doen in ‘n vak is ‘n verbetering in die regte rigting.
f) ‘n Groot verskoning baie keer is my ouers glo ek kan dit nie doen nie. Dit kan wees omdat jou ouers baie keer jou werk uit jou hande neem en die werk vir jou doen (skoolwerk of take by die huis), terwyl hulle sê “gee ek doen dit gou vir jou dan kan jy jou boek lees (of watter rede ookal), op die manier kry jy die boodskap dat jou ouers dink jy is nie instaat om dit self te doen nie. Wat gaan jy hieraan doen? Of iets soos ‘n ouer wat sê “ek was nooit goed in Wiskunde nie, daarom sal jy ook sukkel”, dit mag dalk wees dat iemand anders in jou groter familie beter daarmee was en jy eintlik daardie “Wiskunde” gene van daardie persoon geëerf het, nou kruip julle agter daardie verskoning weg en so benadeel jy jouself.
g) Ek weet nie wat ek moet doen nie, want die kinders lawaai te veel in die klas. Gaan vra die onderwyser na klas wat hy/sy verwag.
h) Ek wil nie die huiswerk doen nie, soms die verskoning as ek onseker is oor hoe om dit te doen. Ek het self na baie trane uitgevind dat as ek eers self probeer en bietjie terug gaan na die vorige werk en alles stap-vir-stap vir myself verduidelik, begin ek die werk regkry en soms selfs geniet. Glo in jouself.
i) Ek gee nie om of die werk gedoen word nie, ek voel nie in die bui om dit te doen nie. Gaan praat asb met jou LO onderwyser of enige ander volwassene wat jy voel jy kan vertrou.
j) Ek werk beter onder druk en stel daarom uit tot op die laaste. Indien ek al my voorbereiding elke week bietjie vir bietjie doen is dit makliker teen die einde wanneer ek net alles moet uitsorteer en bymekaar moet sit.
k) Ek voel nie reg om te begin nie, my gemoed voel nog nie reg vir hierdie stuk werk nie. Gaan sit net op dieselfde plek elke dag dieselfde tyd en haal die boeke uit, begin hier en daar lees in die boeke en na ‘n rukkie sal jy uitvind dat jy meer begeesterd is om meer te weet.

Jy kan hulp kry by die skrywer van hierdie artikel Sien advertensie hierby vir kontakbesonderhede.
Indien julle enige vrae het wat julle voel julle wil hê dat ek hier moet behandel kan julle vir my vrae stuur sodat ek daaroor kan skryf. Indien daar geen vrae is nie sal ons sal met die volgende uitgawe kyk na hoe om te beplan vir jou studies. •

Global Academy of Education

If you are concerned about finding a place for your child in 2015-2016 for Grade R /1, Global Academy will secure a place, if your child is placed in our Grade RR class.

The 2014 Grade RR class invites potential parents and children to visit them in Heiderand.

IMG_2490

 

Six intermediate learners from Global Academy took part in the Mossel Bay Eisteddfod and received three GOLD and three Silver certificates. For some this was their first experience so the school is very proud of their efforts.

IMG_2486

 

Global Academy’s Grade R class took part in the Mossel Bay Eisteddfod and received GOLD for their Choral Verse. This is their first experience of this kind and the school is extremely proud of them.

IMG_2489

Global Academy is a small independent primary school in Heiderand, offering affordable and value-based education from Grade RR – Grade 7.

 

 

 

 

Business Focus – Pecan Nuts

DSC_0097

Describe your business in a short paragraph:
Selling Pecan Nuts
When did you start your business?
June 2013
What prompted you to start / buy your business?
Being health “nuts” ourselves we wanted to sell a healthy product and these nuts being high in Omega 3 oils seemed to be ideal and in great demand.
My business is aimed at?
The general public and in particular health conscious people and home industries (bakers)!
What products / services are you offering?
As above.
What is your competitive advantage?
A quality product at a competitive price.
Personal achievements:
We came to South Africa in 1964 from London U.K. and within 3 months opened a photographic studio in Kempton Park under the name of Glenn Photography – we specialized in Commercial, Industrial end Wedding photography.
Our professionalism and service was immediately appreciated and accepted by the community for 40 years but then we had to close because of crime, so we chose to come down to Mossel Bay.
What makes your business stand out in the crowd?
Quality of our product with good marketing and a passion for what we do.
Complete the following statements:
“ Through experience, I’ve learnt that…..”
It’s not what you say it’s what you do and honesty and friendliness is the best policy.
What is the most important message you wish to send to the community?
Being 81 and my wife 76 we like to talk health and NO.1 has to be, Stop Smoking NOW and start living a healthy lifestyle and enjoy the quality of life we are lucky to have in this fantastic town of ours – Mossel Bay – with its sunshine, beaches and its outstanding history.

 

 

Barking Mad – Eden

Canines thrive in a pack because this is their natural form of living. They see your household and all the family members as their pack. The pack leaders are those who not only run the household, kids and everything that goes with it. These people are also those who protect and care for their canines, saying that, people forget that a canine is not only a cute, cuddly, furry family member of the pack but also a member of the pack who needs rules. Imagine yourself not implementing rules towards your children. They would hang on your television, jump on your sofas, play with balls and cricket bats inside your house, damage control would be taken far more often than n braai with friends. Why do we allow our canines to do as they please, then expect them to listen when friends come around, they jump all over them, lick them in the face and urinate in the house.

Embarrassing right? Remember, all canines need:
· Rules.
· Boundaries.
· Limitations.

Then you can expect them to listen when you give them a command. Being a leader, to your canine, is a full time job and remembers folks if you treat your canine like a human; they will treat you like a dog.

Phillip Page: 072 772 6252
Nikki Page: 083 879 6968
Email:
barkingmad@telkomsa.net

Postcards, art and archaeology connect Mossel Bay and Europe

South African born artist Laura Emsley is using postcards to connect the people of Europe with their African origins via her ‘Modern Minds’ exhibition, which was developed during a three-month-long residency at La Maison des arts Georges Pompidou. It’s been on show in the French town of St Cirq Lapopie (www.saint-cirqlapopie.co.uk) since the 6th of July, and is also a feature of the Lot Valley region’s Contemporary Art Festival.
St Cirq Lapopie is situated close to the famous Pech Merle Cave, which is decorated with rock art that dates from the Gravettian culture (which thrived more than 25,000 years ago), and possibly from the later Magdalenian era (18,000 years ago). The seven chambers of the cave sport lifelike images of woolly mammoths, horses, reindeer, and humans, as well as many abstract symbols. The system is one of only a few French rock art sites that are open to the public.

Mossel Bay’s Pinnacle Point Caves, on the other hand, have revealed the earliest evidence for modern human behaviour – dating to 162,000 years ago. This includes the systematic harvesting of seafood, the earliest complex technology (in which tiny, precisely made stone bladelets were embedded in other media – wood or bone – to create more efficient tools), and the earliest use of fire to anneal a raw material (silcrete), and so create a superior product from which tools were made.

With more than 40 scientists from around the world, and massive grants from the USA’s National Science Foundation and the Hyde Family Trust, the South African Coastal Palaeoclimate, Palaeoenvironment, Palaeoecology, and Palaeoanthropology (SACP4) Project is led by Curtis Marean, an associate director of the Institute of Human Origins and professor at the School of Human Evolution and Social Change at Arizona State University. It is the largest scientific project of its kind in the world today.

“In Europe, the common belief still seems to prevail that the modern mind with its ability to create symbolic form appeared there, out of nowhere, during the Upper Palaeolithic” (or Late Stone Age), said Ms. Emsley.

“The significance of the finds in South Africa does not seem to have penetrated the European public’s consciousness. The aim of this project is to disrupt this Eurocentric version and create a greater awareness of [humankind’s] links to South Africa.”

For her exhibition, Ms. Emsley made videos in both Pech Merle and Cave 13B at Mossel Bay’s Pinnacle Point, which is the focus of the SACP4 Project – an interdisciplinary study of the Middle Stone Age archaeology and other aspects of various caves in the Southern Cape.

She said that her project links the abstract markings seen on the walls of various European caves to markings on artefacts like those on the famous engraved ochre block that was found by the team led by Prof Chris Henshilwood (of the Institute for Human Evolution at the University of the Witwatersrand) at Blombos Cave in the Western Cape – and which accord with theories advanced by David Lewis-Williams in his seminal book, ‘Mind in the cave.’

According to Dr. Peter Nilssen, a consulting archaeologist who brought the Pinnacle Point Caves to the attention of the scientific community at the end of the 90s (when he and his colleague, Jonathan Kaplan, discovered the finds during a routine survey of the land that would become the Pinnacle Point Beach & Golf Estate), Ms. Emsley has focused her project on the use of the word ‘modern.’

“She looks at how the word defines ourselves and our concept of time, and how relics and art of the archaeological record connect our minds across the space that separates Europe from South Africa.

“In order to physically and symbolically make the connection between Pech Merle and Mossel Bay – and between Africa and Europe – Laura has created a limited edition of fifty works by adapting one of the Postcards from Pech Merle, with a painting of a mammoth on the front, and the label ‘Post-modern’ on the back.

“These are available at five Euros each, and the proceeds go to the trust that sees to the conservation of the Pinnacle Point Caves.

“Laura gets the buyers in France to address the cards to themselves, and to put them into envelopes which she posts to us in Mossel Bay.

“When we get them, we write a short greeting from the Point of Human Origins on each one, and stamp and post them back to their owners via the postbox at the historic Post Office Tree in the Bartolomeu Dias Museum Complex – complete with a special commemorative frank from the world’s South Africa’s oldest post office,” said Dr. Nilssen.

“The participants’ contribution to the preservation of the Pinnacle Point Caves is acknowledged through a listing on the Roll of Honour on Mossel Bay’s Point of Human Origins website – and the circle linking humanity across the planet is completed,” he said.

Borg ‘n Stoel vir Kenani!

Borg ‘n Stoel vir Kenani en WEN!!!!
Die koste per kaartjie is R100.00. Koop jou kaartjie en WEN ‘n Skaap!
Sluitings Datum is die 15 de September 2014.
Die ACVV Kenani Dienssentrum benodig dringend 200 stoele vir Inowners en Lede wat elke dag van die stoele gebruik maak op een of ander manier deur een of ander aktiwiteit.
Dit het tyd geraak vir ons om die ou stoele te vervang met nuwer en sterker stoele.
Donasies van enige aard is ook welkom.
Skakel ons kantoor vir kaartjies of navraag oor die Stoel Projek.
Tel. 044 690 3204

Musings of

Die Voordeel van die Nadeel…………

by Jacques Valjean
Soms loop alles verkeerd. En mens is sommer omgekrap daaroor. En die res van die week is nog erger, want as hy sleg begin dan BLY hy sleg!
Nie altyd nie…
Ek moes die Dinsdag op George wees vir ʼn optrede, en waar ek bly is nogal ʼn entjie van George af, so half buite die dorp. Maar die vorige week al het die Beetle se battery begin streke uithaal; soms moes ek die kabels uithaal en iemand verleë in die oë kyk vir hulp, maar, ek het gevorder.
Dinsdagoggend moes die Beetle weer met buurman se voertuig aangeskakel kom, maar die het darem gevat. En vir so 800m gewerk. En gevrek. Soos in morsdoodgevrek gevrek.
Ek het die Beetle mooi netjies langs die grondpad in ʼn inhammetjie gebêre, en snaar en stramboel neergelê. Duimry was my voorland. Betyds op George gekom, lekker musiek gemaak, en teruggekom. Woensdag moes die tjor reg. En die gawe mense van die garage het my kom haal. Terug huis toe wou ek die 8 kilometer stap; miskien as bietjie boetedoening.
En dis hier waar die seëninge begin ophoop het…
Die eerste paar kilo’s tot anderkant die N2 was – wel, standaard. Toe kry ek mense van vooraf wat ook stap – in dorp toe. En sonder uitsondering groet hulle. Nie skaam-skaam nie, maar sommer prontuit! En die stap raak lekker…
Daar is die minder mooi ja. Eers die dooie rinkhalsduif – seker deur ʼn kar getref. Vyftig treë aan, ʼn dooie kat – herkenbaar net aan die slagtande. Nog ʼn slagoffer. Maar toe begin die mooi dinge…
Ek sien plek-plek slaan die nuwe seisoen se vinkel uit. Jong-jong blaartjies, en ek pluk ʼn paar en loop kou-kou voort met die liquorice smaak wat bly hang – soet!!!!! En na ek die een gesien het, sien ek klompe raak – soos hare op ʼn hond. Man, dit gaan mooi wees die somer!
Wat is daardie? Braktak sien ek uie blare. Stop, grawe, – preie! Haal een uit, vryf die wit blare fyn tussen my vingers – – jip, PREIE!!!!
Ek jaag gewoonlik die pad af. Wel, nie jaag nie, maar teen 80 is daar nie veel kans vir rondkyk en raaksien nie. Ek sien altyd die perde in die kampe, maar vandag, vandag gaan ek naderstaan en gesels. Die witte kom sommer gou nader toe ek fluit by die draad. Staan styf teenaan. Nie baie mal oor die krap op die snoet nie, maar die vryf teen die nek is welkom. En dit snuffel sommer goed hier aan my mou. En ek vertel hom hy is so mooi, ek gaan haar een of ander tyd bring en voorstel – net soos ek haar gaan bring om die vinkel en die preie te sien – sy sal dit kan waardeer. Maar perd snork. So asof hy my nie glo nie. Ek gaan my nie van ʼn perd laat snork nie – ek sal hom wys, ek gaan haar bring!
Die volgende kampie se perde is nie so vriendelik nie – twee vosse (een met ʼn bles) en ʼn witte vertrou my nie. Een vosperd staan nader en probeer so langnekkerig aan my hand ruik vir soetgoed, maar wil nie naby genoeg kom vir aanraking nie. Die merrie draai weg en gaan skinder by die ander twee oor die verwaande mensding wat hom verbeel hulle sal aan hom aandag gee…
Ingedraai by die stofpad na my blyplek (met blase onder die voete van skoene wat nie regtig vir stap gemaak is nie) hoor ek ʼn gejil op die telefoondraad en sien ʼn vreemde bruinborsvoëltjie op en af spring op die draad – “as Telkom gaan sien hoe trampolien jy op hulle draad gaan hulle jou gryp!” sê ek hom. Maar nee, hop en spring voort op die draad! Ek nooi hom om te kom kuier as sy daar is, maar hy sê niks – hop net voort. Ek hoop hy kom maak ʼn draai..
Die driffie bring ʼn ander verrassing – die gesellige gemurmel (o mooi woord!) van die stroompie onder die pad deur – musiek op die ore!!! En ek staan eers ʼn rukkie en luister, kan nie deur die riete sien waar die geluid vandaan kom nie, maar dit bly musiek. Sy moet dit ook hoor….
Nog 20 meter verder kom haar WhatsApp deur – en ek begin in die loop vir haar vertel dat die moeilik van teenspoed maar altyd iewers ʼn blink kantjie het. Vertel wat die perd gesê het, van die vinkel, die voëltjie…
“Volgende keer kom haal jy my om saam te stap, nê!”
Vir seker. Maak net seker dat my kar breek…. •