Month: December 2015

van die Redaksie

Untitled-1

Almal wil graag gelukkig wees, maar min kry dit reg.
Die lewe deel gereeld sy klappe uit, ons kry seer, ons kry swaar, en boedel oorgee word ‘n opsie.

Ons kan nie altyd beheer wat met ons gebeur nie, maar hoe ons daarop reageer en hoe ons dinge gaan hanteer, kan ons beheer.
Dit vat soms die uiterste selfbeheersing en ons kry dit nie altyd die eerste keer reg nie.

Jou gedagtes bepaal jou denke en lewensuitkyk.
Positiewe denke alleen gaan jou nie suksesvol maak nie, maar dit kan help om jou te motiveer en te inspireer om dié dinge te doen, wat nodig is om suksesvol te wees.
Die lewe skuld jou niks, so staan op, gaan uit en maak dit gebeur.
Onthou – swaar en slegte tye in ons lewe het ‘n vervaldatum.

Hou op kla, raak stil en sien al die klein, maar goeie dingetjies in jou lewe raak.

Dalk sal jy dan ook soos Steve Hofmeyer kan sê: “Ek sou my seëninge kon tel as hulle net stadiger wou kom”.

MOSSEL BAY SHARK ATTACK PREVENTION PLAN REVEALED

Like many popular coastal towns along the South African coast, Mossel Bay is expecting an influx of tourists this festive season. With more surfers and swimmers in the water during the holidays, and with an increase in shark sightings and encounters over the past few months, local ocean users have put plans in place to try an help safeguard Mossel Bay’s beaches from an unfortunate incident.
Their two-pronged approach to water safety during the 2015/16 summer holiday season, include shark spotters, training for community members so they know how to use the specialised first aid ‘Shark Attack’ kits that will be placed in strategic locations around the bay, and even a remote controlled live cam for lifeguards to monitor the water if the required funding can be arranged.

SOUTHERN CAPE SHARK SITUATION: MOSSEL BAY SURFERS TAKE SAFETY STEPS
Following an increase in shark sightings and encounters during recent months – including the bite in Still Bay on 25 October – local Mossel Bay ocean users this week instituted a two-pronged approach to safeguard ocean users in Mossel Bay during the 2015/16 summer holiday season.
Llewellyn Whittaker is spearheading the Shark and Ocean Awareness Committee.
Spearheaded by long-time local and head coach at Waves School of Surfing, Llewellyn Whittaker, the Mossel Bay Shark and Ocean Awareness Committee is made up of representatives from the Mossel Bay surfing community, Oceans Research, White Shark Africa, Mossel Bay Yacht Club, Mossel Bay Municipality, Go Fish professional fishing charter operators, SAPS Sea Border Unit, Mossel Bay Tourism and the Gouritz Cluster Biosphere Reserve.
Their aim: to facilitate and promote the marriage between the White shark population – which is a major asset to the town’s ecotourism – and the safety of ocean users.
“Mossel Bay represents one of the most dense white shark aggregations in the world,” explains Dr Enrico Gennari, Director of Research at Oceans Research. “White sharks in Mossel Bay are present throughout the year – conversely other areas in the world,” he says.
According to Gennari there are between 10 and 40 white sharks in the bay every day and most remain in Mossel Bay for up to seven months at a time. Contrary to popular belief this population has remained relatively stable over the past 10 years showing a small increase lately, explains Gennari. Because of this, and because the bay is much more sheltered than Cape Town or Gansbaai, the shark cage diving boat in the bay have a near 100% success rate.
It also, however, means that there is some sort of inevitability as to sharks and ocean users interacting. Or, ‘it’s just a matter of time’ as Whittaker says.
Mossel Bay is a popular stop for surfers and other ocean users all year around

As a short term solution then, a “Prevention and Response” strategy was outlined by the committee this week:

PREVENTION:
Quick communication – There is an existing WhatsApp group among lifeguards and emergency services through which any ocean emergency or shark activity will be communicated.

Eyes in the sky – Kobus Crouse from Mossel Bay Helicopters runs regular flips over the bay and out to The Point during the holiday season. Part of the attraction of his flips is shark spotting. Should he spot any activity in close proximity to any water users he will inform the WhatsApp group and circle above the shark, indicating its position and giving lifeguards a queue to clear the water. Crouse’s services in this regard are purely voluntary and he and his pilots are a key ‘eye in the sky’.

In addition, the committee will ask the professional skydivers from Skydive Mossel Bay to join the group so that they can bring to attention any sharks they may spot on their many daily jump loads.
Shark spotters – the committee is calling on members of the local surfing community to volunteers as shark spotters. The possibility of making use of Diaz Hotel is being investigated, please contact Llewellyn Whittaker on 078 297 3999 should you be interested.
“We also want to put up a camera on Diaz hotel,” said Convener of the committee, Llewellyn Whittaker, from Waves School of Surfing. “The particular model is remotely controllable through a smartphone or tablet, thus ideal for the lifeguards on the beach to use,” Whittaker said. “This will be great for all year round use and will take the place of a traditional ‘shark spotter’ as employed in Cape Town. This, however, comes with a price tag of around R25 000, we urge the community and business’s of Mossel bay to support this initiative,” he said.
Mossel Bay’s lineups are often busy from dawn to dusk. Joseph Krone grabs one more before dark

RESPONSE:
Shark attack kits – specialised First-Aid kits will be placed at strategic points for easy access in the unlikelihood of a shark bite: Delphino’s Restaurant; Diaz Hotel (at reception); Klein Brak (lifeguards); SAPS water wing; NSRI; White Shark Africa; Oceans Research; Mossel Bay Yacht Club, Waves School of Surfing.

“Christo Kruger from White Shark Africa has kindly offered to buy the shark attack kits for myself, Delphino’s and Diaz Hotel,” said Whittaker. Mossel Bay Lifesaving will provide the training to any members of the community who are interested, on how to use the shark attack kit. “The Yacht Club – as one of the biggest water users – has also offered their services and will also be assisting in the training and purchasing of kits,” Whittaker said.
“The concept is double: preventive is better than curing. Besides all the measures to make sure a rapid response to a shark bite increasing the chance of survival for the victim, spotting an animal before an incident could save lives while protecting nature (without culling white sharks and impacting heavily on the marine ecosystem),” says Gennari. “It must be a community approach where everyone does their part.”

(The Gremlin)

DIE NUWE ATKV HARTENBOS SEEFRONT

17

Met ‘n trotse geskiedenis van 79 jaar is ATKV-Hartenbos gereed om ‘n nuwe baadjie aan te trek. Dit kom nadat die ATKV toestemming verkry het om voort te gaan met die planne vir die ontwikkeling van die Hartenbos Seefront.

Na verskeie gesprekke en voorleggings, het die Raad van die Mosselbaai Munisipaliteit die goedkeuring aan die ATKV verleen om voort te gaan met die projek.

Die eerste fase van die ontwikkeling gaan nie net ʼn aanwins vir die ATKV en sy lede wees nie, maar ook vir Mosselbaai en die Suid-Kaapse toerismebedryf.

Die ontwikkeling sal in vier fases gedoen word waarvan die eerste fase teen einde November / vroeg Desember2015 afgehandel sal wees om te verseker dat vakansiegangers oor die Feesseisoen hul welverdiende vakansie kan geniet. In dié eerste fase sien die ontwikkeling as volg daarna uit:

• Die Skoffelskuur en Na Donker-kuierplek en restaurant verskuif na langs die Walvissaal.
• Die konstruksie van die ablusieblok op die B-kampeerterrein.
• Die warmwater-onderdakswembad word opgegradeer en uitgebrei.
• Die konstruksie van die eerste gedeelte van die kleinhandelfasiliteite en nuwe pretpark begin.
• Verskeie pad-opgraderings word rondom die terrein voltooi.

Belangstelling onder kleinhandelaars vir vloerspasie in die ontwikkeling is reeds baie groot en onderhandelinge begin nou in alle erns om vir gaste, kopers en die gemeenskap waarde en verskeidenheid te bied.

‘n Nuwe maatskappy is reeds gestig om uitvoering aan die projek te gee en die ATKV sal ‘n aandeel van 50% plus een hê. Die res sal deur ander aandeelhouers besit word. Alle werk gedurende die ontwikkeling sal deur middel van ‘n deursigtige tenderproses hanteer word. Plaaslike diensverskaffers sal ook aan die prosesse kan deelneem.
Ons wil ook die geleentheid gebruik om die volgende inligting aan gaste en besoekers aan die ATKV-Hartenbos Vakansieoord, gedurende die konstruksieperiode asook die 2015 Desember-vakansieseisoen, deur te gee:

· Alhoewel die Pretpark slegs gedeeltelik toeganklik sal wees (wipmatte, minigholf en kouewaterswembad) sal daar verskeie alternatiewe vermaak vir jonk en oud aangebied word by die Amfiteater.
· Weens konstruksie en die voldoening aan veiligheidsmaatreëls sal sekere parkeerareas nie beskikbaar wees tydens Desember 2015 nie, maar voorsiening vir addisionele parkering sal gemaak word.
· Ter wille van veiligheid sal ongeveer 25 staanplekke op die B-kampeerterrein gedurende konstruksie, sowel as oor Desember 2015 nie beskikbaar wees nie.
Die Hartenbos Seefront se tweede fase skop vroeg in 2016 af vir voltooiing teen Desember 2016, wat insluit die omskepping van die Walvissaal in ‘n meerdoelige sentrum wat onder andere ʼn ysskaatsbaan gedurende die vakansieseisoene sal insluit, konstruksie van verdere kleinhandelwinkels en restaurante asook n splinternuwe water- en pretpark.

Fase drie van die ontwikkeling behels die opgradering van die bestaande strandoordsentrum en fase vier sluit nuwe luukse vakansiebehuising in.

Japie Gouws
Besturende Direkteur: ATKV-Groep

Persoonlikheid van die week

Rietta Moller

Naam en Van:
Riëtta Möller

U huidige beroep?
Apteker

Wat motiveer jou?
Vooruitgang …! Mense wat hul doelwitte bereik.
Om kennis aan mense oor te dra.
Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.Boeke, Kennis, Musiek – Alles gaan hand aan hand. Die een kan nie sonder die ander nie.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Het ‘n wild vreemde man by ‘n gradeplegtigheid op die skouer getik (hy het voor my gesit) en vir hom gesê: “….moet jou nie “upstairs” hou nie .. gee my ‘n soen. Het gedink dit was my swaer – dink hy het nogal van die soen gehou.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek wil ‘n boek skryf maar dit lê jare al nutteloos in my deurmekaar gedagtes.

As jy een person se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Die Koningin van Engeland ! Koningin Elizabeth die 2de. Ek wil deur die paleis loop en al die wonderlike geskiedenis beleef. Wil veral die kroon dra en Prins Phillip moet my hand ewe gallant soen.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer ?
Ek sou ‘n toer neem van Engeland van bo na onder. Die res sal moet help sorg dat ek genoeg geld het vir boeke en musiek en musiek .

Ek verlaat nooit my huis sonder …
My selfoon. Ipad. Bestuurderslisensie en ‘n lekker boek om te lees.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens?
Dat die hele wêreld vrede kan ervaar.
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
· Mal oor kleure, penne, stickers, ballonne.
· Baie ongeorganiseerd
· Praat te veel en te vinnig.
· Wil mense op hul voete sien. Wil hulle motiveer !

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van mosselbaai?
Geniet die paradys waarin ons woon.
Help om dit in stand te hou …!
Oos Wes “Bogger” die Res !!!

MUNISIPALITEIT KRY VIERDE SKOON OUDIT

Die Mosselbaaise Munisipaliteit het ‘n skoon oudit vir die 2015-boekjaar behaal, die vierde agtereenvolgende jaar dat die Munisipaliteit die prestasie kon behaal.

“Die vierde agtereenvolgende skoon oudit bevestig weer eens die Mosselbaaise Munisipaliteit se reputasie as een van die beste bestuurde munisipaliteite in die land. Dit is ‘n prestasie wat tot dusver deur slegs ‘n handjievol uit Suid-Afrika se 278 munisipaliteite behaal is.

“Dit is ‘n streng oudit wat nie net ‘n finansiële oudit is nie, maar ook bestuurspraktyke, prestasiebestuur en voldoening aan wetgewing dek. Die getuig dus van die Munisipaliteit se volgehoue finansiële gesondheid asook goeie bestuur en die toewyding en deeglikheid van die munisipale werkerskorps.

“Ek wil van die geleentheid gebruik maak om my Raad, die Munisipale Bestuurder, dr Michele Gratz, haar bestuurspan en elke werknemer van harte te bedank vir hierdie puik prestasie. Dit getuig van harde en deeglike werk en ‘n spanpoging soos min.”

‘n Munisipaliteit kan een van vyf oudit-opinies, van baie goed tot baie sleg, van die Ouditeur-Generaal kry, naamlik ‘n ongekwalifiseerde oudit sonder enige ander sake (‘n skoon oudit), ‘n ongekwalifiseerde finansiële oudit met beklemtoonde sake, ‘n gekwalifiseerde oudit (opinie kan nie gegee word oor die finansiële state in hul geheel nie weens onreëlmatighede of onakkuraathede), ‘n afwysing (‘n opinie kan nie gegee word nie oor die finansiële state in hul geheel nie omdat die state nie voldoende voltooi is nie), en ‘n negatiewe opinie omdat die finansiële state nie ‘n korrekte weerspieëling is van hoe die munisipaliteit sy finansies bestuur het nie).

Welkom in Mosselbaai

15

Naam en Van:
John en Annelie Cooper (binnekort !)

Van waar kom u ?
Pretoria (Jakarandastad).

Wat bring u na Mosselbaai ?
Moeg vir die gejaagdheid van die stadslewe en lus vir ‘n nuwe uitdaging.

U huidige beroep ?
Nuwe eienaars van “Die Tuisnywerheid” en “Coffee shop” in die Spar Sentrum, Hartenbos.
Het u kinders? Indien wel, vertel ons meer.
· Twee dogters en twee seuns – almal uit die huis.
· Een dogter en een seun is reeds getroud – so altesaam 6 !

U gunsteling gereg?
Enige gereg – solank dit gepaard gaan met goeie geselskap. Vir ons is eet-tyd, kuiertyd.

Het u ‘n stokperdjie en/of belangstellings?
Ons hou daarvan om kreatief te wees – John hou van restoreerwerk en ek skilder graag.

U gunsteling vakansiebestemming ?
Dis heerlik om te mag woon in ons gunsteling vakansieplek – Mosselbaai. Die Wes-Kaap is hemel op aarde.

Ek verlaat nooit my huis sonder …
• ….die wete dat vandag die beste dag is om voluit te lewe en dankbaar te wees vir al die seëninge uit God se Hand.

• John never leaves home without his leatherman.

• Annalie not without her lipstick.
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
• Ons is lief vir mense.
• Ons huis in Pretoria is binne een week verkoop !

TUINMAAK MET LEANI

 

Sappige, ferm tamaties kom  van siekte-vrye plante.

Selfonderhoudende tuiniers verkies om tuisgemaakte oplossings te gebruik as ‘n eerste linie van verdediging teen algemene bakteriële en swam siektes op tamaties. Die moeilikeste deel van beheer is die korrekte identifiseering van siektes. Van daar af is dit die toepassing van middels. Met ‘n paar huishoudelike middels kan tamatie probleme in die kiem gemoor word.

Koeksoda oplossing

Bikarbonaat oplossings help met beide die beheer van vroeë- en laatroes.
Dit kan die hele tamatie plant dood en kom veral voor in die somer. Roes begin as kolle op die blare en skend die tamatie vrugte voordat dit ten volle gevorm is.

Koeksoda oplossing: 2 liter warm water, 1 teelepel koeksoda en 1 druppel ligte vloeibare seep. Plaas die oplossing in ‘n spuit bottel, skud dit goed en direk op die blare van tamatie plante.
Kruie aanwendings:
Kruie wat gegroei kan word om in peste werende middels te gebruik is Perdestert en comfery. Perdestert en comfrey oplossings is een van die bekendste breë spektrum tuisgemaakte formules wat kan help om plante gesond te hou en wat bakteriële spore afweer. Beide van die tuisgemaakte formules word gemaak deur comfrey blare of perdestert stingels in ‘n pot te te laat trek soos tee, vir ten minste twee weke. Die kruie water word dan verdun met die helfte met water en in spuit bottels gesit. Soos met die ander, voeg ‘n klein hoeveelheid ligte vloeibare seep, soos Sunlight Liquid, by en spuit dit op die tamatie plante.

Aluminiumfoelie

Plantluise dra siektes oor na tamaties, soos lusern mosaïek siekte wat die hele plant siek maak. Een meer onbekende beheer metode van plantluise is om ‘n silwer stof, ook bekend as reflektiewe deklaag, neer te lê, omdat die weerspieëling desoriëntend vir die insekte is.

Jeyes Fluid

10ml Jeyes gemeng met 5liter water een maal in 10 dae gesprei op blare vir die voorkoming van swam infeksies.

Water
Die eenvoudigste siekte beheer is water. ‚n Sterk sproei van water is dikwels genoeg om siekte soos plantluise en spinmyte van die tamatie se blare en stingels af te was.Water help met die beheer blomendverrotting, ‘n gemeenskaplike tamatie siekte wat begin by die stam van die vrugte en uiteindelik die verrotting van ten minste die helfte van die tamatie. Blomendverrotting kom voor as gevolg van onreëlmatige watervoorsiening. Terwyl daar is nie veel is wat jy kan doen omtrent die swaar reën nie, is dit belangrik om ‘n water skedule te hou. ‘n Voorstel is om een maal per week diep te water om diepvormende wortelgroei aan te moedig.

Tuinmaak Groete … Leani kwekery (044 620 2565)