van die Redaksie

Redaksie

Stilbly is soms die antwoord !
Dit lees en leer ons ook in die Bybel in Spreuke. Nou hoekom is dit tog so moeilik om net eers te dink, voor jy praat…hoekom??

Hoekom besef ons keer op keer te laat dat dit dwaas is om “dinge” te sê as jy kwaad is ?
Ja, net om direk daarna te wens ons het dit nooit gesê nie.

Ongelukkig is ons vroue dikwels hieraan skuldig, ons praat te veel, te maklik en luister te min. (Jammer as ek veralgemeen.)
Maar onthou net, dit wat gesê is kan NOOIT teruggeneem of uitgewis word nie.

Nee, moet nie ophou praat nie – stiller sagte woorde op die regte manier, regte tyd en met die regte gesindheid, praat die hardste.
Maar al weet ons dit alles, fouteer ons so maklik weer en weer.

“Stilbly”, kan natuurlik ook teen jou werk.
Dit is nie altyd wat ons sê nie, maar “HOE” ons iets sê.
Ai, daardie “HOE” deel …. Die vinnige handgebaar, die oë wat dak toe gerol word, die frons, die gevoude arms, die aangeplakte glimlag, die kopknik, die trek van die bekkie, ‘n grinnik, die gaap …. dit alles stuur ‘n boodskap, en gewoonlik nie ‘n mooi boodskap nie.

Maar in die hitte van ‘n argument laat ons gerus probeer onthou – vergeet kom met tyd, maar vergewe is ‘n lewenslange letsel.

En in die woorde van Maya Angelou: “People will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel.”

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *