Wie om te kontak by die Munisipaliteit?

Dit gebeur dikwels dat munisipale klante en ander inwoners daarop aandring om die Munisipale Bestuurder persoonlik te sien as hulle ’n probleem of klagte het, of wanneer hulle ’n saak wil bespreek.

Dit is egter prakties onmoontlik vir ‘n Munisipale Bestuurder om dit te doen of kennis te dra van, byvoorbeeld, elke rekeningprobleem of bouplan of diensleweringsklagte. Ten einde te verseker dat die klagte of probleem direk en dus vinniger aangespreek word, is dit verkieslik dat daar eers met die betrokke direktoraat geskakel word voordat die Munisipale Bestuurder gekontak word.

Soos die gebruik by die meeste munisipaliteite is, word korrespondensie en kennisgewings in die algemeen namens die Munisipale Bestuurder uitgestuur. Mense verkeer dan onder die wanindruk dat die Munisipale Bestuurder persoonlik die saak hanteer of daarvan moet weet.

Die Munisipaliteit stuur byvoorbeeld meer as 50 0000 diensterekeninge maandelikis uit, en hanteer gemiddeld ongeveer 150 aansoeke vir bouplanne en grondgebruikvergunnings, ensovoorts, elke maand. Dit het meer as 800 mense in diens, en hanteer meer as 800 000 telefoonoproepe en meer as 30 000 items korrespondensie per jaar.

‘n Munisipaliteit is ‘n groot organisasie met ’n groot begroting, en soos rol van die besturende direkteur van ’n korporasie van dieselfde grootte, is die rol van die Munisipale Bestuurder as die uitvoerende hoof van die Munisipaliteit dus primêr strategies van aard.

Net soos by ‘n kommersiële onderneming word die Munisipale Bestuurder ondersteun deur ‘n netwerk van gekwalifiseerde senior bestuurders wat elkeen ‘n gedelegeerde verantwoordelikheid het vir sy of haar gebied van verantwoordelikheid en kundigheid.

Die Munisipaliteit het vyf direktorate wie se hoofde direk aan die Munisipale Bestuurder rapporteer, en wat verkieslik altyd eerste gekontak moet word met probleme, klagtes of navrae.
Die direktorate met hul onderskeie hoofde en funksies is:

Tegniese Dienste: Mnr Dick Naidoo
Water- en Riooldienste, Elektrisiteitsverskaffings- en Netwerkdienste, Tegniese Beplanning en Ondersteuningsdienste en Meganiese Dienste.

Gemeenskapsdienste: Mnr Colin Puren
Skoonmaakdienste (vullisverwydering en rommelstorting), Omgewingsgesondheidsdienste, Gemeenskapsveiligheid, Brandweer en Reddingsdienste, Welsynsontwikkeling, Sport en Ontspanning, Parke en Strande en Biblioteekdienste.

Korporatiewe Dienste: Mnr Edward Jantjies
Administratiewe en Raadsonderstersteuningsdienste, Menslike Hulpbronne, Geintegreerde Ontwikkelingsplan, Gelyke Indiensneming en Veranderingsbestuur, Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling, Inligtingstegnologie en Toerisme.

Finansiële Dienste: Mnr Herman Botha
Finansiële Administrasie (Begroting, Kredietbeheer, Kontantvloeibestuur), Lenings en Beleggings), Inkomste (Diensterekeninge) en Uitgawes.

Beplanning en Geïntegreerde Dienste: Mnr Carel Venter.
Beplanning en Ontwikkeling, Paaie en Stormwaterdienste, Menslike Nedersettings, Boubeheer (Bouplanne, Bou-inspektoraat, Onderhoud van Munisipale Geboue en Buitelugadvertensies) en Waardasies.

Die sekretaresses van bogemelde persone kan by telefoon (044) 606-5000 gekontak word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *