Dynamic Vision – Keuses oh so baie Keuses…………..

Elkeen van ons wat voor die keuses staan vir nuwe multifokale byna elke twee jaar word sekerlik oorweldig met keuses. Ons het tot ons beskikking ‘n hele aantal laboratoriums wat elkeen ‘n wye reeks multifokale tot die Oogkundige en natuurlik die patient se diskressie het.
Wanneer u die keuse moet maak tussen ‘n goedkoop of duurder tipe multifokaal is dit baie belangrik om ‘n ingeligte besluit te maak . Jy moet appels met appels vergelyk.

Vervolgens ‘n paar riglyne om u keuse te vergemaklik:
Jou refraksie status maw is jy bysiende of versiende
Jou werk situasie. Werk jy meestal buite of binne huis.
Werk jy baie op ‘n rekenaar ?
Werk jy op ‘n skootrekenaar of ‘n tafel rekenaar?
Wat is jou werksomstandighede
Hoe lank is jy ?
Lees jy baie en watter tipe leesmateriaal bv ‘n Kindle, koerante , tydskrifte ens ens
Waar lees jy ?

Hierdie is net ‘n paar voorbeelde om in ag te neem. Bespreek gerus jou behoeftes met ons wanneer jy jou volgende multifokaal aankoop . dit kan ‘n wonderlike ervaring wees ,maar soos u sekerlik al ervaar het kan dit in ‘n
nagmerrie ook ontaard.

Kontak ons gerus vir meer inligting.
044 692 0247

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *