Persoonlikheids Fokus – Marinda Steyn


U huidige beroep?

Entrepreneur:
– Rouelle Parfuum Agent
– Annique Konsultant
– VoeTroetel Voetversorger

Wat motiveer jou?
GOD se liefde vir my!

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel
Lyftaal

Wat is die domste ding wat jy ooit gedoen het?
Om iemand ten volle te vertrou.

Watter “nuttelose” talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek kan vorms met my tong maak.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Argitek. Alle geboue sal bejaard en gestremd vriendelik wees!

Wat was jou mees verleë oomblik/ondervinding/geleentheid nog? 

Sjoe, hier kom dit! ‘n Brander op Hartenbos hoof strand het my omgeslaan en erg gerol. Ek’t uiteindelik soos ‘n dronk hoender, mond, hare , alles vol sand opgestaan, en dankbaar gevoel ek lewe nog – en toe die skok! My baaikostuum se bostuk was heel uit posisie! Gelukkig was dit in die dae voor selfone.

Indien jy ‘n miIjoen rand wen, hoe sou jy dit spandeer?
‘n Rehabilitasie gimnasium vir Spinale koord beseerdes in Mosselbaai open.

Ek verlaat nooit my huis sonder…
My selfoon.

 

Jou gunsteling restaurant en gereg?
STARS vir Mediterranean Pizza met baie olyfolie en King Fisher vir seekos.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sal jy wens?
Ek wens my seun, Wynand en ander genees van verlamming!

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself
Ek het TWEE pragtige seuns! Ek is die vierde van nege kinders en die enigste een wat linkshandig is. My 28 jaar verpleging was meestal met bejaares wat my passie is. Onlangs het ek met voetversorging begin. My droom is om my eie klerereeks te begin onder die naam MikiS. Ek sing ook in die Mosselbaai koor, Siamo Musica.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van Mosselbaai ?
Dankie vir almal in Mosselbaai se liefde en omgee, veral die afgelope 7 jaar.

Sien julle binnkort by “Simply Us” geskenkwinkel – Montagu str 113.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *