HARTENBOS DIENSSENTRUM: Oop Vir Almal Bo 60 – ONS ALBERTINIA “ROAD TRIP”

Hierdie was voorwaar ‘n ekstra besonderse uitstappie! Ons was 65 bejaardes! Ons is hier weg met die oord se bussie, die oord se bakkie vol gelaai met al die loop apparate en ook ”n groot bus van Brieses Bus Dienste. Dit was voorwaar ‘ uittog van formaat!

 

Ons is eers na Aloe Ferox op Albertinia, waar ons ‘n praatjie oor die medisinale gebruike van die Alwyn plant gehoor het. Daarna is ons deur die pragtige kwekery. Van hier is ons na die Garden Route Game Lodge. Hier is ons bederf met koffie en muffins in hul pragtige restaurant en ‘n besoek aan hul Reptiel Park en Krokodil familie. Teen hierdie tyd was almal lekker honger en is ons na die bekende HOKAAI pad restaurant waar ons aangesit het vir ‘n koninklike buffet ete. Hierdie was voorwaar ‘n onvergeetlike dag wat geniet is deur 65 van ons bejaardes.

Sluit aan en wees deel!
Annette / Elize : 044 695 2386

 

ALBERTINIA  “ROAD TRIP”

08:00      Kom bymekaar voor die gebou.

08:30      Vertrek na Albertinia.

(60 in Briesies Bus en dan 10 in ons Bussie)

(Karretjies moet ook iewers in??)

09:15      Aloe Ferox te Albertinia . (Gratis)

Praatjie oor gebruike van Alwyn, besoek aan kwekery en tee en koffie in tee tuin. (Gaan hier in twee groepe beweeg terwille van die spasie).

10:30      Vertrek na Garden Route Game Lodge . 

Besoek Reptiel Park en Krokodil Park en dan geniet ons ‘n koffie en tee op hul dek en bewonder bietjie die pragtige uitsig . (Daar mag dalk ‘n olifant verbykom…)

11:45      Vertrek na Hokaai Restaurant.

                Ontspan en geniet die beste Buffet- ete in die land.

14: 00     Vertrek terug na Hartenbos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *